Die wag is uiteindelik verby! Boondogle Films se langverwagte kaalnael-komedie, Kaalgat Karel, is vanaf hierdie Vrydag (24 September 2021) in plaaslike bioskope te sien en kaartjies is nou beskikbaar!
Meer inligting oor Kaalgat Karel
Kaalgat Karel vertel die storie van Karel Venter (Francois Jacobs), ’n dertigjarige kaalnaeler, wat die opwinding en aandag wat hy by sportgeleenthede kry geniet! Hy raak halsoorkop verlief op die paramedikus en enkelma, Rita (Christia Visser) wat hom behandel nadat ’n kaalnaelsessie skeefloop, maar dit is duidelik dat sy glad nie belangstel in sy bedrywighede nie.
Hierdie skreeusnaakse Afrikaanse rolprent, met Engelse onderskrifte, het reeds wêreldwyd presteer en toekennings by verskeie internasionale rolprentfeeste ingepalm, waaronder Beste Speelfilm, Beste Romantiese Komedie, Beste Vervaardigde Rolprentdraaiboek en Beste Internasionale Produksie.
“Dit was baie frustrerend om Kaalgat Karel se vrystelling twee keer uit te stel. Meer die tydsberekening is nou perfek,” sê regisseur Meg Rickards, wat die film geskryf en vervaardig het saam met haar man, Paul Egan. “Ons dink ’n prettige fliek is net wat almal nodig het na die hartseer en verlies van die afgelope agtien maande en is opgewonde om dit met Suid-Afrikaners te deel.”
Buiten vir die opgewekte temalied, “Altyd Op Vakansie” deur Jack Parow en Loki Rothman, spog die fliek ook met ’n sterbelaaide rolverdeling, waaronder Siv Ngesi, Tracey-Lee Oliver, Rosebelle Clasen, Eden Classens en die gewilde komediant, Schalk Bezuidenhout.
Kaalgat Karel is die perfekte manier om Erfenisnaweek mee af te skop. Moet dit nie misloop nie! Die fliek word plaaslik versprei deur Filmfinity (Edms) Bpk. en is vervaardig in samewerking met kykNET, die Oos-Kaapse Ontwikkelingskorporasie (OKOK), die -Kaapse provinsiale kuns-en-kultuurraad (ECPACC), Departement van Handel en Nywerheid (DTI), en handelsmerkvennote Galito’s, Red Alert en die Hathaway-gastehuisgroep.
Kyk die lokprent hier onder:
Bespreek nou om teleurstelling te voorkom by Ster-Kinekor of NuMetro.
Wees op die uitkyk vir gereelde opdaterings in die Movies kategorie op Running Wolf’s Rant.
Like what you just read? Join The Wolf Pack! Subscribe To Our Newsletter.
Explore our website, check out our Featured Articles or scroll down to see the articles that are related to this article below. We've been around since 2008, so there's plenty of content.
If you're in South Africa and looking for something to do, check out The SA Gig Guide (on our sister site SA Music Zone).
If getting more knowledge is part of your DNA - Check out the latest posts on Interesting Facts.