Close Menu
  • Hubs
    • The Screen Hub
    • The Music Hub
    • The Knowledge Hub
    • Die Afrikaanse Hoekie
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram
Trending
  • The Springboks: 42 Interesting Facts you might not know
  • An Interview With Pretoria Bach Choir Conductor Edwin Mitas
  • Charlie Harris Shares Heartfelt Single: “Can You Feel Me”
  • New Oasis Documentary Trailer Released
  • Piano People South Africa: November & December 2026
  • Muse (Band): 21 Interesting Facts You Might Not Know
  • An Extensive Interview with Carol-Ann Meltzer (Khazimula)
  • Zolani Mahola’s LIFT Anthem Now on Streaming Platforms
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
  • Hubs
    • The Screen Hub
    • The Music Hub
    • The Knowledge Hub
    • Die Afrikaanse Hoekie
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Subscribe
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Home » Streaming » Showmax reik lokprent uit vir “Koek”

Showmax reik lokprent uit vir “Koek”

Henno KrugerBy Henno KrugerFebruary 20, 2024No Comments3 Mins Read Streaming 90 Views
Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link

Showmax het pas die lokprent vir Koek vrygestel en almal wil ’n stukkie hê. Die eerste episode van hierdie reeks sal binnekort beskikbaar wees om te stroom op Showmax.

Meer inligting oor Koek

As die Kaapstadse huisvrou Christelle Smit bewyse ontdek dat haar man ’n verhouding met ’n ontkleedanseres genaamd Candi Floss het, neem haar ondersoek haar binne ’n wêreld wat hemelsbreed verskil van die noordelike voorstede-utopie waarmee sy bekend is.

“Hierdie is die storie van ’n vrou wat alles moet verloor om haarself te vind,” vertel die Safta- en Silwerskermbekroonde reeksleier Christiaan Olwagen, wie se vorige reeks, Recipes for Love and Murder, nou reeds aan meer as 90 lande verkoop is. Sy film, Kanarie, is ook vir ’n GLAAD Media-toekenning vir Uitstaande Film – Beperkte Vrystelling benoem.

Cindy Swanepoel, wat verlede jaar Safta- en Silwerskermtoekennings vir haar rol as Annelize in  Binnelanders  gewen het, vertolk die hoofrol van Christelle in Koek, met die legende Sandra Prinsloo as ’n bendebaas met voorliefdes vir brandewyn, sigare, luiperdpatrone – en niere steel. Gou is Christelle by haar in die skuld.

Cindy Swanepoel in Koek

“Cindy lewer die vertoning van haar lewe: sy is pragtig, sy is snaaks, sy is hartseer en sy is sexy,” sê Christiaan. “Jy voel regtig vir haar.”

NetfloristOfferforge

Cindy en Christiaan deel ’n wedersydse bewondering vir mekaar. “Ek wou ook nog altyd iets doen wat Christiaan Olwagen betrek en om ’n hoofrol te speel in ’n reeks wat so oorspronklik en anders en waaghalsig is, was vir my so ’n massiewe voorreg,” sê Cindy. “Dit is iets wat ons nog nie in hierdie land gesien het nie.”

Die misdaadkomedie is grootliks in Kaapstad se noordelike voorstede geskiet, waaronder in Lush, ’n klub vir volwasse vermaak, wat instaan as die fiktiewe Koeksusters. Lush het die rolverdeling dansopleiding en leiding gegee om die ontklee-ervaring so outentiek as moontlik te maak.

Die lokprent gee vir ons ’n eerste blik op die volgepropte rolverdeling wat Silwerskermwenners Stian Bam (Die storie van Racheltjie de Beer), Jacques Bessenger (Donkerbos), Dawid Minnaar (Legacy) en Carel Nel (Gaia), asook Safta-benoemdes Ashley de Lange (G.I.L.) en Vinette Ebrahim (Barakat, Skemerdans) insluti. Daar is selfs ’n seldsame kameevertoning deur die kletsrymer Jack Parow, wat ook nuwe musiek tot die klankbaan bydra.

“Sandra en Dawid speel gewoonlik die eerbare mense, maar hulle speel skurke baie goed,” sê regisseur en kinematograaf Johannes Pieter Nel. Nel het verlede jaar vir beste kinematografie by die Silwerskermfees gewen vir sy werk op Die Tragiese Saak van Pamina Vermaak.

Hy is ook aan die stuur van Magda Louw, waarvoor Desiré Gardner die toekenning vir beste akteur in ’n komedie by dieselfde toekennings gewen het. “Ons plaas bekende akteurs in vars en gewaagde rolle wat ons gehoor gaan skok en vermaak; hulle is in vir ’n bederf.”

