Jan Blohm gaan eie skildery opveil tydens album bekendstelling

Jan Blohm, se splinternuwe album, Jenny, word eerskomende Vrydag, 17 Julie 2020, amptelik bekendgestel! Om dit te vier gaan hy om 19h00 vanuit Lionel Smit Studio in Somerset-Wes ‘n spesiale solo akoestiese aanlyn konsert hou wat lewendig op sy Facebook-blad gestroom sal word.

Tydens hierdie konsert sal Blohm ook een van sy skilderye opveil. Publiek sal daarop kan bie deur kommentaar in die “comments” seksie van sy Facebook-blad te plaas en na afloop van die konsert sal die koper gekontak word. Die vertoning sal dan ook later op sy YouTube kanaal beskikbaar gestel word.

Jan Blohm

Meer inligting oor Jan Blohm se album bekendstellings-konsert

Dié bekendstellings-konsert word gratis aangebied, maar die publiek word uitgenooi om donasies te maak en kan dit direk in die volgende rekening deponeer:

Rekeninghouer: GH Kymdell
Bank: Capitec
Tipe rekening: Spaar
Rekeningnommer: 1386422892
Takkode: 470010
Verwysing: Jenny

Sy tweede enkelsnit vanaf sy nuwe album, “Ou Karoo” is pas verlede week uitgereik en het reeds aanhangers en publiek gaande! Kyk die musiekvideo vir die liedjie hier onder:

Jan Blohm beskryf Jenny as ’n konsep-album

Dit bestaan uit veertien snitte wat die storie vertel van twee tieners wat in die 1980’s in die klein konserwatiewe spoorwegdorpie, De Aar, woon. Dit is die eerste keer wat hy so ’n projek aanpak, maar volgens hom is dit iets wat al lank in sy kop broei en eendag die klankbaan van sy fliek met dieselfde naam gaan wees.

“Die album is nie net nog ’n versameling liedjies nie,” verduidelik die kunstenaar. “Ek het baie moeite gedoen om oor die afgelope vyftien jaar liedjies en gedigte saam te sit om ’n storie te vertel. Dis soos ’n fliek van Jenny se lewe.” sê Jan. Die album kan nou reeds hiér vooraf bestel word.

Wees op die uitkyk vir gereelde opdaterings in die Music kategorie op Running Wolf’s Rant.

  • 11
  •  
  •  
  • 1
  •  
  •  
  •  
  •  
    12
    Shares
  •  
    12
    Shares
  • 11
  •  
  •  
  • 1
  •  
  •  
  •  

Henno Kruger

Blogger, Desktop Activist, Twitter / Facebook Addict, Music Festival Addict, Avid lover of South African music, Founder and owner of Running Wolf's Rant

Leave a Reply