Maak jouself gereed vir “The sound of FOKOF unplugged”

Goeie Nuus! The sound of FOKOF unplugged gebeur binnekort op ‘n skerm naby jou! Aan die einde van November gaan Fokofpolisiekar hul elektriese kitare ontkoppel en oorskakel na hul akoestiese instrumente om ‘n regstreekste stroomkonsert te skep wat baie anders is as hul gewone plofbare klank.

2020 is ‘n intense jaar, so Die Bende is reg om die somer in te sien met akoestiese- en klavier verwerkings van hul musiek. Wat is nou lekkerder as ‘n lui Sondagmiddag met ‘n Fokof Lager of ‘n glas Marras wyn in jou hand, ‘n braai wat aan die gang is; omring deur vriende en familie wat almal hul gunsteling Fokof liedjies saamsing? Sien uit om Fokof liedjies te hoor soos nog nooit tevore nie. Sien uit na The Sound Of FOKOF unplugged. Do-Re-Fokn-Mi!

Fokofpolisiekar - Fokof Unplugged

The Sound Of FOKOF unplugged sal regstreeks gestroom word vanaf die kunstenaar, Lionel Smit, se studio in Somerset Wes (in die Wes-Kaap).

Francois Van Coke praat oor The Sound Of FOKOF unplugged

“Ons het nog nie weer ‘n volle ‘unplugged’ vertoning gedoen sedert die Monoloog albumbekendstellingstoer in 2005 nie.  Dit is exciting omdat ons hope liedjies sedertdien geskryf het wat ons kan verwerk vir hierdie konsert. Ek sien uit om ons nuutste ballade, Teen die wet, vanaf ons nuutste EP, te perform. Ek is ook amped om songs soos Paranoïa, wat ons nooit opvoer nie, te perform.”

Jaco “Snakehead” Venter verduidelik wat om te verwag

“Net soos met ons 17de verjaardag livestream wil ons iets maak wat uniek is en wat vir jare vorentoe onthou sal word. 2020 is ‘n mal jaar en deur hierdie show te livestream, dokumenteer ons hoe ons hierdie jaar afgesluit het. Die beste deel is dat enige iemand deel kan wees van hierdie historiese oomblik – skakel net in.”

Wat om te verwag van die #fokofunplugged livestream:

1. Dit sal die eerste Fokof akoestiese vertoning in jare wees;

2. Fokof liedjies opgevoer word op ‘n manier wat jy lanklaas gehoor het of selfs óóit;

3. Hierdie Sondagmiddag konsert en die idee is om dit te geniet terwyl jy braai of uithang saam met vriende en familie;

4. Eendersdenkende mense van regoor die wêreld wat die konsert saam kyk;

5. Regstreekse Zoom-kamers waar mense met mekaar, sowel as die band interaksies het;

6. Regstreekste interaksies met die band via sosiale media;

7. Lewer kommentaar en praat met mekaar op die livestream-blad se ‘geselsboksie’;

8. Hope Fokof Lager en Marras wyn wat geniet word – verantwoordelik, natuurlik!

Hoe dit gaan werk:

1. Kaartjiehouers sal ‘n unieke skakel ontvang sodra hul bestelling verwerk is by iTickets. Op die dag van die konsert sal die kaartjiehouer weer ‘n e-pos ontvang met die unieke skakel na die vertoning. Met hierdie skakel sal jy toegang kry na die livestream deur die e-posadres waarmee jy geregistreer het, plus jou bestellingsnommer in te tik.

2. Die maklikste opsie is om jou skootrekenaar deur middel van ‘n HDMI-kabel aan jou TV te konnekteer.

3. Indien jy ‘n toestel (Apple TV, Google Chromecast, ens.) het wat kan ‘airplay’ of ‘screen mirror, sal jy dit vanaf jou foon tot daardie toestel kan speel.

4. Die ander alternatief is om die konsert op jou slimfoon of tablet in jou hand of op jou skootrekenaar te kyk, met maklike toegang tot die videospeler se ‘geselsboksie’.

Meer oor FOKOF Unplugged deur die jare

In 2005 het Die Bende Monoloog in stereo uitgereik. Hierdie album het ‘n meer versagte klank gehad as die vorige twee punk rock vrystellings.

“Ons het besef dat daar min musieklokale is wat harde ‘rock shows’ kan akkommodeer. Met ‘n vertoning wat meer gestroop is, kon ons by meer plekke regoor die land speel tydens toere.” sê Johnny de Ridder.

Vanaf 2007 het Fokofpolisiekar minder begin optree en het hierdie gestroopte vertonings weggeval, behalwe vir ‘n paar konserte by Barnyard Teaters en Kirstenbosch waar die groep hul rock vertoning met ‘n akoestiese stel sou afskop.

“Die akoestiese shows was maar ek wat oorskakel na ‘n akoestiese kitaar en ons wat die Monoloog liedjies en ‘n paar ander rustiger weergawes van liedjies soos Ek skyn (heilig) en Klipgooi glashuis, speel. Ek sou dit nie ontkoppel of selfs akoesties noem nie. Dis meer soos ligte rock.” sê Hunter Kennedy.

Om hierdie mal COVID-jaar mee af te sluit en in sy maai te stuur, het Fokof besluit om ‘n volle ontkoppelde konsert te hou. Dit sal heel moontlik hul laaste regstreekse stroomkonsert wees.

Met die beperkings op byeenkomste wat saam met COVID-19 gekom het, moes ons oorskakel na livestreaming om ‘n inkomste te genereer, maar mens kan net soveel keer livestream. So hierdie is potensieel ons laaste een, maar hierdie een sal iets baie spesiaal wees waarin ons ondersteuners, familie en vriende van regoor die wêreld regstreeks kan deel wees. Dit is die beauty van livestreaming – ‘n vertoning wat onmiddelik in ‘n internasionale konsert verander.”Wynand Myburgh.

Die “Teen Die Wet”  musiek video word later vandag uitgereik

Teen die Wet” is klavier-gedrewe ballade vanaf Fokofpolisiekar se nuutste kortspeler, Kajuitkoors, wat in Oktober vanjaar vrygestel is. Bekende kunstenaar, Lionel Smit, het die musiekvideo verfilm terwyl die manne Kajuitkoors by Sunset Studios opgeneem het.

Die musiekvideo vang die studio op die Wechmarshof-landgoed se skoonheid en die groepslede se gevoelens tydens “Teen de wet” se opname mooi vas. Hunter Kennedy verduidelik: “Dit gaan oor die sielkundige effek van die inperking. Ek het al ‘n paar keer trane gestort as ek dit luister en dink aan die horror stories van lockdown wat niks te doen het met die siekte nie.”

Na die YouTube premiere om 8 NM, gaan die vyf Fokfopolisiekar-lede regstreeks op Facebook om met hul aanhangers te gesels oor die stroomkonsert, die nuwe musiekvideo, en die Kajuitkoors kortspeler.

Wees op die uitkyk vir gereelde opdaterings in die Music kategorie op Running Wolf’s Rant.

Share This
  • 36
  • 6
  •  
  • 1
  •  
  •  
  •  
  •  
    43
    Shares
  •  
    43
    Shares
  • 36
  • 6
  •  
  • 1
  •  
  •  
  •  

Serious About Online Privacy? Sign up for NordVPN or Surfshark NOW!

Starting your own website? Get affordable web hosting @ HostGator.

Henno Kruger

Blogger, Desktop Activist, Twitter / Facebook Addict, Music Festival Addict, Avid lover of South African music, Founder and owner of Running Wolf's Rant

Leave a Reply