Home Music ‘n Vinnige Pieter De Jager Onderhoud Voor Park Acoustics

‘n Vinnige Pieter De Jager Onderhoud Voor Park Acoustics

526
0

Pieter De Jager is die hoofsanger van Ruiter Piet en die Partytjie. Hierdie orkessie speel Sondag by die eerste Park Acoustics van 2020.

Ek het so bietjie met hom gechat oor hulle show en so paar ander goedjies. Hier is wat hy te sê gehad het.

Januarie is darem amper verby, al het dit amper so lank gevoel soos julle naam (add smiling emoji here). Hoe stoked is julle om die partytjie te bring na Park Acoustics?

Ons sien baie uit en is baie opgewonde dat ons die eerte band van 2020 is by die legendariese Park Aucustics!! Ons is nogals n bevooregtige klomp as dit kom by die maandelikse musiek fees in Pretoria vir die laaste dekade!

Ek (Pieter de Jager) en my orkes “Die Partytjie“ (Jaco Mans: Hoof kitaar, Jason Hinch: Tromme, Duard Musk: Bass en Andre van Coller: Saxophone) het al almal aan baie ander projekte gewerk voor die een.

Pieter De Jager - Ruiter Piet en die Partytjie
  • Save

Interesante feite is dat ek met my vorige orkes Die Tuindwergies die heel eerste Park Acoustics by die Monument gespeel het saam met Die Heuwels Fantasties.

Jaco Mans is die kitaar speler wat die fees al die meeste gespeel het, en Duard Musk is die jongste musiekant wat al daar opgetree het! Dis die eerste keer dat ons almal saam as een bende daar gaan opdaag en sien baie uit! Baie dankie Henk, Willie en die span! Ons sien moer baie uit en glo ons sal die poppe laat dans!

Julle skop Park Acoustics af vir 2020 as die heel eerste act op die stage. Is daar enige surprises in store om dit die most memorable set van die dag (dalk even die jaar) te maak?

Ons is baie opgewonde om my nuwe plaat waaraan ek en Jaco Mans die laaste 5 jaar aan werk vir die mense te kom speel… Niemand het dit al als gehoor nie so glo dis nuut en kan seker gesien word as n verassing!

Ons het nog nie akrobate of krekkers wat sal af gaan nie… net ons en ons instumente wat op noot speel, sing en liedjies het wat gaan oor goed wat regtig al gebeur het die laaste 5 jaar deur die 30 lande wat ek gaan toer het. So scheme ons pyrotechnics is maar regte songs oor regte dinge… vir nou!! Dalk as ons eendag headline sal ons starlights uit deel voor die show!

Enige band resolutions wat julle vir 2020 gestel het?

Doen wat Joost of James Small sou!!

Waar kan ons na Park Acoustics vir Ruiter Piet en die Partytjie te siene kry?

Gaan Check ons Facebook of Instagram uit om die volgende Partytjie raak te loop! Ons het nou net gesign by Universal Musiek SA so die grense van Gauteng is die limits…

Ek wil vir Pieter De Jager en die Partytjie dankie sê vir hierdie onderhoudjie! Ek wens hulle sterkte toe met al hulle musikale avonture vorentoe.

As jy nog nie kaartjies gekoop het vir die naweek se Park Acoustics nie, kry joune HIER. Jy kan op die dag Hellcats, Southern Gypsey Queen, Early B en Desmond & The Tutus ook uit check!

Wees op die uitkyk vir gereelde opdaterings in the Music kategorie op Running Wolf’s Rant.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here