Close Menu
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Subscribe
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Home » Music News » Hanru Niemand reik ‘Opgrawings vir ‘n Lugkasteel’ uit

Hanru Niemand reik ‘Opgrawings vir ‘n Lugkasteel’ uit

Blitsoorsig: Hanru Niemand, Afrikaanse sanger-liedjieskrywer en sielkundige uit die Boland, het sy nuwe album 'Opgrawings vir 'n Lugkasteel' uitgereik. Die album bestaan uit twee dele: Kant A met solo-opnames van reeds bekende liedjies, en Kant B met vier splinternuwe songs wat hy saam met ander musikante opgeneem het.

Henno KrugerBy Henno KrugerJune 5, 2020No Comments3 Mins Read Music News 39 Views
Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link

Hanru Niemand het sy nuwe album, ‘Opgrawings vir ‘n Lugkasteel’ uitgereik. Dis sy 4de studio album sedert 2006.

Hanru is ʼn veelsydige Afrikaanse sanger-liedjieskrywer afkomstig uit die Boland, waar hy bedags ook as sielkundige praktiseer. As musikant het hy sedert 2003 stil-stil vir homself naamgemaak onder musiek-kenners en spog hy vir amper twee dekades reeds met ʼn klein kultus-aanhang van musikale fynproewers wat strek van die Kaap tot die Noorde. Van sy werke is ook al na Fins en Russies vertaal deur vooraanstaande vertalers vir die genot van oorsese gehore.

Hanru Niemand - Opgrawings vir 'n Lugkasteel

Tot op hede het drie van Hanru Niemand se albums die lig gesien: ‘Tot Stilte’ (2006), ‘Roepwoorde’ (2010) en ‘Kreeftegang‘ (2016). Hierdie winter brei hy sy oeuvre uit met die toevoeging van ʼn splinternuwe album, getiteld ‘Opgrawings vir ʼn Lugkasteel’ (2020).

Meer inligting oor ‘Opgrawings vir ‘n Lugkasteel’

Die album is vervaardig deur die talentvolle en enigmatiese Riku Lätti onder die vaandel van Die Wasgoedlyn Musiek. Finale meng- en meesterwerk is behartig deur Willem Möller, ʼn ewe indrukwekkende musikant wat vlerk gesleep het as Meneer Volume gedurende die eertydse Voëlvry-toer en deesdae werk as kopieskrywer en musiek-rangskikker in die Moederstad.

NetfloristOfferforge

Hanru verduidelik die album

“Die album is deels retrospektief, soos ‘n argeoloog wat opgrawings doen by ‘n antieke stad. Die opgraafwerk is egter ook gelyk aan ‘n post mortem wat wys hoe dinge skeefloop en die verval vastrapplek gekry het.”

Soos ʼn goeie ou ‘mix tape’ bestaan ‘Opgrawings vir ʼn Lugkasteel’ uit ʼn Kant A en ʼn Kant B

“Kant A (Voetstoots) bevat songs wat ek dikwels live uitvoer. Die idee hier was om die musiek so na as moontlik aan ‘n live uitvoering te laat klink, daarom is die kitaar en stem gelyktydig opgeneem, anders as die moderne neiging om tracks apart op te neem. Van die snitte op Kant A is voorheen op ander albums opgeneem, maar ek wou juis weergawes van hulle boekstaaf soos ek hulle meestal doen – solo, net ek en die kitaar en die bekfluitjie,”

Die liedjies wat op hierdie manier opgeneem is ‘Kreeftegang Wals’, ‘Avis Tannie’, ‘Gert Vlok Nel’, ‘Land van Kaïn’, ‘Worcester Woorde’, en ‘Verlange’. Hanru se getroue aanhangers sal hierdie liedjies herken as dié wat gereeld deur gehore aangevra word by optredes.

