Resensie: Francois Van Coke se optrede in Harties

1
173
views

Francois Van Coke en sy band, Die Gevaar het op Dozi se plaas gespeel laas week Sondag. Ons was teen 10 eers alreeds sterk oppad soontoe van Pretoria af.

Toe ons 11 uur die oggend daar aankom was Dozi’s Back To The Roots alreeds stampvol met mense van alle ouderdomme. Ons is vining na die bar toe om so ietsie te kry vir die keel en ‘n bietjie skop in te kry vir die dag.

Dozi het toe begin speel met ‘n paar cover tunes en ‘n paar van sy bekende tunes en mens kon voel hoe die mense begin buzz en lekker kuier in afwagting vir Francois Van Coke.

Dit was nie lank voor die Belville manne op die stage was nie en hulle het sommer dadelik met n lekker vinnige tune als begin: een van my gunstelinge, My Hart. Die show was soos gewoontlik van die eerste liedtjie af ‘n party. Francois van Coke  en Die Gevaar is altyd on point en op tyd en het ook die crowd laat deel voel van hulle show.

Francois-Van-Coke-640x361 Resensie: Francois Van Coke se optrede in HartiesJedd het soos oudergewoonte weer van sy beste solo kitaar riffs uitgehaal en Richard was nie ver agter hom nie. Die twee het op stadium rug teen rug gestaan en daai twee kitare goed laat les op sê. ‘n Klein dogtertjie voor my het omgedraai en vir my gesê “Jislaaik! Ek kry sommer hoendervleis!”

Die show het soos gewoontlik nie teleurgestel nie. Francois Van Coke het van sy beste songs een na die ander uitgeruk. “Moontlik Nooit”, “Dit Raak Beter”. “Waar Daar ‘n Wil is”, “Hulle Sê” en “Die Skip” was ‘n goeie kombinasie songs van sy twee solo albums gewees.

Francois het verder meer deel geraak van sy ondersteuners toe hy ‘n klein laaitjie wat voor gestaan het in die crowd op sy skouers getel het en op en afspring met die laaitjie se hand in n rock en roll sign.Hy het ook van die stage af die Blou Bul senter uitgewys en vir hom ‘n happy birthday song gespeel.

Toe dit nader aan die show se einde kom, het hulle ook ‘n ou Van Coke Kartel song gespeel (“Tot die son uitkom”) en ook Fokofpolisiekar se “Skyn Heilig”. En natuurlik was die set perfek omdat hulle “Toe Vind Ek Jou” ook gespeel het. Die crowd het elke woord saam gesing en toe het hulle die show afgesluit met die beste cover van Beastie Boys se “Fight for your right.”

Francois Van Coke het defnitief n hele paar mense se dag gemaak en net weer gewys waarom hy as een van die beste live performers gesien word . Ek het ook met so paar mense gesels wat vir die eerste keer Francois Van Coke live gesien  het en almal was starstruck en het nuwe fans geword.

Na al daai opwinding en party het Dozi weer paar songs gespeel om die dag te eindig. Die wolke het begin opsteek en n lekker buitjie reën het geval, maar die mense was nie afgeskrik deur dit nie. Daar is lekker in die reen gekuier, gesing en gedans. Dit was een moerse lekker dag.

Dankie vir my verloofde Roxanne wat die dag saam my kon special maak het. Ek sal enige iemand wat van die buitelig en musiek hou aanraai om ‘n draai te maak by Dozi se plaas om hulle gunsteling kunstenaars te sien optree, dis vet pret!

Wees op die uitkyk vir gereelde opdaterings in the Music kategorie op RWR.

Join more than RWR 3,000 Wolf Cubs who receive email updates - Click here to join our pack.

Want to earn Bitcoin for completing small tasks and answering emails? Click here

1 COMMENT

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here