Sien Francois Van Coke “Stripped Down” in Lockdown

As jy gehoop het “Stripped Down” in die titel beteken jy gaan vir Francois van Coke naak sien, sorry, dit gaan nie gebeur nie (ek’s jammer).

Die COVID 19 pandemie het ons almal uit ons gemaksones gepluk en sterker maatreëls moet geneem word om te kan oorleef. In Francois se geval, gaan hy nie sy klere begin stroop vir ‘n lewe nie, maar dit beteken wel hy gaan die musiek wat hy oor die afgelope 17 jaar geskryf het, tot op die been stroop.

Francois Van Coke - Stripped Down

Op Dinsdag die 28ste April 2020 bied Francois sy eerste regstreekse  webvertoning (livestream) aan vanuit sy huis in Bellville. Dit sal die eerste keer in 10 jaar wees dat Francois 100% op sy eie ‘n vertoning aanpak – net hy en sy akoestiese kitaar, sonder enige bystand van Jedd Kossew, Die Gevaar, Fokofpolisiekar of Van Coke Kartel.

Francois Van Coke praat oor Lockdown en sy “Stripped Down” show

“Ons kan nie live speel nie en dit los nogal ‘n gat in my. Ek speel nou al vir die afgelope twintig jaar live shows op ‘n gereelde basis. Om live te speel het al so ‘n geïntegreerde deel van my lewe en DNA geword en om dit nie te doen nie laat my weird voel.

So, ek het ‘n plan gemaak! Die hele ding is ‘n bietjie scary, nie net om op my eie te perform nie, maar ook om met die klank en streaming tech te deal. Voor lockdown sou ek hulp gekry het,
maar nou hang dit net van my af. Maar dis all good, ek hou van ‘n uitdaging.”

Die beste ding omtrent hierdie regstreekste webvertoning is dat al Francois se ondersteuners van regoor die wêreld op dieselfde tyd saam na sy vertoning kan kyk. Dit is ‘n eerste vir Francois en ook ‘n bewys dat nuwe en goeie dinge van hierdie huidige situasie kan kom.

Meer Inligting oor Francois Van Coke “Stripped Down” in Lockdown

Datum & Tyd: 28 April 2020 @ 20h00

Kaartjies is beskikbaar vir R120 HIER.

Bring jou eie pynappel bier 😉

Ek weet nie van julle nie, maar ek sien nogals uit om hierdie “Stripped Down” show te sien! Dis actually wat die dokter ge-order het!

Die impak van die COVID 19 pandemie op Suid-Afrika se kunstenaars

Sedert die verbod op byeenkomste van 100 plus mense ingestel is op 15 Maart 2020, moes kunstenaars soos Francois baie konsert kansellasies en baie onsekerheid in die musiekindustrie in die oë staar; veral ook omdat niemand weet hoe lank hierdie verbod sal aanhou nie. Alhoewel regstreekse webuitsendings al vir ‘n ruk lank aktief is, het kunstenaars hierdie roete nou op verskillende maniere begin toets.

Vir Francois en sy span was dit belangrik om ‘n soliede livestream platform in werking te stel wat ook in die toekoms gebruik kan word. Nie net vir Francois nie, maar ook vir hul ander projekte. Hulle het saamgespan met livestream kundiges Militia Broadcast, livestream.com en cleeng.com om ‘n 100% soomlose betaal-vir-speel platform te skep vir webvertonings.

Wynand Myburgh (Valkie Van Coke), Francois se bestuurder gee sy inset hieroor

“Dit is belangrik dat kunstenaars munt moet slaan uit hul webvertonings soos hulle vir dekades lank met met live optredes gedoen het. Ek glo ons het ‘n geleentheid om iets te skep wat sal stick, selfs nadat die verbod om byeenkomste gelig word.”

In ander nuus:

Treffers van Francois se nuutste album, Dagdrome in suburbia, het onlangs ‘n paar mylpale behaal – As ek kon het die nommer 1 posisie op Jacaranda FM se SA Top 20 behaal en die musiekvideo vir “Dagdrome in suburbia” het oor die miljoen kyke op YouTube gekry.

Francois is besig tydens die nasionale grendeltydperk:

1. Francois het deel geneem aan die Dan & Friends Lockdown Live Aid Facebook Live konsert op 12 April 2020 om oor die R110 000 in te samel vir die Masiphumelele gemeenskap.

2. Francois en Richard Onraet het ‘n weergawe van “I want to break free” opgeneem. Kyk dit HIER.

3. Hy het ook ‘n baie lekker samewerking met Radio Raps gehad. Kyk dit HIER.

Wees op die uitkyk vir gereelde opdaterings in the Music kategorie op Running Wolf’s Rant.

  • 13
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
    13
    Shares
  • 13
    Shares

Henno Kruger

Blogger, Desktop Activist, Twitter / Facebook Addict, Music Festival Addict, Avid lover of South African music, Founder and owner of Running Wolf's Rant

Leave a Reply