Home Music Suid-Afrika se beste rockgroep, Fokofpolisiekar gaan op toer

Suid-Afrika se beste rockgroep, Fokofpolisiekar gaan op toer

36
0

Fokofpolisiekar het weereens bewys waarom hulle Suid-Afrika se voorste rockgroep is. Die afgelope naweek het hulle die SAMA vir “Best Rock Album” huistoe geneem.

2 van die orkes se mannetjies het even dit reggekry om “Fokof” meer as een keer op nasionale televisie te sê (en dit moet op sig self ook een of ander prestasie wees as julle my vra).

Fokofpolsiekar
  • Save
Foto deur Andre Badenhorst

Die album, Selfmedikasie, is in September 2017 uitgereik en het groot opspraak gemaak as gevolg van die skarefinansieringsveldtog wat rekords laat spat het. Swanesang, die groep se vorige vollengte album, het 11 jaar gelede ook ‘n SAMA gewen in die “Best Afrikaans Rock Album” kategorie.

Fokofpolisiekar sal hul een-en-enigste toer van 2018 einde Junie afskop en gaan uithaal en wys hoekom hulle na 15 jaar saam nogsteeds een van die land se beste groepe is.

Tydens die toer kan gehore uitsien na ‘n kragtige vertoning van 90 minute waar al die ou en nuwe gunstelinge gespeel gaan word. Die vertonings sal herhinder aan die Kirstenbosch Somer Konsert vroeër vanjaar waar Fokofpolisiekar se aangrypende ballade, Komma verfilm is.  Die musiekvideo is vrygestel op 27 Februarie 2018 en spog reeds met meer as 240,000 kyke op YouTube.

READ:  Park Acoustics: An Interview with Zakes from Tidal Waves

Hier is die Fokofpolisiekar toer datums:

  • 29 Junie 2018 – Innibos Rockverhoog, Nelspruit
  • 30 Junie 2018 – Mfasa @ Aloha Island by die Waterfront in Bela-Bela, Limpopo
  • 5 Julie 2018 – Silverstar Barnyard, Krugersdorp
  • 6 Julie 2018 – Rumours Rock City, Johannesburg
  • 7 Julie 2018 – Platteland, Eco Park, Centurion (Nuwe venue)
  • 11 Augustus 2018 – Oppikoppi Nomakanjani, Northam, Limpopo

Ek wil nou nie snaaks wees nie, maar die rock fan in my is baie opgewonde vir hierdie toer. Maak seker jy kry jou kaartjies voor hulle almal uitverkoop anders gaan jy rêrig uitmis. Hierdie gaan epic wees!

Wees op die uitkyk vir gereelde opdaterings in the Music kategorie op Running Wolf’s Rant.

Need to kill some time? Read a random article on Running Wolf's Rant! Click here

Click here to explore all the sections on Running Wolf's Rant

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here