Close Menu
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Subscribe
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Home » Music News » Kabaal Klankbaan Stel Nuwe Enkelsnit Vry: “Stapelgek”

Kabaal Klankbaan Stel Nuwe Enkelsnit Vry: “Stapelgek”

Blitsoorsig: Kabaal Klankbaan het "Stapelgek" op 1 September vrygestel, 'n opgewekte electro-pop nummer wat 'n bestaande liedjie herinterpreteer deur die sinister ondertone na vore te bring. Floris Groenewalt het die storie van obsessie vanaf die perspektief van 'n afloerder herontwerp, wat die onheilspellenheid uitlig. Die groep se vierde album "Ek's Steeds Onstabiel" verskyn in November 2023.

Henno KrugerBy Henno KrugerSeptember 5, 2023No Comments2 Mins Read Music News 105 Views
Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link

Vrydag die 1ste September 2023 was die vrystellingsdatum van ’n splinternuwe radio enkelsnit deur Kabaal Klankbaan, genaamd “Stapelgek”. Die groep, breinkind van Floris Groenewalt, se vierde vollengte album sal in November 2023 die lig sien.

“Stapelgek” is vermaaklik en tong-in-die-kies, en Kabaal Klankbaan se weergawe bied ’n voorskou van alles wat op die album vir aanhangers wag. Vir Floris was dit die geleentheid om ‘n redelik radikale nuwe interpretasie van ‘n bestaande liedjie te doen, en dus sy eie vingerafdruk neer te lê.

Kabaal Klankbaan - Stapelgek

Alhoewel die oorspronklike weergawe ’n skouspelagtige ruggraat het, het Floris besluit om juis op daardie deel te fokus: Die karakter en storielyn van die liedjie kom eerste, gevolg deur ’n donker aura met ‘n rock-’n-roll aanslag.

Floris (Kabaal Klankbaan) vertel ons meer oor “Stapelgek”

“Die oorspronklike liedjie vertel ‘n Phantom of the Opera-geïnspireerde storie oor obsessie vanuit die oogpunt van ‘n voyeur of afloerder, wat verbloem word as ‘n vrolike pop-liefdesliedjie. Ek het besluit om dieselfde storie met ‘n hart-op-die-mou eerlikheid te benader, waar jy vanuit die staanspoor besef dat die storieverteller dalk ‘n vreesaanjaende afloerder of ‘stalker’ met ‘n ongesonde obsessie is…”

NetfloristOfferforge

‘n Pret-dog-onheilspellende, opgewekte electro-pop enkelsnit oor obsessie bied ’n nuwe blik op ‘n bestaande liedjie, en ‘n voyeuristiese 4 minute in die skoene van ‘n kriewelrige afloerder-karakter.

Floris (Kabaal Klankbaan) gee nog insig

“Daar is ‘n paar liedjies (soos byvoorbeeld The Police se Every Breath You Take) wat op die oppervlak mooi, aangenaam. en romanties is, maar as jy mooi na die lirieke gaan kyk besef jy dis eintlik ‘n redelike ongemaklike, ongepoetste storie oor iets sinister. My idee was bloot om hierdie liedjie (wat in dieselfde kategorie val) te herinterpreteer, die onheilspellendheid na vore te bring, en nie agter die romantiek van pop-klanke te skuil nie.”

Kabaal Klankbaan Single Cover

Kabaal Klankbaan se vierde album, Ek’s Steeds Onstabiel sal vanjaar op 17 November vrygestel word. Dit kom na die vrystelling van die groep se dubbele EP, ‘Ek en jy (is lank reeds verby) / Hunted Women’ in 2021.

Aanhangers kan ook ’n nuwe liedjie, “Stagefright” op alle musiek  platforms luister as ’n voorsmaak van die album. Hierdie projek word moontlik gemaak deur SAMRO se Music Creation Support Fund 2023.

NetfloristOfferforge

Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music News kategorie op Running Wolf’s Rant.

Wil jy jou besigheid, gebeurtenisse, produk of diens bemark? Ons kry meer as 14,000 bladsy-kyke elke maand! Kontak Ons vir bemarkings en reklame opsies.

Jy sal dalk ook hiervan hou

  • Kabaal Klankbaan Keer Terug Met “Weer Probeer”

    Kabaal Klankbaan
    Music News 29 Aug 2026
  • Kabaal Klankbaan Releases “Rain Checks and Read Receipts”

    Kabaal Klankbaan
    Music Videos 16 Jun 2026
  • Kabaal Klankbaan Reik “Stagefreight” Musiekvideo Uit

    Kabaal Klankbaan - Stagefright
    Music Videos 6 Dec 2023
  • Kabaal Klankbaan Reik Nuwe Album Uit: “Ek’s Steeds Onstabiel”

    Kabaal Klankbaan
    Music News 22 Nov 2023

Sluit Aan By Die Wolfpak

📻 Teken in op ons Nuusbrief

Help Om Ons Aan Die Gang Te Hou

☕ Ondersteun Ons

Verken Running Wolf's Rant

🎵 Check ons Music Hub uit🇮🇿 Besoek die Afrikaanse Hoekie📅 Check bietjie Upcoming Events uit🎤 Check die SA Gig Guide uit
Afrikaans Kabaal Klankbaan South Africa
Share. Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link
Henno Kruger

Music Lover, Avid Festival Goer and Founder and Owner of Running Wolf's Rant.

Leave A Reply Cancel Reply

NetfloristOfferforge
Teken in op ons Nuusbrief

Vul jou e-pos adres in om opdaterings in jou Inboks te kry

Nog Artikels
  • Khazimula Carol-Ann Meltzer
    Khazimula Releases New Single: “Joburg City”
    October 2, 2026
  • Deborah McKay
    Deborah McKay Releases New Single: “I Really Do”
    September 28, 2026
  • The Hill
    The Hill Releases Single In Remembrance of “Catch”
    September 25, 2026
  • Charlie Void
    Charlie Void Steps Onto The “Velvet Runway”
    September 25, 2026
  • KatzTheSingR
    KatzTheSingR Releases New Single: “Gopola”
    September 23, 2026
  • Birdie
    Birdie Releases New Single: “Mananga”
    September 21, 2026
  • Sonder Onderbroeke
    Sonder Onderbroeke Reik “Sê My Hoe?” Uit
    September 18, 2026
  • Cailyn Shelby
    Cailyn Shelby Releases New Single: “Addicted To You”
    September 18, 2026
NetfloristOfferforge
Populêre Onderwerpe
South Africa 3,322
Rock 617
Useful Tips 565
Afrikaans 525
Cape Town 342
USA 337
Pretoria 305
Johannesburg 292
Festivals 201
UK 178
Facebook X (Twitter) Instagram YouTube Spotify TikTok
© 2026 ThemeSphere. Designed by ThemeSphere.

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.