Opgrawings vir 'n lugkasteel

“Kant B (Ruïnes) bring iets heeltemal anders na die tafel. Dit bevat vier splinternuwe songs – ‘Freaky Joe’, ‘Morsige Momsen’, ‘Tiran’, en ‘Die prinses se lied’. Elkeen van hierdie liedjies wentel om ‘n hoofkarakters wat hulself op een of ander manier in die moeilikheid bevind. Hier speel ek saam met ʼn reeks wonderlike musikante wat elkeen ʼn spesiale dimensie aan die musiek verleen.”

NetfloristOfferforge

Die musikante wat saam met Hanru op Kant B optree is Wilken Calitz op viool, Riku Lätti op klavier, Mark Ellis op baskitaar, Jean Marais op tromme en Jacobus Grimm as agtergrondsanger. Die voorblad-kuns vir ‘Opgrawings vir ʼn Lugkasteel’ is ʼn oorspronklike skildery deur Evert Esterhuizen wat digitaal deur grafiese ontwerper Corli Sadie rangskik is.

Luister na ‘Opgrawings vir ʼn Lugkasteel’ HIER

Wees op die uitkyk vir gereelde opdaterings in die Music News kategorie op Running Wolf’s Rant.

Wil jy jou besigheid, gebeurtenisse, produk of diens bemark? Ons kry meer as 14,000 bladsy-kyke elke maand! Kontak Ons vir bemarkings en reklame opsies.

NetfloristOfferforge

Jy sal dalk ook hiervan hou

  • Jack White December 2026 South African Tour: All The Deets

    Jack White December 2026 South African Tour: All The Deets 1
    Upcoming Events 7 Sep 2026
  • Dave Koz January 2027 South African Tour: All The Deets

    Dave Koz
    Upcoming Events 5 Sep 2026
  • Amy Tjasink turns Deep South memories into “Valley Girl”

    Amy Tjasink
    Music News 24 Aug 2026
  • Piano People South Africa: November & December 2026

    Piano People Featured
    Upcoming Events 22 Aug 2026

Sluit Aan By Die Wolfpak

📻 Teken in op ons Nuusbrief

Help Om Ons Aan Die Gang Te Hou

☕ Ondersteun Ons

Verken Running Wolf's Rant

🎵 Check ons Music Hub uit🇮🇿 Besoek die Afrikaanse Hoekie📅 Check bietjie Upcoming Events uit🎤 Check die SA Gig Guide uit
Afrikaans Cape Town Hanru Niemand South Africa
Share. Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link
Henno Kruger

Music Lover, Avid Festival Goer and Founder and Owner of Running Wolf's Rant.

Leave A Reply Cancel Reply

NetfloristOfferforge
Nog Artikels
  • Southern Wild
    Southern Wild sign to Just Music for Long-awaited 2nd Album
    September 9, 2026
  • Shortstraw
    Shortstraw Releases New EP: “Everything In Between”
    September 7, 2026
  • Lyra K
    Lyra K Releases Debut Album: “Seasons”
    September 4, 2026
  • Kabaal Klankbaan
    Kabaal Klankbaan Keer Terug Met “Weer Probeer”
    August 29, 2026
  • Maustrack
    MAUStrack Launches to Give SA Music Creators Royalty Visibility
    August 27, 2026
  • Tim Hendricks
    Tim Hendricks Releases New Track: “After Midnight”
    August 26, 2026
  • Audiomack
    Audiomack deepens its commitment to South Africa
    August 25, 2026
  • Lady Zamar
    Lady Zamar returns with new single: “RomantiQUE”
    August 24, 2026
NetfloristOfferforge
Populêre Onderwerpe
South Africa 3,287
Rock 614
Useful Tips 563
Afrikaans 515
USA 335
Cape Town 335
Pretoria 304
Johannesburg 290
Festivals 199
UK 178
Facebook X (Twitter) Instagram YouTube Spotify TikTok
© 2026 ThemeSphere. Designed by ThemeSphere.

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.