Close Menu
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Subscribe
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Home » Music News » Kabaal Klankbaan Reik Nuwe Album Uit: “Ek’s Steeds Onstabiel”

Kabaal Klankbaan Reik Nuwe Album Uit: “Ek’s Steeds Onstabiel”

Blitsoorsig: Kabaal Klankbaan se Floris Groenewald het sy vierde album "Ek's Steeds Onstabiel" vrygestel na twee voorafgaande radio-enkel. Die album het tien jaar in wording en bevat 'n mengsel van Afrikaanse en Engelse liedjies. Dit is vervaardig deur Matthieu Auriacombe en eksploreer temas soos vrees, angs, en liefde met 'n nuwe electro-pop klank en eksperimentele geluide wat van vorige werk verskil.

Henno KrugerBy Henno KrugerNovember 22, 2023No Comments3 Mins Read Music News 48 Views
Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link

Laas week Vrydag het die vrystelling van ’n splinternuwe album vanaf Kabaal Klankbaan, genaamd Ek’s Steeds Onstabiel gesien. Die album kom na die vrystelling van twee radio enkelsnitte vanaf die album, naamlik “Stapelgek” in September 2023, en “Stilswye” ft Jaco Van Der Merwe in Oktober 2023.

Die vierde offisiële album aanbieding vanaf Kabaal Klankbaan se breinkind Floris Groenewald, is alreeds 10 jaar in wording

Floris noem dat ’n demo-weergawe van die album definitief omtrent tien jaar terug reeds bestaan het, maar oor die jare het die projek telkemale stil gestaan terwyl hy aan ander musiek gewerk het. Die album bevat Afrikaanse en Engelse liedjies, omdat Floris nog altyd Kabaal Klankbaan as a ’n tweetalige projek gesien het, net soos hy ’n tweetalige mens is. Hy sien dit as ’n meer eerlike manier om liedjies volgens tema en inhoud te groepeer, eerder as volgens taal.

Kabaal Klankbaan

Ek’s Steeds Onstabiel is vervaardig deur Matthieu Auriacombe van Hey Gang Studios en bevat verskeie deurlopende temas. Die album was deels ’n eksperiment om die konsep van ‘n mixtape/CD en ‘n album te kombineer, waar Floris sy eie liedjies met dié van ander skrywers kombineer om ‘n nuwe betekenis te vorm.

Nog ’n kernkonsep was die opgeneemde stem wat praat op sekere foonoproepe, wat dinge sê soos ‘For enquiries, press one’ en ‘For help, press zero’ – die masjien wat ons begelei eerder as ‘n mens, en hoe mens soms eintlik net ‘n mens se ‘hulp’ nodig het. Laastens, wou Floris ook speel met klanke en genre, en musiek uitgee wat anders klink as sy vorige werk – met elektroniese en synthesizer-klanke, samples, en gasverskynings.

IQ AcademyOfferforge

Die brein agter Kabaal Klankbaan vertel ons meer

“Ek het aanvanklik oorweeg om die album ‘For help, press zero’ te noem, want die album handel oor verskeie geestestoestande soos vrees, angs, paranoia, maar ook ambisie, liefde, en drome – en die soeke na hulp om dit te verwerk. Maar dit word in ‘n relatiewe ligte, alledaagse, en soms tong-in-kies manier benader.”

Met die uitgangspunt om elke album anders as sy vorige werk te laat klink, bevat Ek’s Steeds Onstabiel ’n meer electro-pop klank wat 1980s nostalgie opwek met eksperimentele liedjies en meer gasverskynings as Floris se vorige werk. ‘Moss doesn’t grow on a rolling stone’ en Floris doen nog altyd dinge op sy eie manier wanneer dit by Kabaal Klankbaan kom. Die album is iets nuut en vars; musiek met ‘folk roots’ en liedjies met stories en gevoelens wat agterna by luisteraars sal bybly wanneer die lekker-luister oorwurm reeds vergaan het.

Eks Steeds Onstabiel - Kabaal Klankbaan

Floris som die album vir ons op

“Soveel soos ek soms voel dat ek op n goeie plek is en die lewe redelik uitgefigure het, is daar nog altyd dae wat dinge bietjie onstabiel voel (in my kop) – en ek dink ons almal voel so. Dis ook (saam met die omslagkuns) ‘n lekker speelse verwysing na ’n onstabiele geestestoestand, wat die tema en gevoel van die album mooi opsom.”

