Home Entertainment Music Liefde By Die Dam 2019: Gesprekke met Francois, Coenie & Early B

Liefde By Die Dam 2019: Gesprekke met Francois, Coenie & Early B

132
0

Coenie de Villiers, Early B en Francois van Coke is deel van vanjaar se Liefde by die Dam 2019 line-up. Ek het met hulle gesels oor hulle planne vir 2019 en wat hulle dink kan ‘n mens doen om meer liefde te gee.

Hier is wat Coenie De Villiers te sê gehad het

Wat is jou planne vir 2019?

EK en Deon Meyer werk aan ‘n nuwe “Karoo Suite” vir volgende jaar. Ek jaag ook om ‘n nuwe album vir uitreiking in September 2019 klaar te maak.

Coenie de Villliers
  • Save

Enige groot nuus of nuwe uitreikings binne die vlg twee maande?

Daar is ‘n klomp gigs en ons doen ‘n terugskou van die musiek en liriek-beweging saam met Anton Goosen by die Innibos fees in Nelspruit.

Hoe kan mense meer Liefde gee?

Moenie oordeel nie. Wys jy gee om terwyl die kans het. En moenie wag vir ons paartjie by Liefde By Die Dam 2019 nie.

Hier is wat Francois Van Coke te sê gehad het

Wat is jou planne vir 2019?

Ek is besig te werk aan my 3de solo album. Hy gaan Oktober vrygestel word. Daar gaan ‘n paar spesiale collabs op die album wees. Riky Rick, Spoegwolf en my ou vriend, Hunter Kennedy het saam met my gewerk aan songs vir die ene.

Ek doen ook weer my arena show in Pretoria rondom dieselfde tyd. Verder is ek maar besig met The Voice en hang saam met my familie elke oomblik wat ek nie werk nie.

Francois van Coke
  • Save

Hoe kan mense meer Liefde gee?

Soen so veel as wat jy wil.

Hier is wat Early B te sê gehad het

Beskryf hoe dit voel om op `n verhoog in die buitelug voor `n groot skare te wees?

Dis altyd ‘n gevoel van excitement wat oor my kom as ek op ‘n verhoog soos liefde by die dam optree, want die reaksie en die vibe wat n skaar jou gee vir iets wat ek in ‘n kamer gestkryf het is ongelooflik.

Early B
  • Save

Enige groot nuus of nuwe uitreikings binne die vlg twee maande?

My doel vir 2019 is om nog twee music videos te maak vir my album “Aangename Kennis”.  mense moet my social platforms watch vir nog details…

Hoe kan mense meer Liefde gee?

Eerste om jouself lief te he, dan met eerlikheid en ook om saam te dans en sing by Liefde by die Dam 2019.

Ek wil die geleentheid gebruik om vir Coenie De Villiers, Francois Van Coke en Early B dankie te sê vir hierdie onderhoude.

Liefde by die Dam 2019
  • Save

Ander kunstenaars wat vanjaar op 4 Augustus 2019 by Liefde by die Dam Emmarentia Dam optree is Tarryn Lamb, The Soweto Gospel Choir, Die Heuwels Fantasties, Radio Raps en Spoegwolf. Kry jou kaartjies by Howler.

Wees op die uitkyk vir gereelde opdaterings in die Music kategorie op Running Wolf’s Rant.

Want to know who our friends are? Click here

Need to kill some time? Read a random article on RWR! Click here

Click here to explore all the sections on Running Wolf's Rant

Click here to read our latest reviews on Running Wolf's Rant

Click here to listen to Matt Haddon's Corporate Punks Podcast

Loading...

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here