PlatformZA bied eersdaags 2000+ minute se aanlyn-vermaak!

PlatformZA is amper hier…  Dis ‘n feit dat 2020 nie gerealiseer het soos ons gedink het dit gaan nie, is nie altemit nie! Dit het die wêreld genoop daartoe om meer kreatief en innoverend as ooit te wees. Een van hierdie plaaslike innovasies is PlatformZA: ’n aanlyn platform wat op 25 September 2020 meer as 2000 minute se eg Suid-Afrikaanse inhoud gaan beskikbaar stel!

Meer inligting oor PlatformZA

Daar is vanuit alle oorde kragte saamgespan om hierdie projek van die grond af te kry. Die doel is natuurlik om kwaliteit inhoud vir Suid-Afrikaanse gehore te bied, maar ook om die kunste-industrie wat baie hard deur die pandemie getref is te ondersteun.

Daar is reeds redelike sukses in die afdeling behaal: meer as 200 persone in die vermaaklikheidsbedryf is tot dusver in diens geneem om die projek vlerke te gee. Die grootste fokus bly immers om ’n moontlike langtermyn inkomste vir mense in die bedryf te verseker.

PlatformZA

Christiaan Ballot, mede-eienaar van PlatformZA, meen hy is veral opgewonde oor die feit dat alle inhoud eg Suid-Afrikaans is, al het van die befondsing van so ver as Australië gekom.

“Ons kan hier werklik vir kunstenaars, musikante en tegnici die geleentheid gee om hul oorspronklike werk vir die wêreld aan te bied. Ons het ook seker gemaak dat die kwaliteit van die produksies wêreldklas is – die produksiewaarde van die nuutgeskepte produksies staam immers tans op R2,5 miljoen!”

Pieter-Jan Kapp, mede-eienaar meen verder dat hy geïnspireerd voel deur die feit dat mense uit verskillende dele van die industrie saamgestaan en hande gevat het om hierdie projek te laat werk.

“PlatformZA bied ’n groot verskeidenheid inhoud wat tot ’n baie diverse gehoor gaan spreek!”

Waarna kan jy uitsien?

Talle splinternuwe musiekproduksies, kookprogramme, en leefstyldokumentêre en selfs sepies vorm deel van die inhoud. Meer inligting sal nader aan die 25ste September beskikbaar wees.

Hoe kry mens toegang tot PlatfromZA?

Besoek www.platformza.tv (die webblad en toepassing sal eers op 25 Sept beskikbaar wees). Jy sal deur middel van ’n toep (app) al die inhoud kan besigtig op ’n rekenaar, selfoon of tablet. Vir meer inligting volg PlatformZA op Facebook of Instagram.

Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Entertainment kategorie op Running Wolf’s Rant.

  • 9
  • 6
  •  
  • 1
  •  
  •  
  •  
  •  
    16
    Shares
  •  
    16
    Shares
  • 9
  • 6
  •  
  • 1
  •  
  •  
  •  

Henno Kruger

Blogger, Desktop Activist, Twitter / Facebook Addict, Music Festival Addict, Avid lover of South African music, Founder and owner of Running Wolf's Rant

Leave a Reply