Home Entertainment Music Gaan Groot Op Die Gras in Pretoria op 11 Mei 2019

Gaan Groot Op Die Gras in Pretoria op 11 Mei 2019

247
0

GROOTfm 90.5 bied met trots Groot Op Die Gras aan: ’n Splinternuwe Afrikaanse musiek-en-leefstylfees op Saterdag 11 Mei 2019 by die Pretoria Nasionale Botaniese Tuine.

Kom spandeer jou Moedersdag-naweek in die natuurskoon van die Tuine, terwyl jy top-musikante soos Die Heuwels Fantasties, Bobby Van Jaarsveld, Valiant Swart, Refentse, Howie Combrink, Saarkie, Charlie Finch en Van Wyk Brand beleef.

PTA National Botanical Gardens
  • Save

Die fees beloof om ‘n dag propvol pret vir die hele gesin te bied. Kom sit terug, haal ‘n bietjie asem in die natuur en geniet ‘n dag met kunstenaars uit die boonste rakke. Daar is ’n biertuin en kosstalletjies, asook ’n area waar die kinders hulself gate uit kan geniet.

Groot Op Die Gras Fees Organiseerder Guy Herman kommenteer

“Ons eerste ‘Groot Op Die Gras’ gaan beslis ’n belewenis wees – een vir die hele familie wat Moedersdag kom vier. Op die musiekfront verseker ons ’n samestelling van die beste plaaslike talent, wat jou beslis gaan vermaak van vroeg tot laat. Boonop is daar ’n kinderarea wat die jongspan kan besig hou, ’n verskeidenheid heerlike kos, plus ’n biertuin vir volwassenes. Kaartjies is nou te koop, so maak seker dat jy betyds bespreek!”

Groot Op Die Gras 2019
  • Save

Groot Op Die Gras Kaartjie besonderhede

Jy kan jou Groot Op Die Gras kaartjies koop by hierdie skakel. Kaartjie verkope is alreeds in die derde fase. Let wel dat alle aanlyn-besprekings besprekingsfooie uitsluit.

Kaartjies vir kinders tussen 11 en 17 kos R100. Vir kinders onder 11 is daar slegs ’n R5-besprekingsfooi betaalbaar. Kaartjies vir volwassenes kos R150. VIP (of BBP) kaartjies vir volwassenes kos R350.

Daar is ook tafelbesprekings beskikbaar vir R2000. Dit sluit BBP-toegang in vir vier gaste, voorkeur-toelating, een standaard bottel mét mengseldrankies en ’n privaat tafel-area. ’n Beperkte hoeveelheid kaartjies sal by die hek beskikbaar wees, maar vooraf-besprekings kry voorkeur.

Fisiesie kaartjies is ook beskikbaar teen R120 by Aroma Gourmet Coffee Roastery en Aroma Gelato & Waffle Lounge in Pretoria. Geen besprekingsfooi is van toepassing vir fisiese kaartjies nie.

Kom vier die vroue in jou lewe en trakteer hulle met ’n heerlike wegbreek-dag! Die hekke maak alreeds vanaf 10 VM oop.

Wees op die uitkyk vir gereelde opdaterings in die Music kategorie op Running Wolf’s Rant.

Need to kill some time? Read a random article on RWR! Click here

Click here to explore all the sections on Running Wolf's Rant

Click here to read our latest reviews on Running Wolf's Rant

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here