Hier is jou kans om Liefde By Die Dam kaartjies te wen!

19
154
views

Is jy lus vir ‘n jol? Moenie worry nie! Jy is op die regte plek! Jy het ‘n kans om Liefde By Die Dam kaartjies te wen op Running Wolf’s Rant. Die 2018 edisie van hierdie gewilde eendag musiekfees gebeur op die 5de Augustus by Emmerentia dam in Johannesburg.

Die jaar se line-up is nogals amazing. Musiekliefhebbers kan uitsien na optredes deur Francois van Coke, Die Heuwels Fantasties, Karlien Van Jaarsveld, Elvis Blue, Bongeziwe Mabandla, Bouwer Bosch, Martin Bester en Koos Kombuis.

Schalk Bezuidenhout is die outjie wat gaan kakpraat op die voorhoog en die mense entertained gaan hou. Hierdie fees word met trots aangebied deur Jacaranda 94.2 FM in samewerking met Liefde Wen, Huisgenoot, City Parks, Via, The Fairway Hotel en Computicket.

Liefde by die Dam Kaartjies
  • Save

Dis die 3de jaar wat Liefde By Die Dam by Emmerentia Dam gehou word en hierdie jaarlikse instelling op die Johannesburgse sosiale kalendar trek duisende mense elke jaar. Liefde By Die Dam kaartjies is besig om uit te verkoop soos soetkoek, so as jy nog nie joune gekoop het nie, kry dit HIER of try jou luck in ons kompetisie…

READ:  Go Large On The Lawn with Jeremy Loops and Matthew Mole in November

Hier is jou kans om Liefde By Die Dam kaartjies te wen!

All wat jy moet doen om Liefde By Die Dam kaartjies te wen vir die 2018 edisie is om kommentaar hier onder te lewer en vir ons te vertel HOE jy JOU liefde by die dam aan iemand spesiaal sal bewys. Die persoon wat met die mees kreatiefste idee vorendag kom sal aangewys word as die wenner van ‘n dubbel kaartjie.

Die kompetisie is nie oop vir onder 18’s nie en sluit om middernag op Dinsdag die 24ste Julie 2018. Die wenner sal op die 25ste Julie 2018 in kennis gestel word in die kommentaar afdeling hier onder.

As jy nog nie Koos Kombuis en Schalk Bezuidenhout se Q & A gelees het op Running Wolf’s Rant nie, doen jouself ‘n guns en lees dit.

Wees op die uitkyk vir opdaterings in die Music afdeling hier.

19 COMMENTS

  1. Jinne ek sal my liefde aan nie net een iemand bewys nie maar aan al die finominale optredes van al die talente van ons land. Met so fantastiese line up kan jy nie minder liefde en support gee as om self daar te wees nie. Liefde is nie net vir een nie maar vir ALMAL !!! <3 🙂

  2. Ek sal my vir my liefde sê ons gaan na die eendjies kyk by die dam. Met die aankoms sal sy agterkom ons is nie daar om eendjies te kyk nie. Na ons deur die hekke is sal ek vir haar iets lekkers kry om te drink en te eet. Martin sal vir haar die sterre wys namens my terwyl ons oor elvis blue se brug stap waar ons sal luister hoe elke boemelaar se droom waar word by daardie tyd sal Franscois die verhoog betree en ek haar kan serenade dat die wêreld mal is en sy die uitsondering is en dan sal ek haar kan vra of my son viraltyd oor haar rotse kan op kom.

  3. 43 jaar gewag vir ‘n ordentlike man van my hart en nou het ek hom. Come on Henno… Ek bring die familie saam… Het 4 kaartjies gekoop maar kort 1. Vir die man van my hart… Maak n plan… Dan is dit genuine Liefde by die Dam!

  4. Dit sal so amazing adventure wees saam met my enigste liefde want ons is mal daaroor om saam fun adventures te doen en nuwe plekke en dinge te probeer. Ons was nog nie by liefde by die dam nie maar sal dit lovee om te kan gaan en die spesiale dag saam my liefde te spandeer en saam ons liefde vir musiek te kan geniet ❤️
    Liefde by die dam saam my liefde klink perfek

  5. Ons 4de huweliksherdenking is die 9de Augustus so ek sou my man graag wou verras met kaartjies en om aan hom my liefde te bewys sal ek hom bederf vir die dag en selfs vir Schalk bezuidenhout vra om n liefdesbriefie vir hom van my af te lees 😉

  6. Ek voel liefde is nie net vir paartjies en verliefdes nie, ek voel ek kan my liefde aan my vriende en medemens ook op hierdie dag bewys deur om n kombers vir liefdadigheid te skenk en om my vriende lekker te bederf met n piekniek en goeie kunstenaars op die dag. Ek is n getroue bywoner en het baie liefde vir die event self, dit lê my en my vriende baie na aan die hart, want Liefde By die Dam is die enigste event wat ons almal jaarliks kan bywoon en opvang oor wat deur die jaar gebeur het. Daarom dink ek dit sal gepas wees as ek hierdie kaartjies kan wen vir n lieflike vriendin om saam ons te kom kuier by Liefde By Die Dam.

  7. Ek het hierdie kaartjies so nodig!
    My (nou) kêrel het laasjaar met Liefde by die dam 2017 vir my soveel liefde gewys.
    Hy het met Francois van Coke gereël om agter die stage n video vir my te maak wat sy liefde vir my verklaar.
    Ons het die dag saam al ons vriende gedeel en hy het die video vir my voor almal gewys en my net daar gevra om sy meisie te wees.
    As ek hierdie kaartjies wen sal ek hom daarmee verras sodat ons, ons liefde kan celebrate by Liefde by die dam en hopenlik word dit ons jaarlikse tradisie en doen ons dit elke jaar.
    Liefde by die dam was die begin van my sprokies verhaal, laat my asb toe om dit die jaar weer saam my kêrel en vriende te deel en die liefde te celebrate!

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here