“Aanhangers kan uitsien na vele verrassings. Ek dink ons het nuwe ruimtes ontdek en nuwe rigtings ingevaar met hierdie produksie, en dit bied liedjies wat bietjie anders klink en voel as vorige Kabaal Klankbaan musiek, en vars interpretasies van ‘n paar bekende liedjies.”

NetfloristOfferforge

Jy kan die album HIER stroom / aflaai.

Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music News kategorie op Running Wolf’s Rant.

Jy sal dalk ook hiervan hou

  • Kabaal Klankbaan Releases “Rain Checks and Read Receipts”

    Kabaal Klankbaan
    Music Videos 16 Jun 2026

    Johannesburg indie-folk project Kabaal Klankbaan releases "Rain Checks and Read Receipts," a modern cowboy ballad exploring digital isolation and heartbreak.

    Kabaal Klankbaan Reik “Stagefreight” Musiekvideo Uit

    Kabaal Klankbaan - Stagefright
    Music Videos 6 Dec 2023

    Kabaal Klankbaan het 'n nuwe musiekvideo vir "Stagefright" vrygestel, 'n liedjie wat 13 jaar gelede as speelse openingsnommer begin het.

  • Kabaal Klankbaan Reik “Stilswye” Uit

    Kabaal Klankbaan - Stilswye
    Music News 30 Oct 2023

    Kabaal Klankbaan het "Stilswye" vrygestel, 'n nuwe enkel in samewerking met Jaco Van Der Merwe van Bittereinder, vanaf hul komende vierde album.

    Kabaal Klankbaan Stel Nuwe Enkelsnit Vry: “Stapelgek”

    Kabaal Klankbaan - Stapelgek
    Music News 5 Sep 2023

    Kabaal Klankbaan se nuwe radiosnit "Stapelgek" is 'n donker herinterpretasie van 'n bestaande liedjie oor obsessie, wat op 1 September vrygestel is.

Sluit Aan By Die Wolfpak

📻 Teken in op ons Nuusbrief

Help Om Ons Aan Die Gang Te Hou

☕ Ondersteun Ons

Verken Running Wolf's Rant

🎵 Check ons Music Hub uit🇮🇿 Besoek die Afrikaanse Hoekie📅 Check bietjie Upcoming Events uit🎤 Check die SA Gig Guide uit
Afrikaans Ek's Steeds Onstabiel Kabaal Klankbaan South Africa
Share. Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link
Henno Kruger

Music Lover, Avid Festival Goer and Founder and Owner of Running Wolf's Rant.

Leave A Reply Cancel Reply

IQ AcademyOfferforge
Nog Artikels
  • Strongboi
    Neo-Psych Duo Strongboi Release New Single
    August 4, 2026
  • Alyssa Grace
    Folk-Pop Phenomena Alyssa Grace Releases Debut EP
    August 4, 2026
  • GoodLuck
    GoodLuck Return With Powerful Release: “Last Deep Breath”
    August 3, 2026
  • Jamie-Lee Sexton - Wild Electric Featured
    New Single “Wild electric” unleashed by Jamie-Lee Sexton
    August 1, 2026
  • Scatterlings - Johnny Clegg Reimagined
    “Scatterlings”: A New Generation Reimagines Johnny Clegg
    August 1, 2026
  • Blush - Pose
    With “Pose”, Blush is searching for connection
    August 1, 2026
  • Jann Klose and Marcella Detroit
    Jann Klose & Marcella Detroit Drop “Hurting Nobody”
    July 27, 2026
  • Somi
    Somi Releases New Single: “So You Want To Be A Woman”
    July 24, 2026
Populêre Onderwerpe
South Africa 3,253
Rock 611
Useful Tips 562
Afrikaans 510
Cape Town 333
USA 331
Pretoria 303
Johannesburg 286
Festivals 197
UK 179
Facebook X (Twitter) Instagram YouTube Spotify TikTok
© 2026 ThemeSphere. Designed by ThemeSphere.

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.