Close Menu
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Subscribe
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Home » Music Videos » Vrede Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Klein Wêreld”

Vrede Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Klein Wêreld”

Blitsoorsig: Vrede, bestaande uit Francois Roux en Storm Opperman, se vierde singles "Klein Wêreld" behandel die uitdagings van jongvolwassenes wat hul tuise verlaat. Die liedjie bied tong-in-kies kommentaar op self-onderhoud en die proses om nuwe vriende in 'n vreemde stad te vind na hul skuif na Johannesburg.

Henno KrugerBy Henno KrugerJune 9, 2023No Comments4 Mins Read Music Videos 46 Views
Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link

“Klein Wêreld” is Vrede se vierde enkelsnit en volg op die vrystelling van hul liedjies, “Perspektief”, “Onskuld van ‘n kind” en “Die Son”. Al drie enkelsnitte is uiters goed op radio ontvang en beide “Perspektief” en “Onskuld” van ‘n Kind’ het nommer een op Reputasie se Alternatiewe top 40 behaal.

Meer inligting oor ‘Klein Wêreld’

Jou universiteits jare word beskou as die lekkerste tye in jou lewe. Dis ‘n tyd vir vriende, selfontdekking en waar die enigste veranwoordelikheid wat jou in die oë staar is om jou graad te slaag.

Vrede - Afrikaanse Band

Alle goeie dinge kom ongelukkig ook tot ‘n einde en as die ‘jol’ verby is is daar die besef dat jy jou vriende en jou gemaksone moet verlaat en jou eie potjie erens moet gaan krap. Die is die temas wat Vrede, wat bestaan uit sangers Francois Roux en Storm Opperman, in hul nuwe enkelsnit getiteld “Klein Wêreld” bespreek.

Beide Francois en Storm is skaars 26, maar hulle speel reeds soos gesoute musikante en het al die verhoog gedeel met Spoegwolf, Die Heuwels Fantasties, Francois van Coke, Fokofpolisiekar, Riaan Benadé, Elandré, Juan Boucher, Karen Zoid en Dozi.

IQ AcademyOfferforge

Kyk die video vir Vrede se “Klein Wêreld” hier onder:

YouTube video player

Meer inligting oor Vrede

Vrede is gereeld te sien by groot feeste soos Mieliepop en Park Acoustics en is ook hierdie jaar genooi om by Innibos op te tree waar hulle, onder andere, die verhoog sal deel met Zaan Sonnekus, Loufi, Droomsindroom en Rubber Duc.

Vrede het egter nie oornag sukses behaal nie, en dit het baie harde werk van die manne geverg om tot op hierdie punt te kom. ‘Klein Wêreld’, wat beskryf word as ‘n lekker brandewyn en braai liedjie, lewer tong-in-kies kommentaar op die ongemaklike oorgang wat jong mense beleef tussen hul universiteitsjare en die volwassenheid.

‘’Ons het groot geword in Stellenbosch, ons het daar geswot en ons vriende en familie is daar, maar ons moes wegbreek van ons van alles wat ons geken het in die Wes-Kaap om iets van ons self te probeer maak,’’ deel Francois.

NetfloristOfferforge

Die manne het Johannesburg toe getrek om voltyds musiek te maak, maar maar hulle het vining besef dat dinge anders gaan wees.

In “Klein Wêreld” se lirieke sing Francois en Storm: “Dinge raak nou vinnig, gooi maar ‘n blinde oog, praat met die wind en sien hoe alles op die ou end uitdraai.” En dit gaan oor hoe hulle self moes regkom toe hulle na vreemde stad toe getrek het.

“Ons ouers het gesorg toe ons op Universiteit was, maar toe ons hier kom het hulle gesê ons moet self sien-kom-klaar. Dit was ‘n moeilike les, maar dit was ‘n waardevolle les, want ek en Storm het geleer om op ons eie voete te staan.” lag Francois.

Vir Storm was die moeilikste les da thy sy eie wasgoed moes leer doen. “Ek het altyd gedink ons het ‘n ‘laundry leprechaun’ want ek het my vuil klere in die mandjie gelos en as ek weer gvekyk het was dit skoon en netjies gevou in my kas, vandag besef ek dit was my ma.” grap hy.

