Kry jouself reg vir “Francois van Coke & Vriende”

0
57
views

Francois Van Coke & Vriende gaan is een van daai shows wat jy nie misloop die jaar nie. Dit gaan epic wees, so merk solank die 15de September 2018 op jou kalender…

Dit is reeds 15 jaar sedert Francois van Coke beroemdheid verwerf het as voorsanger van die legendariese Suid-Afrikaanse rockgroep, Fokofpolisiekar. Hy is konstant besig om te skep, dus het hy reeds altesaam tien vollengte albums en vyf kortspelers agter sy naam.  Sy talent is herken met ‘n verskeidenheid van al die noemenswaardige toekennings wat ons land kan bied, insluitende vier SAMAs.

Hy het sy solo loopbaan in 2015 afgeskop met die vrystelling van die aangrypendste ballade van daardie jaar, Toe Vind Ek Jou met Karen Zoid. Hy het al met die room van Suid-Afrika se talent, insluitend Jack Parow, Die Heuwels Fantasties, Arno Carstens, en vele meer gewerk.

Om hierdie ryk nalatenskap as ikoon en pionier te vier, sal Francois ‘n 120 minute rock skouspel aanbied by Sun Arena, Time Square Casino in Pretoria op die 15de September 2018.  Francois sal sy samewerkings met verskeie van ons land se gesogste kunstenaars, saam met wie hy van die mees onvergeetlike Suid-Afrikaanse liedjies geskryf het, ten toon stel.

”Al wat ek nog altyd wou doen was rugby speel of musiek maak. Musiek het my gekies en ek het die voorreg gehad om saam met van die beste Suid-Afrikaanse kunstenaars te skryf. Ek en 9 van hierdie vriende gaan ‘n massiewe show in Pretoria gooi.  Die 120 minute show gaan gepak wees met my mees bekendse songs en die vriende gaan my op stage join. Moenie Francois van Coke & vriende by Sun Square Arena op Saterdag 15 September mis nie,” vertel Francois oor sy rock konsert.

Francois van Coke en Vriende word aangebied deur voorste Suid-Afrikaanse promotor, AMP Events. Dit is die span wat verantwoordelik is die Kings of Chaos, Pixies, Symphonic Rocks, Live, Rock on the Lawn Music Festival en die Myles Kennedy konserte vroëer in die jaar.

Andy Mac van AMP Events het die volgende te sê oor hierdie konsert: “As deel van die kern van ons besigheidsfilosofie was ons nog altyd toegewyd om net met opregte en oorspronlike kunstenaars te werk. Ek ken vir Francois al vir baie jare en hy voldoen beslis aan hierdie vereiste; nes die ander kunstenaars op hierdie program.  Dit is ‘n voorreg om saam met hom en die ander mense te werk om iets baie spesiaal met hierdie konsert te skep.”

Die rugraat van die konsert sal Francois van Coke en sy groep, Die Gevaar, wees.  Hulle sal verskeie van sy solo treffers opvoer.  Gedurende die vertoning sal sy vriende by hom aansluit om die treffers wat hulle saam gemaak het, te vertoon. Die gaste sal ook van hul eie liedere sing.

Die lys van vriende wat hom gaan join op die verhoog is soos volg: Jack Parow, Majozi, Fokofpolisiekar, Die Heuwels Fantasties, Laudo Liebenberg (aKING), Coenie De Villiers, Early B, Arno Carstens (Springbok Nude Girls), Van Coke Kartel.

Francois van Coke & Vriende word met trots aangebied deur AMP Events, in samewerking met Jacaranda FM en kykNET. Kaartjies kos tussen R225 en R275 en is beskikbaar op Computicket. Check die Facebook Event uit vir meer inligting hier.

Wees op die uitkyk vir gereelde opdaterings in the Music kategorie op RWR.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here