Close Menu
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Subscribe
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Home » Music Videos » Kabaal Klankbaan Reik “Stagefreight” Musiekvideo Uit

Kabaal Klankbaan Reik “Stagefreight” Musiekvideo Uit

Blitsoorsig: Kabaal Klankbaan het hul musiekvideo vir "Stagefright" vrygestel, 'n track van hul album Ek's Steeds Onstabiel. Die liedjie het 13 jaar gelede begin as Floris Groenewald se openingsnommer by optredens. Die albumweergawe is 'n energieke "Self-Help Rock Remix" vervaardig deur Matthieu Auriacombe, en die video is geskiet in Pretoria met 'n ligte, tong-in-die-kies benadering.

Henno KrugerBy Henno KrugerDecember 6, 2023No Comments3 Mins Read Music Videos 75 Views
Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link

Donderdag 30 November 2023 was die datum van die vrystelling van ’n nuwe Kabaal Klankbaan musiekvideo. Dis die musiekvideo vir een van hul nuutste snitte, “Stagefright”. “Stagefright” is vanaf hul nuwe album, Ek’s Steeds Onstabiel wat op 17 November 2023 vrygestel is.

“Stagefright” het 13 jaar gelede reeds begin as a speelse openingsliedjie vir Kabaal Klankbaan se breinkind, Floris Groenewald, toe hy begin optree het. Hy sou elke vertoning begin deur agter die mikrofoon te gaan staan en aan te kondig: “My naam is Floris en ek het stagefright”, en dan die liedjie speel. Vir hom was dit ‘n lekker manier op die ys te breek vir homself en die gehoor, en die vlinders in sy maag stil te sing.

Kabaal Klankbaan - Stagefright

Die album-weergawe van die liedjie, vervaardig en opgeneem deur Matthieu Auriacombe van Hey Gang Studios, word genoem ‘Self-Help Rock Remix’ en is ’n nuwe, energieke verwerking met die hulp van King Nqoba as self-help motiveringsspreker.

Floris Groenewald (Kabaal Klankbaan) vertel ons meer

“Die liedjie self is geïnspireer deur die idee om jou vrese uit te spreek en beheer daaroor te neem, en deels beïnvloed deur Jack Parow se liedjie ‘Ek wens jy was myne’ (ook sy openingsliedjie by die eerste Parow konsert wat ek gesien het). Hierdie weergawe is ook grootliks beïnvloed deur die musiek van MC Honky, veral die liedjie ‘The Object’, wat samples van ‘n ‘self-help tape’ insluit.”

NetfloristOfferforge

Kabaal Klankbaan

Die video vir “Stagefreight” is verlede week geskiet deur kinematograaf Wilhelm van der Westhuizen van First Frame Films, en vervaardig deur Deon Dee van Dee Graaf Productions met beide aan die stuur van regie.

Floris vertel ons meer oor die musiekvideo

“Om te pas by die gevoel van die album wou ons dinge lig, grappig, tong-in-die-kies en eienaardig hou, terwyl ons ligtelik raak aan temas soos angs, selfvertroue en selfverbetering. Ons het dit in een warm somersaand in die middel van ‘n hittegolf in Pretoria geskiet, en ongemaklik warm gekry – maar dalk baie gepas vir die ongemak wat in die video uitgebeeld word!”

Aanhangers kan uitsien na ‘n lekker speelse, tong-in-die-kies kykpartytjie: ‘n Liedjieskrywer wat homself nie te ernstig opneem nie, wil met sy nuwe liedjie spog by sy vriende, maar het nie noodwendig die brawade en selfvertroue wat nodig is nie. Die videokonsep hou by die tema van die liedjie asook dieselfde ligte aanslag wat opreg-dog-absurd is.

Kyk die video vir Kabaal Klankbaan se “Stagefreight” hier onder:

NetfloristOfferforge

YouTube video player

Jy kan Kabaal Klankbaan se Ek’s Steeds Onstabiel HIER stroom / aflaai.

Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music Videos kategorie op Running Wolf’s Rant.

Jy sal dalk ook hiervan hou

  • Kabaal Klankbaan Keer Terug Met “Weer Probeer”

    Kabaal Klankbaan
    Music News 29 Aug 2026
  • Kabaal Klankbaan Releases “Rain Checks and Read Receipts”

    Kabaal Klankbaan
    Music Videos 16 Jun 2026
  • Kabaal Klankbaan Reik Nuwe Album Uit: “Ek’s Steeds Onstabiel”

    Kabaal Klankbaan
    Music News 22 Nov 2023
  • Kabaal Klankbaan Reik “Stilswye” Uit

    Kabaal Klankbaan - Stilswye
    Music News 30 Oct 2023

Sluit Aan By Die Wolfpak

📻 Teken in op ons Nuusbrief

Help Om Ons Aan Die Gang Te Hou

☕ Ondersteun Ons

Verken Running Wolf's Rant

🎥 Check ons Screen Hub uit🎵 Check ons Music Hub uit🇮🇿 Besoek die Afrikaanse Hoekie📅 Check bietjie Upcoming Events uit🎤 Check die SA Gig Guide uit
Afrikaans Kabaal Klankbaan South Africa Stagefright
Share. Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link
Henno Kruger

Music Lover, Avid Festival Goer and Founder and Owner of Running Wolf's Rant.

Leave A Reply Cancel Reply

NetfloristOfferforge
Nog Artikels
  • Francois van Coke en Zaan Sonnekus
    Francois van Coke & Zaan Sonnekus Reik “Lewe” Uit
    August 28, 2026
  • Piper Connolly
    Piper Connolly Returns With “Unapologetic”
    August 28, 2026
  • The Bird - It's Just Begun
    The Bird Releases New Single: “It’s Just Begun”
    August 27, 2026
  • Lordkez
    Lordkez Teams Up With Kwesta for New Single “4SHO”
    August 26, 2026
  • Shortstraw
    Shortstraw releases new single: “Schrödinger”
    August 25, 2026
  • Carol-Ann Meltzer - Khazimula
    Khazimula Releases New Single and Video: “Celebrate Life”
    August 21, 2026
  • Future Radio - Scream
    Future Radio Release New Alt Rock Track: “Scream”
    August 21, 2026
  • Babette Labuschagne - Moonlight Mistress Featured
    Babette Labuschagne Releases “Moonlight Mistress”
    August 21, 2026
NetfloristOfferforge
Populêre Onderwerpe
South Africa 3,279
Rock 613
Useful Tips 563
Afrikaans 514
USA 333
Cape Town 333
Pretoria 303
Johannesburg 287
Festivals 197
UK 178
Facebook X (Twitter) Instagram YouTube Spotify TikTok
© 2026 ThemeSphere. Designed by ThemeSphere.

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.