Vrede het nie net ‘n sukses van hul musiek loopbaan gemaak nie maar hulle het ook onlangs hul eerste wasmajien gekoop. ‘”Jy weet jy word ‘n volwassene as jy opgewonde raak oor iets soos ‘n wasmajien of die feit dat jy drie sakkies ‘groceries’ op een slag kan koop.” terg Storm.

Die liedjie bespreek ook ‘n teerder deel van grootword. Die lirieke wat lui: “groete van die wegloop kind, het my altyd hartseer gemaak want dit voel as of ons, ons mense verwaarloos het.” ondersoek hoe jy dit wat gemaklik is moet verruil vir die onbekende.

“Ons moes ons vriende en almal, wie ons ken agterlaat, toe ons Gauteng toe gekom het. Dit was moeilik maar ons het vinnig weer ons mense gevind. Jy besef skielik jy sal jou mense vind waar jy is. Dis eintlik ‘n klein wêreld.” sê Francois.

Jy kan “Klein Wêreld” HIER stroom / aflaai.

Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music Videos kategorie op Running Wolf’s Rant.

Jy sal dalk ook hiervan hou

  • Vrede Bring ‘n Nuwe Enkelsnit “Huistoe”

    Vrede
    Music Videos 15 Dec 2025

    Afrikaanse duo Vrede vrygestel "Huistoe", hul debuut-titelnummer wat oor lewenskeuses, groei en menslike verbondenheid handel.

    Vrede Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Tevrede”

    Vrede
    Music Videos 3 Jun 2025

    Vrede se nuwe Afrikaanse lied "Tevrede" roep jou op om stil te staan en dankbaarheid te vind in eenvoudige oomblikke van liefde en teenwoordigheid.

  • Vrede Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Hemel Op Die Aarde”

    Vrede - Hemel Op Die Aarde
    Music News 18 Nov 2024

    Afrikaanse duo Vrede stel hul nuwe lied "Hemel Op Die Aarde" bekend, 'n sielvolle nommer oor hoop, tuiskoms, en die toekoms in Suid-Afrika.

    Winter Hotel Open Sy Deure Met “Heuning”

    Winter Hotel
    Music Videos 5 Aug 2026

Sluit Aan By Die Wolfpak

📻 Teken in op ons Nuusbrief

Help Om Ons Aan Die Gang Te Hou

☕ Ondersteun Ons

Verken Running Wolf's Rant

🎥 Check ons Screen Hub uit🎵 Check ons Music Hub uit🇮🇿 Besoek die Afrikaanse Hoekie📅 Check bietjie Upcoming Events uit🎤 Check die SA Gig Guide uit
Afrikaans Klein Wêreld Vrede
Share. Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link
Henno Kruger

Music Lover, Avid Festival Goer and Founder and Owner of Running Wolf's Rant.

Leave A Reply Cancel Reply

IQ AcademyOfferforge
Nog Artikels
  • John Rock Prophet Reik Bittersoet Enkelsnit uit: "Charlene" 1
    John Rock Prophet Reik Bittersoet Enkelsnit uit: “Charlene”
    August 5, 2026
  • Man As Machine - Impossible Sea
    “Impossible Sea”, Man As Machine’s New Single Released
    August 3, 2026
  • Shortstraw - Rubber Arm
    “Rubber Arm”, The New Shortstraw Single Has Arrived
    August 3, 2026
  • Lee Cole - Fool
    On New Track “Fool”, Lee Cole Confronts Self-Betrayal
    August 1, 2026
  • Manfred Zipfel
    Manfred Zipfel’s “Sunshine” Brings Hope Through Simplicity
    July 31, 2026
  • Bangkinders - Francois Van Coke
    “Bangkinders”, Francois van Coke se Nuwe Punk Snit Is Hier
    July 31, 2026
  • A New Country Anthem: "Keep On Kickin" by Hendry & Serrao 2
    A New Country Anthem: “Keep On Kickin” by Hendry & Serrao
    July 30, 2026
  • Millennium - Brooklyn Bachelor
    Met “Brooklyn Bachelor” Skop Millennium Die Deur Oop
    July 28, 2026
Populêre Onderwerpe
South Africa 3,252
Rock 611
Useful Tips 562
Afrikaans 512
Cape Town 332
USA 331
Pretoria 303
Johannesburg 285
Festivals 196
UK 179
Facebook X (Twitter) Instagram YouTube Spotify TikTok
© 2026 ThemeSphere. Designed by ThemeSphere.

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.