Het jy geweet dat Sex in Afrikaans op Showmax beskikbaar gaan wees vanaf die 14de Februarie 2022? Die dokumentêr maak die volgende onthullings in die lokprent: “Afrikaans people and the adult industry, they go hand in hand.”, “Hierdie koeksister-tannies bestel die groot vibrators.” en “In Suid-Afrika is daar meer as 40 000 geregistreerde swingers.”
Meer inligting oor Sex in Afrikaans
Sex in Afrikaans volg kliniese sielkundige Bradley R Daniels soos hy vier Afrikaanse paartjies en twee enkellopendes help om vir die eerste maal skaamtelose gesprekke oor hulle sekslewe te voer, en in die proses ontdek dat daar soveel meer pret is om te hê!
Daar is onderhoude met sekswerkers, die eienaars van volwasse winkels, ‘n Unicorn, swingers, dominatrixes, ‘n fopdosser, ‘n dungeon master, mense wat soos babas aantrek en ander wat vollengte latex-pakke verkies, so Sex in Afrikaans sal ‘n toer bied van wat jou bure en kollegas agter geslote deure aanvang, wat die oë sal laat rek.
“Ek het elke dag iets nuuts geleer op Sex in Afrikaans,” sê Bradley, wat ‘n meestersgraad in kliniese sielkunde van New York Universiteit het. “Dit was ‘n wonderlike gevoel om te sien hoe dinge wat ek in handboeke geleer het, in die praktyk bymekaar kom. Ek dink dit is dieselfde in alle konserwatiewe gemeenskappe. Niemand praat werklik oor seks nie; dis ‘n sensitiewe onderwerp. Selfs mense wat hulleself as liberaal beskou sukkel om oor seks te praat, want baie mense het nie geskikte taal vir seks en seksuele praktyke nie. ‘n Groot deel van ‘n seksuele gesondheidspraktisyn se werk is om vir mense die geskikte taal te gee. Ons het soveel pret gehad, maar ek is ook ‘n ernstige akademiese persoon, so die program is ook opvoedkundig en leersaam.”
Hierdie grensverskuiwende, slegs-vir-wolwassenes Showmax Original word vervaardig deur media-persoonlikheid Rian van Heerden se maatskappy, Provoco. “Sex in Afrikaans is een vir die boeke,” sê Rian. “Ek sou so ver gaan as om te sê dat hierdie die mees kontroversiële reeks gaan wees wat al ooit op Suid-Afrikaanse televisie uitgesaai is.”
Ons gaan immers ook mensagtige sekspoppe, mummifikasie, iemand wat aan hoeke hang en ‘n opwip-sekswinkel in Parys sien, om nie eers te praat van die naakte waarhede wat uit die monde van mense soos Loslyf-stigter Joe Theron en Luvland-eienaar Patrick Meyer kom nie.
Aan die ander kant is daar verskeie Afrikaners wat in die lokprent sê: “Seks is okay;” “Seks is net seks,” en “Seks is vir my kak lekker.” So, wat is dan nou so kontroversiëel daaraan om daaroor te praat?
Kyk die lokprent op YouTube.
Klik hier om Sex in Afrikaans op jou Showmax lys by te voeg.
Wees op die uitkyk vir gereelde opdaterings in die Television kategorie op Running Wolf’s Rant.
Like what you just read? Join The Wolf Pack! Subscribe To Our Newsletter.
Explore our website, check out our Featured Articles or scroll down to see the articles that are related to this article below. We've been around since 2008, so there's plenty of content.
If you're in South Africa and looking for something to do, check out The SA Gig Guide (on our sister site SA Music Zone).
If getting more knowledge is part of your DNA - Check out the latest posts on Interesting Facts.
In a giving mood? Surprise your loved ones with stunning flowers and gifts from Netflorist.co.za — shop now and make their day unforgettable!