Home Entertainment Music Maak jouself gereed vir die Fokofpolisiekar Sweet 16 Partytjie in Pretoria

Maak jouself gereed vir die Fokofpolisiekar Sweet 16 Partytjie in Pretoria

45
0

Die Fokofpolisiekar Sweet 16 Partytjie is een van daai vertonings wat jy nie moet misloop nie!

Fokofpolisiekar word hierdie jaar 16 en Die Bende gaan die partytjie-gees inspan om hul grootste konsert nog ooit te hou. Die verigtinge gebeur by Loftus Versveld se D Veld in Pretoria op die 13 Julie 2019.

Die 2-uur lange konsert gaan gepak wees met liedjies wat hulle in die laaste 16 jaar saam geskryf het. Daar gaan ou classics gespeel word, al die ‘fans’ se gunstelinge en dan ook ‘n paar van die meer obskure liedjies wat wat die groep se persoonlike gunstelinge is wat hulle jare laas ‘live’ gespeel het.

Fokofpolisiekar Sweet 16
  • Save

Daar gaan ook akoestiese kitare en ‘n klavier ingespan word om spesiale weergawes van die “Monoloog in Stereo” EP songs en treffers soos “Komma” aan die lewe te bring. Kom luister na weergawes van Fokofpolisiekar se liedjies soos dit nog nooit vertoon is nie.

Die  5 manne mag dalk hul 40’s bekruip, maar as Die Bende is hulle nogsteeds in hul tiener-fleur. Daar gaan nog lank oor hierdie show gepraat word, want Fokofpolisiekar gaan hul beste tiener-gees-A-game bring!

Valkie jumps by Andre Badenhorst
  • Save
Foto deur Andre Badenhorst

Wat kan jy verwag by die Fokofpolisiekar Sweet 16 Partytjie?

  • ‘n 2-uur lange Fokofpolisiekar show soos nog nooit tevore.
  • Songs wat jy jare laas live gehoor het.
  • ‘n Partytjie gees soos min! Die band gaan baie moeite insit om seker te maak die event is super spesiaal.
  • Fuzigish en Hellcats om die partytjie mee af te skop.
  • ‘n Befokte wintersdag saam met befokte like-minded mense in ‘n veilige omgewing.
  • Bekostigbare kaartjie pryse.
  • Bekostigbare kroeg pryse.

So waarvoor wag jy? Kry nou jou kaartjies HIER (vir slegs R195 elk) en kom vier Fokofpolisiekar se 16de verjaarsdag saam met hulle! Dit gaan vet pret wees! Soos Braaiboy altyd sê “Heeltyd Speeltyd!”.

Wees op die uitkyk vir gereelde opdaterings in die Music kategorie op Running Wolf’s Rant.

Help a Wolf to Buy a New Canon! Click here!

Need to kill some time? Read a random article on RWR! Click here

Click here to explore all the sections on Running Wolf's Rant

Click here to read our latest reviews on Running Wolf's Rant

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here