Francois van Coke & Vriende by Sun Arena: 4 redes hoekom ek uitsien

0
38
views

Francois van Coke & Vriende gebeur die naweek by Sun Arena by Time Square Casino in Pretoria en dit beloof om ‘n moerse jol te wees. 95% van die kaartjies vir die show is alreeds uitverkoop.

Ek sien baie uit na hierdie show. Dit is sekerlik een van die hoogtepunte op die Pretoriase sosiale kalender vir 2018. Ek weet Francois en die bende speel baie shows in Pretoria, maar ek dink hierdie gaan ietsie eksta spesiaal wees.

Hier is 4 redes hoekom ek uitsien na die Francois van Coke & Vriende show by Sun Arena

1. Hierdie is een van daai vertonings wat mens eenvoudig nie moet misloop nie

Ek het al Fokofpolisiekar, Van Coke Kartel en Francois van Coke en Die Gevaar al fokken baie live gesien en afgeneem oor die jare, maar ek dink hierdie show gaan next level wees.

Die lys van mense wat saam hom gaan optree is legit. Ek’s nuuskierig om te sien en om te hoor wat Francois saam met Karen Zoid, Majozi, Jack Parow, Early B, Die Heuwels Fantasties, Arno Carstens en Laudo Liebenberg gaan doen. Die lys van name lees soos ‘n who’s-who in SA music in die laaste 10 jaar. Watter musiekliefhebber will dit misloop?

READ:  Win tickets to the last edition of Park Acoustics for 2018

Francois van Coke & Vriende

2. Francois en my girlfriend verjaar op dieselfde dag (en dis net 3 dae na die show)

My girlfriend en Francois is op dieselfde dag en in dieselfde jaar gebore. Sy is ‘n groter Fokofpolisiekar fan as ek en sy is net so opgewonde soos ek vir Francois van Coke & Vriende. Hierdie show is die perfekte manier om haar en Francois se verjaarsdae te vier.

3. Hierdie is moontlik die een van die grootse shows wat Francois al in Pretoria gespeel het

Ek praat onder korreksie, maar Francois van Coke & Vriende mag dalk net die grootste show wees wat Francois of een van sy bands al in Pretoria gespeel het. Die Sun Arena vat 8,500 mense. Fokofpolisiekar het al by Tuks jool plaas gespeel, maar ek dink nie daar was 15,000 mense nie.

4. Van Coke Kartel kom uit retirement om ‘n show te speel

Ek was by die tweede laaste Van Coke Kartel show by Atterbury Teater. Ek sien baie uit daarna om weer die orkessie in aksie te sien. Fokofpolisiekar is next level, maar Van Coke Kartel sal altyd ‘n spesiale plekkie in my hart hê. Ek dink ek het hulle iets soos 11 keer live gesien in 2011. Hulle is heel moontlik die local band wat ek al die meeste live gesien het.

READ:  Oooth & Jason Oosthuizen: The Lowdown

Wel, daar het julle dit, 4 redes hoekom ek uitsien na die Francois van Coke & Vriende show by Sun Arena. As jy nog nie kaartjies het vir die show nie, kry joune hierso.

Wees op die uitkyk vir opdaterings in the Music kategorie op Running Wolf’s Rant.


LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here