Close Menu
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Subscribe
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Home » Music News » Kabaal Klankbaan Keer Terug Met “Weer Probeer”

Kabaal Klankbaan Keer Terug Met “Weer Probeer”

Blitsoorsig: Die Gautengse folk-rock orkes Kabaal Klankbaan het nuwe musiek vrygelaat na 'n pouse sedert 2023. Hul nuwe snit "Weer Probeer" beweeg weg van elektoniese klanke en keer terug na warm, akoestiese orkes-arrangements wat akoestiese kitaar en klavier beklemtoon. Die liedjie handel oor kwetsbaarheid en die moed om weer op te staan.

Henno KrugerBy Henno KrugerAugust 29, 2026No Comments2 Mins Read Music News 223 Views
Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link

Na aanhangers vir ‘n rukkie moes wag sedert hul 2023-elektropopalbum, Ek’s Steeds Onstabiel, is die Gautengse folk-rock orkes Kabaal Klankbaan terug met splinternuwe musiek.

Hul nuwe enkelsnit, “Weer Probeer”, is vanaf 28 Augustus 2026 beskikbaar en stel ‘n deurslaggewende vraag voorop: “Sien jy nog kans vir oorbegin?”

Kabaal Klankbaan

’n Skuif na akoestiese egtheid vir Kabaal Klankbaan

In ‘n groot wegbeweeg van die elektroniese klanke van hul vorige werk, skakel “Weer Probeer” oor na warm, organiese orkes-klanke.

Die liedjie word gedryf deur akoestiese kitare en klavier, waar opregte sang en lewendige opnames die botoon voer om ‘n tydlose en intieme atmosfeer te skep.

NetfloristOfferforge

Liedjieskrywer en hoofsanger Floris Groenewald verduidelik dat die snit soos ‘n skoon bladsy voel na ‘n stilte van ‘n paar jaar.

Dit handel oor hart-op-die-mou kwesbaarheid, die moed om weer op te staan, en die begeerte om ‘n nuwe kans te waag ten spyte van onsekerheid.

Vir die produksie het die orkes hande gevat met die Pretoria-gebaseerde vervaardiger en Bad Peter-musikant Alwyn Bekker.

Volgens Floris het Alwyn se ervare oor en vars idees gehelp om die kern van die liedjie perfek te laat klink. Die finale snit is by Alwyn Bekker Studios opgeneem, gemeng en gemeester.

NetfloristOfferforge

Jy kan die liedjie HIER stroom/aflaai.

Wat luisteraars kan verwag

Hoewel Kabaal Klankbaan nog besig is om hul vere reg te skud vir ‘n verhoogterugkeer, kan aanhangers uitsien na nog nuwe musiek wat voor die einde van die jaar vrygestel sal word.

In geval jy nie geweet het nie, Kabaal Klankbaan is ‘n Johannesburgse indie folk-rock-projek onder leiding van Floris Groenewald.

Wat in die laat 2000’s as ‘n DIY-slaapkamerprojek begin het, het gegroei tot ‘n volwaardige tweetalige rockorkes wat onkonvensionele humor meng met opregte storievertelling, van alternatiewe folk-rock tot bluesy rock en roll.

NetfloristOfferforge

Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music News kategorie op Running Wolf’s Rant.

Wil jy jou besigheid, gebeurtenisse, produk of diens bemark? Ons kry meer as 14,000 bladsy-kyke elke maand! Kontak Ons vir bemarkings en reklame opsies.

Jy sal dalk ook hiervan hou

  • Kabaal Klankbaan Releases “Rain Checks and Read Receipts”

    Kabaal Klankbaan
    Music Videos 16 Jun 2026
  • Kabaal Klankbaan Reik “Stagefreight” Musiekvideo Uit

    Kabaal Klankbaan - Stagefright
    Music Videos 6 Dec 2023
  • Kabaal Klankbaan Reik Nuwe Album Uit: “Ek’s Steeds Onstabiel”

    Kabaal Klankbaan
    Music News 22 Nov 2023
  • Kabaal Klankbaan Reik “Stilswye” Uit

    Kabaal Klankbaan - Stilswye
    Music News 30 Oct 2023

Sluit Aan By Die Wolfpak

📻 Teken in op ons Nuusbrief

Help Om Ons Aan Die Gang Te Hou

☕ Ondersteun Ons

Verken Running Wolf's Rant

🎵 Check ons Music Hub uit🇮🇿 Besoek die Afrikaanse Hoekie📅 Check bietjie Upcoming Events uit🎤 Check die SA Gig Guide uit
Afrikaans Kabaal Klankbaan South Africa Weer Probeer
Share. Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link
Henno Kruger

Music Lover, Avid Festival Goer and Founder and Owner of Running Wolf's Rant.

Leave A Reply Cancel Reply

NetfloristOfferforge
Teken in op ons Nuusbrief

Vul jou e-pos adres in om opdaterings in jou Inboks te kry

Nog Artikels
  • Birdie
    Birdie Releases New Single: “Mananga”
    September 21, 2026
  • Sonder Onderbroeke
    Sonder Onderbroeke Reik “Sê My Hoe?” Uit
    September 18, 2026
  • Cailyn Shelby
    Cailyn Shelby Releases New Single: “Addicted To You”
    September 18, 2026
  • Kerk Straat
    Kerk Straat Gee Nuwe Lewe Aan Karen Zoid se “Engel”
    September 17, 2026
  • Sentiment - Ek Wil Jou Sien
    Sentiment Reik Debuut Enkelsnit Uit: “Ek Wil Jou Sien”
    September 14, 2026
  • Booshle G
    Booshle G. lets love lead on new single: “Miracle”
    September 14, 2026
  • Mila Smith
    Mila Smith Releases Debut Album: “Not My Circus”
    September 11, 2026
  • Kelly Khumalo
    Kelly Khumalo Releases New Single: “Merry Go Round”
    September 11, 2026
NetfloristOfferforge
Populêre Onderwerpe
South Africa 3,307
Rock 615
Useful Tips 564
Afrikaans 521
Cape Town 338
USA 336
Pretoria 305
Johannesburg 291
Festivals 200
UK 178
Facebook X (Twitter) Instagram YouTube Spotify TikTok
© 2026 ThemeSphere. Designed by ThemeSphere.

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.