Maak jouself gereed vir die eerste Hedo-Nest Band Weekend!

0
62
views

Bushveld Lodge & Die Blinde Sambok Music Bar bied met trots aan die eerste Hedo-Nest Band Weekend op die Oppikoppi plaas die naweek (Vrydag 29 Junie tot Sondag 1 Julie 2018).

Kom geniet die beautiful Bosveld vir ‘n heerlike naweek met amazing musikante. Behalwe vir die musiek is daar game-drives deur die plaas, waar jy onder andere rooibokke, blouwildebees, zebra, waterbok, bosbokkies en bobbejane kan sien.

Oppikoppi Plaas
  • Save

Jy gaan beslis teruggaan huistoe na hierdie naweek met ‘n paar nuwe vriende, en ‘n memory van toe jy deel was van ‘n legendariese nuwe live musiek beweging..Dis moeilik om te glo dat daar soveel epic dinge in een naweek kan gebeur. Hierdie is ons eerste van baie band-weekends!

Die line-up vir die eerste Hedo-Nest Band Weekend lyk so:

  • Gert Vlok Nel: Dis sy laaste optrede in Suid-Afrika vir ‘n while. Gert is besig om sy live optredes in SA te verminder, en hy is oppad Holland toe vir sy jaarlikse toer. Ons is humbled dat Gert ingestem het om hierdie eerste band-weekend met ons te deel. Wees een van die wat vroeg arriveer en ondervind Gert op die sunset-deck Vrydagaand soos die son sak, en as ons somme reg is en luck aan ons kant, behoort die amper-volmaan op te kom presies wanneer Gert se set klaarmaak! Gert doen weer ‘n set Saterdagaand 7-uur op die verhoog by die Blinde Sambok Music Bar.
  • Valiant Swart: Hy was ook by die heel eerste band-weekend 25 jaar gelede, saam met Koos Kombuis! Valiant se latest CD ‘Nagrit’ is weereens ‘n wenner, soos sy live optredes elke keer iets special is. Valiant tree solo op, Saterdagaand 8-uur. Ons is veral opgewonde om ook Valiant se eie brandewyn as sponsor te verwelkom, ons verkoop die hele naweek ‘Mystic Boer Brandy’ vir slegs R10 per tot, what a bargain vir daai larnie brandy!
  • The Oh So Serious: Vana en sy band was nog nooit by Oppikoppi nie, hulle sien moerse uit om hulle super-cool kombi rigting Limpopo te mik einde Junie. Vir die wat nog nie hierdie band gesien het nie, julle is in vir ‘n lekker surprise, hierdie band is iets special anders en uniek cool! Hulle tree Saterdagaand 10-uur op, en Vana lei ook Sondagoggend 10-uur skriflesing tydens die koebaai breakfast sessie.
  • Willim Welsyn: Willim is besig om groot bekendheid te verwerf met sy podcast ‘WAT’, asook sy nuutste CD ‘Blitzkriek’ wat groot opspraak maak en as finalis weggestap het uit hierdie jaar se SAMA award vir beste rock album. Willim en bassist Gerhard Grobler tree Saterdagaand 9-uur op, sy songs is aansteeklik!
  • Akkedis Die berugte Dennis broers is 7 minute uitmekaar gebore, en doen alles saam van daai dag af. Hulle speel al in ‘n band saam vandat hulle 12-jaar oud is as The Dennis Brothers, wat later Akkedis geword het, met bassist AJ Graham wat jolig saamtoer. Vrydagaand ruk hulle die verhoog met ‘n 2-ure Neil Young tribute show, waarvoor hulle groot bekendheid verwerf in die Kaap. Saterdagaand is dit Akkedis Band met hulle African Blues en ander original tunes. Hierdie is die boeties se 5000ste gig saam, wat ‘n voorreg dat dit by ons band-weekend gebeur!
  • Brain Cloete: Brain is van kleins af ‘n skaapwagter op sy pa se plaas in die Namakwaland. Hy spandeer driekwart van sy lewe saam met sy diere, sy guitar en sy gedagtes wat hy in songs skryf. Sy eerste CD ‘Oukie van Namakwaland’ is sopas uitgereik deur Wasgoedlyn Produksies, met songs wat jou hart sal vasgryp van mooigeit. Brain tree Vrydagaand 9-uur en Saterdagaand is die sunset slot syne, nét na die game drive. Tissues kan nodig raak.

In samewerking met STRAB, bied die organiseerders die geleentheid vir 2 jong musikante om die verhoog te deel met die legends hierbo. Kenny Hughes en Emile Gerber is die keuses vir hierdie eerste band weekend en hulle dink julle gaan hulle like.

Hedo-Nest Band Weekend
  • Save

Kaartjies is goedkoop teen R199 vir die volle naweek. Vir slaapplek is daar prys-opsies vir self-kamp, of die Kreef tente, of ‘n chalet as jy gelukkig is en vroeg bespreek. Jy kan jou eie drank in jou tent / chalet hê, maar asb nie by die stage/bar area nie, die organiseerders verskaf lekker kos en die kroeg is oop, teen familie pryse. Beheerde kids is welkom, maar GEEN diere nie asb. Hulle lodge-hond buddy is koning – moet hom asb NIE snacks voer nie.

As jy lus vir ‘n groot makietie met ‘n line-up van great musikante, kry jou kaartjies vir die eerste Hedo-Nest Band Weekend HIER.

Wees op die uitkyk vir opdaterings in die Music kategorie op Running Wolf’s Rant.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here