Close Menu
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Subscribe
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Home » Music News » Kabaal Klankbaan Reik “Stilswye” Uit

Kabaal Klankbaan Reik “Stilswye” Uit

Blitsoorsig: Kabaal Klankbaan het "Stilswye" vrygestel, hul tweede enkel vanaf die komende album Ek's Steeds Onstabiel. Die liedjie is 'n samewerking met Jaco Van Der Merwe van Bittereinder en handel oor moderne angs en self-doubt. Met 'n indie-electro klank en ligte ritme, plaas die lied die oordinkde gedagtestroom-lirieke in die voorgrond en verteenwoordig die album se gedagte-gebasseerde tema.

Henno KrugerBy Henno KrugerOctober 30, 2023No Comments2 Mins Read Music News 129 Views
Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link

Vrydag is die tweede enkelsnit vanaf Kabaal Klankbaan se opkomende vierde album vrygestel. Die enkelsnit is in samewerking met Jaco Van Der Merwe van Bittereinder-faam en genaamd “Stilswye”.

Meer inligting oor Kabaal Klankbaan

Kabaal Klankbaan is die breinkind van Floris Groenewald wat ook die groep se voorsanger is. Hul vierde album, Ek’s Steeds Onstabiel word op 17 November vanjaar vrygestel.

Kabaal Klankbaan - Stilswye

Floris en Jaco het reeds in 2013 by ’n vertoning ontmoet en Floris het toe reeds geweet – indien die regte liedjie homself voordoen en hy ’n gas-liriekskrywer benodig, sal Jaco sy eerste keuse wees. Floris beskryf die samewerkingsproses met Jaco as seepglad – hy het die liedjie vir Jaco gestuur, wie op sy beurt die lirieke terug gestuur het.

Floris vertel dat die samewerking ironies genoeg die Kabaal Klankbaan klank baie goed verteenwoordig en as ’n voorskou van die album dien wat ’n interne, gedagte-gebasseerde tema het. “Stilswye” is ’n liedjie oor kontemporêre angs, maar steeds lekker musiek wat jou hopelik laat voel jy’s nie alleen nie.

NetfloristOfferforge

“Dis een van die min liedjies waar ek begin het met musiek voor ek by lirieke uitgekom het. Die eerste woorde wat ek geskryf het was ‘kan die “Stilswye” nou net stop’, wat ek dink gepas is vir ‘n liedjie. Jaco het toe baie bygedra en die song ‘n ‘train-of-intrusive-thoughts’-gevoel gegee wat mooi pas by die res van die album ook, wat grootliks gaan oor die dinge en gevoelens in jou gedagtes.” sê Floris.

Kabaal Klankbaan - Stilswye Cover

“Stilswye” bevat ’n relatiewe ligte aanslag met ’n lekker ritme en indie-electro klank aangevul deur ’n drom masjien en eenvoudige elektriese kitaar wat die oordinkde gedagtestroom-lirieke in die voorgrond plaas.

“’Stilswye’ is ‘n uitdrukking van moderne angs en self-doubt – die gevoel van te veel en te min terselfdetyd: Soos as jy heeltyd refresh maar geen nuwe Instagram likes kom deur nie, terwyl die kantoor se WhatsApp groepie jou mal maak. Maar op ‘n eenvoudiger vlak ook as jy te veel oor iets voel en te min oor iets dink, of andersom. Die mengelmoes van gedagtes en gevoelens wat nie altyd saamspeel nie, maar tog probeer ons ‘n refrein daarin soek sodat ons almal kan saamsing.” sê Floris.

Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music News kategorie op Running Wolf’s Rant.

NetfloristOfferforge

Wil jy jou besigheid, gebeurtenisse, produk of diens bemark? Ons kry meer as 14,000 bladsy-kyke elke maand! Kontak Ons vir bemarkings en reklame opsies.

Jy sal dalk ook hiervan hou

  • Answers to “What do you like about music?”

    Gareth Wilson
    Artist/Band Interviews 13 Nov 2017
  • Kabaal Klankbaan Keer Terug Met “Weer Probeer”

    Kabaal Klankbaan
    Music News 29 Aug 2026
  • Kabaal Klankbaan Releases “Rain Checks and Read Receipts”

    Kabaal Klankbaan
    Music Videos 16 Jun 2026
  • Kabaal Klankbaan Reik “Stagefreight” Musiekvideo Uit

    Kabaal Klankbaan - Stagefright
    Music Videos 6 Dec 2023

Sluit Aan By Die Wolfpak

📻 Teken in op ons Nuusbrief

Help Om Ons Aan Die Gang Te Hou

☕ Ondersteun Ons

Verken Running Wolf's Rant

🎵 Check ons Music Hub uit🇮🇿 Besoek die Afrikaanse Hoekie📅 Check bietjie Upcoming Events uit🎤 Check die SA Gig Guide uit
Afrikaans Jaco Van Der Merwe Kabaal Klankbaan South Africa Stilswye
Share. Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link
Henno Kruger

Music Lover, Avid Festival Goer and Founder and Owner of Running Wolf's Rant.

Leave A Reply Cancel Reply

NetfloristOfferforge
Teken in op ons Nuusbrief

Vul jou e-pos adres in om opdaterings in jou Inboks te kry

Nog Artikels
  • Birdie
    Birdie Releases New Single: “Mananga”
    September 21, 2026
  • Sonder Onderbroeke
    Sonder Onderbroeke Reik “Sê My Hoe?” Uit
    September 18, 2026
  • Cailyn Shelby
    Cailyn Shelby Releases New Single: “Addicted To You”
    September 18, 2026
  • Kerk Straat
    Kerk Straat Gee Nuwe Lewe Aan Karen Zoid se “Engel”
    September 17, 2026
  • Sentiment - Ek Wil Jou Sien
    Sentiment Reik Debuut Enkelsnit Uit: “Ek Wil Jou Sien”
    September 14, 2026
  • Booshle G
    Booshle G. lets love lead on new single: “Miracle”
    September 14, 2026
  • Mila Smith
    Mila Smith Releases Debut Album: “Not My Circus”
    September 11, 2026
  • Kelly Khumalo
    Kelly Khumalo Releases New Single: “Merry Go Round”
    September 11, 2026
NetfloristOfferforge
Populêre Onderwerpe
South Africa 3,310
Rock 615
Useful Tips 564
Afrikaans 524
Cape Town 338
USA 336
Pretoria 305
Johannesburg 290
Festivals 200
UK 178
Facebook X (Twitter) Instagram YouTube Spotify TikTok
© 2026 ThemeSphere. Designed by ThemeSphere.

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.