Home Entertainment Music Liefde By Die Dam 2019: Alles wat jy moet weet

Liefde By Die Dam 2019: Alles wat jy moet weet

1736
0

Liefde By Die Dam 2019 is om die draai! Dit gebeur op die 4de Augustus by Emmerentia Dam in Johannesbrug. Make jouself gereed vir ‘n Jacaranda FM ‘More Music You Love’ Experience.

Maak jouself gereed vir nog ‘n onvergeetlike dag. Vir die gene van julle wat nie geweet het nie, Liefde By Die Dam is vernoem na Valiant Swart se bekende trefferlied met dieselfde naam en bied elke jaar net die beste in plaaslike musiek aan.

Dit is die perfekte dag vir saamkuier met musiek deur fenomenale, uiteenlopende kunstenaars in ‘n skouspelagtige omgewing.

Pierre Greeff van Die Heuwels Fantasties, wat ook een van die organiseerders van die konsert is, sê: “Hierdie jaar gaan ons selfs groter: die perseel is groter, die verhoog is groter, daar sal ook meer kosstalletjies wees. Dit gaan `n enorme partytjie wees!

Liefde By Die Dam 2019
  • Save

Die Liefde By Die Dam 2019 program bestaan ​​uit van Suid-Afrika se mees suksesvolle en buitengewone kunstenaars. Dit bied beslis iets spesiaals vir elke familielid.

Die Heuwels Fantasties en Francois van Coke, wat as twee van die gewildste Afrikaanse kunstenaars in die huidige SA Musiek-landskap beskou word, het verlede jaar die Liefde by die Dam-gehoor op hul voete gehad en beloof dieselfde opwinding by vanjaar se konsert.

Die res van die super program sluit die lieflike, bekroonde sangeres Tarryn Lamb, die bekende alternatiewe rockgroep Spoegwolf, die legendariese Coenie de Villiers en die wêreldbekende, veelvoudige Grammy-wenners, The Soweto Gospel Choir in.

Daarbenewens is die talente van die dinamiese rap kunstenaar Early B en die skerp humor van Radio Raps die kersies op die koek om te verseker dat Liefde by die Dam 2019, ‘n fantastiese konsertervaring gaan wees.

Liefde By Die Dam 2019
  • Save

Hoeveel kos kaartjies vir Liefde By Die Dam 2019?

Early Bird Kaartjies kos R95 vir volwassenes of R75 vir kinders tussen 3 en 12 jaar oud. Kinders wat jonger as 3 jaar oud is kan gratis toegang kry. VIP Kaartjies kos R795. Ontspan in die VIP-area met ‘n bietjie skaduwee, sitplekke en privaat toilette. Alle kos en alle drankies is ingesluit by die VIP kaartjie se prys.

As Early Bird kaartjies uitverkoop gaan die kaartjie prys vir volwassenes op na R195. Kaartjie pryse vir kinders sal dieselfde bly. Waarvoor wag jy? Kry nou dadelik kaartjies vir Liefde By Die Dam 2019 op Howler.

As jy nog inligting soek, kyk op Liefde By Die Dam se Facebook, Twitter of Instagram profiele.

Wees op die uitkyk vir gereelde opdaterings in die Music kategorie op Running Wolf’s Rant.

Want to know who our friends are? Click here

Need to kill some time? Read a random article on RWR! Click here

Click here to explore all the sections on Running Wolf's Rant

Click here to read our latest reviews on Running Wolf's Rant

Click here to listen to Matt Haddon's Corporate Punks Podcast

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here