Koek is deur Wolflight Films vervaardig en première op Showmax op 29 Februarie 2024 met nuwe episodes op Donderdae tot 2 Mei 2024.

Koek is nuutste toevoeging van bekroonde Afrikaanse misdaadreekse op dié stroomplatform, en bou voort op die sukses van Donkerbos, wat vir die Berlinale Series Market Selects gekies is; Spinners, wat die eerste reeks uit Afrika is wat aan Canneseries deelgeneem het; en Trompoppie, oor ’n span hoërskool-trompoppies wat die een ná die ander dood opduik.

Kyk die lokprent hier onder:

YouTube video player

Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Television kategorie op Running Wolf’s Rant.

📬 Sluit by die Wolf Pack aan 🐺 Ondersteun Ons

Jy sal dalk ook hiervan hou

  • Wyfie - Showmax
    Showmax reik lokprent uit vir “Wyfie”
  • Tuiskoms
    Netflix reik lokprent vir Afrikaanse Reeks “Tuiskoms” uit
  • Mince Jou Hare Cast
    Showmax Reik Mince Jou Hare Lokprent Uit
  • Die Onderonsie
    Die Onderonsie Lokprent uitgereik deur Showmax

Looking for a gift for that special person in your life? Check out Netflorist.co.za, South Africa's top online florist and gift service. They offer flowers, gifts, and hampers for all occasions AND reliable nationwide delivery.

NetfloristOfferforge
Afrikaans Cindy Swanepoel Comedy Crime Koek Showmax South Africa
Share. Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link
Henno Kruger

Music Lover, Avid Festival Goer and Founder and Owner of Running Wolf's Rant.

Leave A Reply Cancel Reply

NetfloristOfferforge
In Geval Jy Dit Gemis Het…
  • Disney+
    What’s Streaming on Disney+ in July 2026?
    July 7, 2026
  • Netflix Logo
    What’s Coming to Netflix in July 2026?
    July 6, 2026
  • The Deadly Quest for Gold - Top 10 African Films You Can Stream for Free
    10 Top Award-Winning African Films You Can Stream for Free
    July 3, 2026
  • Henry Ate
    Henry Ate “30 Years of Slap In The Face” Tour: Oct/Nov 2026
    June 26, 2026
  • ParkLive Jozi 2026 - TEEKS
    Parklive Jozi: 30 August 2026
    June 5, 2026
  • Playtopia Festival Featured
    Playtopia Festival: 3-5 December 2026
    May 14, 2026
  • Springboks
    The Springboks: 42 Interesting Facts you might not know
    July 14, 2026
  • Pretoria Bach Choir Photo
    An Interview With Pretoria Bach Choir Conductor Edwin Mitas
    July 14, 2026
  • Charlie Harris
    Charlie Harris Shares Heartfelt Single: “Can You Feel Me”
    July 11, 2026
NetfloristOfferforge
Popular Articles
Zolani Mahola - LIFT Me Higher

Zolani Mahola’s LIFT Anthem Now on Streaming Platforms

July 9, 202627 Views
Carol-Ann Meltzer - Khazimula

An Extensive Interview with Carol-Ann Meltzer (Khazimula)

July 10, 202619 Views
kykNET

Wat’s te sien op die kykNET Kanale in Julie 2026?

July 7, 202619 Views
Charlie Harris

Charlie Harris Shares Heartfelt Single: “Can You Feel Me”

July 11, 202618 Views
Recent Comments
  • Henno Kruger on Park Acoustics: My 2 cents on the 3rd edition of 2015
  • Howard Barber on Park Acoustics: My 2 cents on the 3rd edition of 2015
  • Henk Van Der Schyf on Dr Khumalo: An Interview Before Park Acoustics
  • Jeremy C. Elwell on My 2 cents on Oppikoppi 2016
  • CheraLee on Cindy Alter & CheraLee Release “Be Your Own Hero”
  • Brad Rees on Satanic Dagga Orgy: 10 Interestings Facts You Might Not Know
Categories
Entertainment
3,371 ▼
Music 2,592
Events 241
Interviews 225
Gaming 96
Streaming 89
Humor 48
Movies 34
Television 26
Advertising 20
Featured
580
Hacks
501
Facts
465 ▼
Music Facts 151
Geography Facts 97
Random Facts 39
TV Facts 39
Movie Facts 34
Notable Events 21
Historical Facts 17
Tech Facts 16
Sport Facts 15
Gaming Facts 14
Business Facts 10
Celebrity Facts 8
Technology
330
Opinion
225
General News
136
Quotes
26
Recaps
25
Cool Stuff
18
Product Reviews
13
Facebook X (Twitter) Instagram YouTube Spotify TikTok
© 2026 ThemeSphere. Designed by ThemeSphere.

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.