Karen Zoid ook te sien by Francois van Coke & Vriende

0
37
views

Goeie nuus! Karen Zoid gaan ook saam met Francois van Coke & Vriende speel in September! AMP Events en Francois van Coke het in Mei hierdie rock belewenis van die jaar aangekondig.

Die konsert van 120 minute sal by die Sun Arena, Time Square in Pretoria op 15 September 2018 gehou word. Die kragtige program wat reeds aangekondig is, het vir Jack Parow, Majozi, Fokofpolisiekar, Die Heuwels Fantasties, Early B, Arno Carstens, Laudo Liebenberg (aKING), Coenie de Villiers en Van Coke Kartel op die lys gehad.

Francois van Coke & Karen Zoid at Oppikoppi

Francois is opgewonde om aan te kondig dat sy vriendin, Karen Zoid, ook nou by die konsert aansluit. “Ek en Karen is al lank vriende en die sukses van ‘Toe vind ek jou’ was die grootste belewenis van my loopbaan.  Dit was ‘n massiewe voorreg om hierdie liedjie saam met haar te kon skryf en opneem. Ek is ongelooflik bly dat sy deel van die show kan wees,” sê Francois.

Die rugraat van die konsert sal Francois van Coke en sy groep, Die Gevaar, wees.  Hulle sal verskeie van sy solo treffers opvoer. Gedurende die vertoning sal sy vriende by hom aansluit om die treffers wat hulle saam gemaak het, te vertoon. Die gaste sal ook van hul eie liedere sing.

Die kaartjies vir sitplekke is uitverkoop. Die kaartjies vir staanplek is besig om te vlieg, so aanhangers word aangemoedig om kaartjies te kry terwyl daar nog beskikbaar is. Die konsert is ‘n kragtoer van 2 ure en die beste plek daarvoor is die staande area. Kom vroeg, geniet die biertuin en vang gees vir een van die lekkerste konserte van die jaar.

Die Francois van Coke & Vriende EP is oppad!

Om op te warm vir hierdie konsert sal Francois ‘n kortspeler van vier liedjies uitreik wat samewerkings met Jack Parow, Early B, Die Heuwels Fantasties en Laudo Liebenberg van aKING insluit. Die Francois van Coke & Vriende EP is opgeneem by Red Bull Studios in Kaapstad en sal op 13 Julie 2018 uitgereik word.

READ:  Climate Control release "Brand New"single

Francois het ‘n spesiale konneksie met elke vriend op die program:

  •  Karen Zoid: Francois se solo loopbaan het in 2015 ontplof met hul epiese treffer, Toe vind ek jou. Hierdie video is nou al meer as 5 350 000 keer op YouTube gekyk.
  • Jack Parow: “Ek het vir Parow gesien optree nog voor hy famous was in ‘n klein kroeg in Observatory in Kaapstad. Ons was al vriende voor dit en ek het altyd geweet hy is ernstig. Toe ek ‘Die Vraagstuk’ (met Die Heuwels Fantasties) hoor het ek geweet hy gaan huge wees. Ons doen al tunes saam vanaf sy eerste album en ek kan nie wag dat hy my op die verhoog join by #fvcenvriende nie. Die energie is altyd massive as ons saam op die verhoog is,” sê Francois.
  • Majozi: “Ek en Majozi het so rukkie terug saam ‘n song geskryf.  Dit was vir ‘n advertensie veldtog en ongelukkig is dit nooit vrygestel nie, maar ons het goeie vriende deur die proses geword.  Ek is baie opgewonde om hom deel van die show te hê.” sê Francois
  • Fokofpolisiekar: Francois het die voorsanger van Fokofpolisiekar geword toe geen van die ander lede dit wou doen nie. “Ek speel al 15 jaar saam met die ouens. Dit is ‘n moerse voorreg om in ‘n band te speel met jou beste vriende. Baie bly om steeds deel van Fokof te wees.” sê Francois.
  • Die Heuwels Fantasties (Pierre Greeff, Hunter Kennedy, Fred den Hartog, Sheldon Yoko): Pierre Greeff is familie van Francois en Hunter Kennedy is saam met Francois in Fokofpolisiekar. Fred den Hartog het sommige van Francois se solo liedjies vervaardig en Sheldon Yoko is tromspeler in sy groep, Die Gevaar.
  • Laudo Liebenberg: Francois en Laudo is al vir baie lank vriende en is beide pastorie kinders. “Laudo is een van die beste liedjieskrywers in SA en hy klink fantasies in Afrikaans. Ons skryf al jare saam aan verskillende songs,” sê Francois.
  • Coenie de Villiers: Francois en Coenie het onlangs Johannes Kerkorrel se “Hillbrow” opgeneem vir ‘n kykNET program. Coenie het destyds hierdie liedjie saam met Kerkorrel opgevoer. Hy en Francois het ook hierdie liedjie opgeneem vir Coenie se nuutste album.
  • Early B: Francois is ‘n fan van Early B en dink hy is die “coolste cat” in die Afrikaanse Hip-Hop scene. Hulle het saamgewerk aan ‘n liedjie vir Francois se EP wat in Julie uitkom.
  • Arno Carstens: “Ek is al ‘n Arno fan van 1995 af en Springbok Nude Girls is steeds een van gunsteling bands. Ons het nou al baie saam getoer, gespeel en gejol. Living legend.”
  • Van Coke Kartel: Die band het in 2017 opgebreek, maar staan weer op vir slegs een aand!
READ:  Halloween 2018: An Interview with Vicky from #SOZLOL

Francois van Coke & Vriende word met trots aangebied deur AMP Events, in samewerking met Jacaranda FM en kykNET. Kry jou kaartjies op Computicket.

Wees op die uitkyk vir opdaterings in die Music kategorie op Running Wolf’s Rant.


LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here