Goeie nuus! Vanjaar vind die gewilde Liefde by die Dam op Sondag 5 Augustus plaas by Emmarentia Dam in Johannesburg, een van Suid-Afrika se mooiste konsert-tuine.
Liefde By Die Dam is vernoem na Valiant Swart se bekende treffer met dieselfde naam en strewe daarna om as vertoonvenster vir die beste plaaslike talent te dien. Die program sorg vir die heerlikste musiek vir jonk en oud;`n ideale musiekbelewenis vir die hele gesin of `n lekker dag uit saam met jou “besties.”
Die Heuwels Fantasties, Karlien van Jaarsveld, Francois van Coke, Elvis Blue en Bouwer Bosch was die afgelope tyd gereeld in die nuus met nuwe uitreikings en radiotreffers en het al elk verskeie gesogte SA musiektoekennings losgeslaan. Voeg daarby een van ons land se mees invloedryke kunstenaars, die legendariese Koos Kombuis, asook die nuwe gesig van “Afro Folk”, Bongeziwe Mabandla, en Liefde by die Dam 2018 beloof om `n onvergeetlike konsert-ervaring te wees.
So in die gees van gee, wat dink die kunstenaars? Hoe kan mense nog meer liefde uitdeel?
“Mens moet jouself leer liefkry heel eerste. dan kan jy ander mense liefkry. Ons het grootgeword in ‘n kultuur waar ons van kleins af geleer is om onsself te ontken en misken, en skuldig te voel oor wie ons is.” sê Koos Kombuis.
“Wees vriendelik met kelners, petroljoggies en inbelsentrum-operateurs. Dis dalk n eenvoudige begin.” sê Elvis Blue.
“Soen die ou of die vrou langs jou.” sê Francois van Coke.
“Ek dink deur net verby iemand te loop en te glimlag maak klaar `n verskil.” sê Karlien van Jaarsveld.
“Wees net nice. Dis so maklik soos dit. Dis minder moeite en lekkerder vir almal.” sê Schalk Bezuidenhout.
Daar het jy dit. Mag Liefde bly wen! Kom deel in ‘n heerlike, gesellige musiek-dag by die dam – bring piekniek mandjies. Daar sal ook `n verskeidenheid kosstalletjies wees. Kaartjies is beskikbaar by Computicket en kos R165. Kaartjies vir Kinders wat 12 jaar en jonger is kos R75 en kinders 3 jaar en jonger kan verniet ingaan.
‘n Beperkte aantal ‘Early Bird’ kaartjies is beskikbaar vir R95 elk. VIP kaartjies kos R595 en sluit VIP ingang, spesiale sitplekke naby die verhoog, gratis drankies en versnapperinge in.
Volg #LiefdeByDieDam op Sosiale Media:
- Webtuiste: http://www.liefdebydiedam.co.za
- Facebook: https://www.facebook.com/LiefdeByDieDam
- Twitter: https://twitter.com/LiefdeD
- Instagram: https://www.instagram.com/LiefdeByDieDam
Wees op die uitkyk vir opdaterings in die Music kategorie op Running Wolf’s Rant.
Need to kill some time? Read a random article on Running Wolf's Rant! Click here
Click here to explore all the sections on Running Wolf's Rant