Close Menu
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Subscribe
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Home » Streaming » Showmax reik lokprent uit vir “Koek”

Showmax reik lokprent uit vir “Koek”

Blitsoorsig: Koek is 'n Afrikaanse misdaadkomedie wat op 29 Februarie 2024 op Showmax première. Dit volg Christelle Smit, 'n Kaapstadse huisvrou wat ontdek dat haar man 'n verhouding het en in 'n gevaarlike nuwe wêreld beland. Die reeks speel bekroonde akteurs soos Cindy Swanepoel en Sandra Prinsloo, en is opgeneem in Kaapstad se noordelike voorstede.

Henno KrugerBy Henno KrugerFebruary 20, 2024No Comments3 Mins Read Streaming 154 Views
Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link

Showmax het pas die lokprent vir Koek vrygestel en almal wil ’n stukkie hê. Die eerste episode van hierdie reeks sal binnekort beskikbaar wees om te stroom op Showmax.

Meer inligting oor Koek

As die Kaapstadse huisvrou Christelle Smit bewyse ontdek dat haar man ’n verhouding met ’n ontkleedanseres genaamd Candi Floss het, neem haar ondersoek haar binne ’n wêreld wat hemelsbreed verskil van die noordelike voorstede-utopie waarmee sy bekend is.

“Hierdie is die storie van ’n vrou wat alles moet verloor om haarself te vind,” vertel die Safta- en Silwerskermbekroonde reeksleier Christiaan Olwagen, wie se vorige reeks, Recipes for Love and Murder, nou reeds aan meer as 90 lande verkoop is. Sy film, Kanarie, is ook vir ’n GLAAD Media-toekenning vir Uitstaande Film – Beperkte Vrystelling benoem.

Cindy Swanepoel, wat verlede jaar Safta- en Silwerskermtoekennings vir haar rol as Annelize in  Binnelanders  gewen het, vertolk die hoofrol van Christelle in Koek, met die legende Sandra Prinsloo as ’n bendebaas met voorliefdes vir brandewyn, sigare, luiperdpatrone – en niere steel. Gou is Christelle by haar in die skuld.

NetfloristOfferforge

Cindy Swanepoel in Koek

“Cindy lewer die vertoning van haar lewe: sy is pragtig, sy is snaaks, sy is hartseer en sy is sexy,” sê Christiaan. “Jy voel regtig vir haar.”

Cindy en Christiaan deel ’n wedersydse bewondering vir mekaar. “Ek wou ook nog altyd iets doen wat Christiaan Olwagen betrek en om ’n hoofrol te speel in ’n reeks wat so oorspronklik en anders en waaghalsig is, was vir my so ’n massiewe voorreg,” sê Cindy. “Dit is iets wat ons nog nie in hierdie land gesien het nie.”

Die misdaadkomedie is grootliks in Kaapstad se noordelike voorstede geskiet, waaronder in Lush, ’n klub vir volwasse vermaak, wat instaan as die fiktiewe Koeksusters. Lush het die rolverdeling dansopleiding en leiding gegee om die ontklee-ervaring so outentiek as moontlik te maak.

Die lokprent gee vir ons ’n eerste blik op die volgepropte rolverdeling wat Silwerskermwenners Stian Bam (Die storie van Racheltjie de Beer), Jacques Bessenger (Donkerbos), Dawid Minnaar (Legacy) en Carel Nel (Gaia), asook Safta-benoemdes Ashley de Lange (G.I.L.) en Vinette Ebrahim (Barakat, Skemerdans) insluti. Daar is selfs ’n seldsame kameevertoning deur die kletsrymer Jack Parow, wat ook nuwe musiek tot die klankbaan bydra.

NetfloristOfferforge

“Sandra en Dawid speel gewoonlik die eerbare mense, maar hulle speel skurke baie goed,” sê regisseur en kinematograaf Johannes Pieter Nel. Nel het verlede jaar vir beste kinematografie by die Silwerskermfees gewen vir sy werk op Die Tragiese Saak van Pamina Vermaak.

