Van Pletzen Debuut Album nou beskikbaar

0
402
views

Van Pletzen se missie is om ‘n lekker en ergie te versprei en met die vrystelling van hul debuut album, KakLekke Vibe, is dit presies wat hulledoen. Die album is Vrydag, 23 Maart 2018 vrygestel.

Die elektroniese Afrikaanse super-duo bestaan uit Peach van Pletzen (Bittereinder, Yesterday’s Pupil en destyds ook Oorlog Frankenstein) en Matthieu Auriacombe a.k.a. Nik Nax (Hello Beautiful en Beach Party).

Van-Pletzen-Goud_by-PJ-Kotze Van Pletzen Debuut Album nou beskikbaar

Hulle het die hele Suid-Afrika aan die dans gehad met hul enkel treffers, “Eiland Styl” en “Goud” (wat reeds in 2017 vrygestel is). Hulle heel eerste vertoning was by Oppikoppi in 2017.

Van Pletzen maak dikwels gebruik van humor, maar net omdat hulle soms snaaks is beteken dit nie dis ‘n grapnie. Hulle bied wêreld-klas produksie waarde en hul optredes is iets besonders.

“In ‘n wêreld waar mense bitter ernstig geword het en dikwels vurig op social media veg en debateer oor issues en non-issues waaroor hul eintlik niks omgee nie, bied ons eerder ‘n escape van dit as om te comment of om deelte neem aan die gesprekke,”sê Peach.

 Hulle verkies om eerder briljante videos te maak en só groot genot op sosiale media te versprei. Van Pletzen glo mense moet hulself nie te ernstig opneem nie en meer moet lag. Hulle glo mense moet hul inner-kind vind en onthou dat hulle die lewe moet geniet. Volg hulle gerus op sosiale media om te kyk wat hulle volgende aanvang.

Die album bestaan uit 10 liedjies en almal is sy eie klein wêreld. Die rapper, Early B, is die enigste samewerker op die album en hy is te hoor op 4 van die liedjies. Kry die KakLekke Vibe album hier.

Die Beats Amazing met Early B is die eerste enkelsnit. Kyk uit vir die musiekvideo wat vroeg in April 2018 vrygestel gaan word.  Die album is geskryf en opgeneem in Johannesburg in 2017 by Peach se studio. Die album is ook vermeng deur Peach.

Peach is al sedert 2005 voltyds in die musiekbedryfen was al betrokke by van die land se grootste kunstenaars en vertonings. In 2011 het Peach as drommer voor 35.000 mense opgetree in Gelredome Stadium in Nederland en is sedertdien elke jaar terug vir vertonings saam met óf Bittereinder, Yesterday’s Pupil of The Queen Experience.

Van-Pletzen Van Pletzen Debuut Album nou beskikbaar

Van Pletzen gaan binnekort by Lush Festival (naby Clarens in die Vrystaat) en by Lekkerland Kanrivaal in Dullstroom optree.  Maak gereed vir jou hare om weg geblaas te word.

Wees op die uitkyk vir opdaterings in the Music kategorie op RWR.

Join more than RWR 3,000 Wolf Cubs who receive email updates - Click here to join our pack.

Want to earn Bitcoin for completing small tasks and answering emails? Click here

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here