Karen Zoid vier haar verjaardag met `n spesiale rock show

Karen Zoid, president en aanbieder van die bekroonde kykNET-televisieprogram, Republiek van Zoid Afrika en een van Suid-Afrika se mees geliefde musieksterre, vier haar verjaarsdag vanjaar met ’n baie spesiale opname as deel van die KKNK Mothership Sessies – ’n aanlyn musiekreeks.

Karen Zoid vertel dat kykers ’n lekker elektriese, rock show kan verwag

“My Mothership-sessie het nogal ’n jam room feel gehad. Baie chirps en banter so tussen ons klomp gewees. My vriend, die musiekvervaardiger, Theo Crous, het ingestaan vir my permanente kitaarspeler Henry Steel, wat ten tyde van die shoot in kwarantyn was. Alhoewel Theo al ’n paar keer saam met my en die band opgetree het vir arena shows, is hierdie die eerste keer ooit wat ons as ‘n vierstuk saam gespeel het. You can take the boy out of the Springbok Nude Girls but you cant take the Springbok Nude Girls out of the boy. Plain and simple. Dit was ‘n absolute jol!”

Karen Zoid - KKNK Mothership Sessions

Mothership Studios het ten spyte van die huidige Covid-19-beperkinge, dit reggekry om nege wêreldklas musieksessies op te neem.

Karen Zoid lewer kommentaar hieroor

“Die vervaardiging van dié konsertreeks is uiters spesiaal en het beslis nuwe wind in ons seile geblaas vir die volgende hoofstuk van ons vaart as studio deur die stormagtige waters van hierdie pandemie. Dit het my opnuut weer laat besef hoeveel ongelooflike kreatiewe mense ek in my lewe het. ’n Voorreg om soveel talent voor en agter die skerms te kon aanskou in ’n tydperk wat ons eintlik sal onthou as kenmerkend afgesonder en geïsoleerd.”

“Ons is ook trots daarop om saam met die KKNK hierdie reeks te kon skep. Die publiek is uitgehonger vir goeie musiekproduksies en dit is wonderlik dat KKNK dit moontlik maak vir mense om goeie musiekkonserte tuis te kan ervaar.”

Carien Loubser, direkteur van Mothership Studios, en ook die uitvoerende vervaardiger van die KKNK Mothership Sessies sê dat hierdie uitdagende tyd haar en die Mothership-span inspireer het om meer innoverend en kreatief te wees.

Lees haar kommentaar hier onder

“Dis ’n besonderse ding as musikante weer bymekaar kom nadat hulle vir lank nie kon optree of musiek maak nie. Dieselfde geld vir ons produksiespan. Die vibe op stel was nogal spesiaal. Hierdie shows wys ’n meer gestroopte, persoonlike kant van die kunstenaars.”

Mothership Studios het onlangs saam met die Cape Town Opera en Cape Town City Ballet Company in die studio gewerk, ’n tweede Johnny Clegg Tribute opgeneem en is trots daarop om deel te wees van die KKNK Mothership Sessies.

Mothership Studios is ook vir die afgelope paar maande betrokke by ’n plaaslike sopkombuis in Philadelphia. Meer as 200 mense kry weekliks hiér kos. Hierdie inisiatief is moontlik gemaak deur Karen Zoid se Art in the time of Corona-veilings wat sy via sosiale media koördineer.

Moenie Karen Zoid se heerlike konsert misloop nie. Kry jou kaartjies by Webtickets. Die musieksessie sal vanaf Maandag 10 Augustus om 20:00 tot Sondag 16 Augustus om middernag beskikbaar wees.

Hoe om die Karen Zoid vertoning te kyk:

1. Jy koop ’n kaartjie presies soos wat mens ’n kaartjie vir ’n gewone konsert sou koop, by Webtickets. (Jy moet ’n profiel skep, en jou kontakbesonderhede invul).

2. Op die aand van die vertoning, skakel jy weer in op WEBTICKETS, gaan na My Account, en kliek dan op My Tickets. Hier sal ’n skakel wees wat 20:00 live gaan. Kliek dan op die skakel – die player sal outomaties oopmaak en jy kan die vertoning kyk.

Meer inligting, en die volledige program vir die KKNK Mothership Sessions-musiekreeks is beskikbaar by hierdie skakel.

Wees op die uitkyk vir gereelde opdaterings in die Music kategorie op Running Wolf’s Rant.

  • 4
  •  
  •  
  • 1
  •  
  •  
  •  
  •  
    5
    Shares
  •  
    5
    Shares
  • 4
  •  
  •  
  • 1
  •  
  •  
  •  

Henno Kruger

Blogger, Desktop Activist, Twitter / Facebook Addict, Music Festival Addict, Avid lover of South African music, Founder and owner of Running Wolf's Rant

Leave a Reply