Hy is ook aan die stuur van Magda Louw, waarvoor Desiré Gardner die toekenning vir beste akteur in ’n komedie by dieselfde toekennings gewen het. “Ons plaas bekende akteurs in vars en gewaagde rolle wat ons gehoor gaan skok en vermaak; hulle is in vir ’n bederf.”

Koek is deur Wolflight Films vervaardig en première op Showmax op 29 Februarie 2024 met nuwe episodes op Donderdae tot 2 Mei 2024.

Koek is nuutste toevoeging van bekroonde Afrikaanse misdaadreekse op dié stroomplatform, en bou voort op die sukses van Donkerbos, wat vir die Berlinale Series Market Selects gekies is; Spinners, wat die eerste reeks uit Afrika is wat aan Canneseries deelgeneem het; en Trompoppie, oor ’n span hoërskool-trompoppies wat die een ná die ander dood opduik.

NetfloristOfferforge

Kyk die lokprent hier onder:

YouTube video player

Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Television kategorie op Running Wolf’s Rant.

Wil jy jou besigheid, gebeurtenisse, produk of diens bemark? Ons kry meer as 14,000 bladsy-kyke elke maand! Kontak Ons vir bemarkings en reklame opsies.

Jy sal dalk ook hiervan hou

  • Nel sê “Koek”-tipe storie is nog nooit Afrikaans vertel nie

    Sandra Prinsloo - Koek - Showmax
    Celebrity Interviews 30 Apr 2024
  • The White Lotus (TV Series): 18 Facts You Might Not Know

    The White Lotus Facts
    TV Facts 26 Apr 2025
  • Showmax Reik Mince Jou Hare Lokprent Uit

    Mince Jou Hare Cast
    Streaming 9 May 2024
  • Poker Face (TV Show): 10 Interesting Facts

    Poker Face Season 1
    TV Facts 9 Jun 2025

Goeters Om Te Doen

  • Jack White December 2026 South African Tour: All The Deets

    Jack White December 2026 South African Tour: All The Deets 1
    Upcoming Events
  • Playtopia Festival: 3-5 December 2026

    Playtopia Festival Featured
    Upcoming Events

Sluit Aan By Die Wolfpak

📻 Teken in op ons Nuusbrief

Help Om Ons Aan Die Gang Te Hou

☕ Ondersteun Ons

Verken Running Wolf's Rant

🎥 Check ons Screen Hub uit🇮🇿 Besoek die Afrikaanse Hoekie📅 Check bietjie Upcoming Events uit🎤 Check die SA Gig Guide uit
Afrikaans Cindy Swanepoel Comedy Crime Koek Showmax South Africa
Share. Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link
Henno Kruger

Music Lover, Avid Festival Goer and Founder and Owner of Running Wolf's Rant.

Leave A Reply Cancel Reply

NetfloristOfferforge
Teken in op ons Nuusbrief

Vul jou e-pos adres in om opdaterings in jou Inboks te kry

Nog Artikels
  • Disney+
    What’s New on Disney+ in October 2026?
    October 7, 2026
  • Netflix
    What’s Coming to Netflix in October 2026?
    October 3, 2026
  • Netflix in August 2026
    Netflix SA Turns 10: New Content & Partnerships
    September 10, 2026
  • Disney Plus
    New Disney+ App Now Available in South Africa
    September 10, 2026
  • The Gentlemen Season 2 - Netflix
    What’s Coming to Netflix in September 2026?
    September 1, 2026
  • FX's American Horror Story 13 - Disney+
    What’s Coming To Disney+ in September 2026?
    September 1, 2026
  • Netflix in August 2026
    Netflix in August 2026: Here’s What You Can Look Forward To
    August 4, 2026
  • Netflix
    Netflix Reveals What The World Watched In First Half of 2026
    July 25, 2026
NetfloristOfferforge
Populêre Onderwerpe
South Africa 3,337
Rock 620
Useful Tips 566
Afrikaans 526
Cape Town 348
USA 337
Pretoria 307
Johannesburg 293
Festivals 202
UK 179
Facebook X (Twitter) Instagram YouTube Spotify TikTok
© 2026 ThemeSphere. Designed by ThemeSphere.

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.