Close Menu
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Subscribe
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Home » Music Videos » Gerald Clark Keer Terug Met “Soms wil ek huis toe kom”

Gerald Clark Keer Terug Met “Soms wil ek huis toe kom”

Blitsoorsig: Sanger-liedjieskrywer Gerald Clark lewer "Soms wil ek huis toe kom", 'n nuwe Afrikaanse enkelsnit wat uit sy ervaring van ver van die huis af wees gebore is. Alhoewel hy agt jaar in die Tsjeggiese Republiek woon en deur Europa reis, bly 'n diep verlange na Suid-Afrika bestaan. Die liedjie neem sy begin op 'n klein eiland in Indonesië waar Clark geleef het. Die musiekvideo is geskiet op die Weskus en pas by die tema van vryheid en avontuur.

Henno KrugerBy Henno KrugerOctober 20, 2026No Comments2 Mins Read Music Videos 2 Views
Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link

Sanger-liedjieskrywer Gerald Clark gee gestalte aan die universele gevoel van heimwee en verlange in sy nuwe Afrikaanse enkelsnit, “Soms wil ek huis toe kom”.

Die liedjie is gebore uit die ervaring van ver van die huis af wees sonder om ooit werklik van jou Suid-Afrikaanse roots los te kom. Clark woon al agt jaar in die Tsjeggiese Republiek, van waar hy gereeld deur Europa reis en deurlopend terugkeer na Suid-Afrika.

Gerald Clark

Die ontstaan van “Soms wil ek huis toe kom” neem sy begin op ‘n klein eiland in Indonesië, waar Clark vir drie maande gewoon het.

Tussen die branders en die rustigheid van die eilandlewe het die besef gegroei dat ‘n mens die wêreld kan verken terwyl ‘n diep verlange na jou eie mense en grond bly voortbestaan. Die enkelsnit is opgeneem by Sunset Recording Studios saam met die vervaardiger Fred den Hertog.

NetfloristOfferforge

Die meegaande musiekvideo is deur Lucas Stander oor twee dae geskiet tydens ‘n beplanningsweek vir ‘n opwindende musiek-perdrytoer langs die Weskus.

Gerald Clark verduidelik dat hulle ‘n prentjiemooi roete te perd rondom Elandsbaai gevolg het, wat die gevoel van vryheid, avontuur en die roadtrip-tema van die enkelsnit weerspieël.

Kyk die musiekvideo hier onder:

Die 2027 Musiek-Perdrytoer

Van 3 tot 10 April 2027 pak Gerald Clark saam met sy mede-musikante Guy Collins en Werner van der Hoven ‘n perdetoer van om en by 100 kilometer aan.

NetfloristOfferforge

Hulle sal vanaf Lambertsbaai na Elandsbaai ry en vandaar op teen die berg na Redelinghuys. Hierdie reis vorm ‘n kreatiewe soektog na inspirasie, stories en ‘n dieper verbinding met die Suid-Afrikaanse landskap, wat sal dien as die klankbaan vir sy opkomende nuwe Afrikaanse album.

Meer inligting oor Gerald Clark

Gerald Clark is ‘n bekende Suid-Afrikaanse sanger-liedjieskrywer en avonturier wie se musiekloopbaan in 2009 ‘n groot mylpaal bereik het met sy album Sweepslag, wat sowowel ‘n SAMA- as ‘n Tempo-nominasie ontvang het.

Oor sy loopbaan het hy vyf solo-albums en talle enkelsnitte vrygestel, terwyl die musiekvideo vir een van die snitte op sy album Black Water internasionale erkenning verwerf het met ‘n MTV Europe Animation Award-nominasie.

Hy staan bekend vir sy unieke kombinasie van musiek en avontuur – van surfing en kampering tot perdry – en bou sedert 2016 aan sy musikale loopbaan vanuit Europa terwyl hy nou met nuwe werk terugkeer na sy Afrikaanse wortels.

NetfloristOfferforge

Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music Videos kategorie op Running Wolf’s Rant.

Wil jy jou besigheid, gebeurtenisse, produk of diens bemark? Ons kry meer as 14,000 bladsy-kyke elke maand! Kontak Ons vir bemarkings en reklame opsies.

Jy sal dalk ook hiervan hou

  • Gerald Clark Unveils Captivating New Single: “Era Of Bliss”

    Gerald Clark
    Music News 29 Sep 2023
  • Amy Tjasink Returns Home in “Valley Girl” Video

    Amy Tjasink Returns Home in "Valley Girl" Video 1
    Music Videos 12 Oct 2026
  • Pilani Bubu Unveils New Single “Caged Heart”

    Pilani Bubu
    Music News 9 Oct 2026
  • Celeste Swift Releases New Single: “What If You Had Stayed?”

    Celeste Swift
    Music Videos 2 Oct 2026

Goeters Om Te Doen

  • Up The Creek 2027: Everything You Should Know

    Up The Creek Music Festival
    Upcoming Events
  • Riverdance 30 – The New Generation: April 2027 SA Tour Deets

    Riverdance 30 - The New Generation: April 2027 SA Tour Deets 2
    Upcoming Events

Sluit Aan By Die Wolfpak

📻 Teken in op ons Nuusbrief

Help Om Ons Aan Die Gang Te Hou

☕ Ondersteun Ons

Verken Running Wolf's Rant

🎥 Check ons Screen Hub uit🎵 Check ons Music Hub uit🇮🇿 Besoek die Afrikaanse Hoekie📅 Check bietjie Upcoming Events uit🎤 Check die SA Gig Guide uit
Afrikaans Gerald Clark Singer-Songwriter Soms wil ek huistoe kom South Africa
Share. Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link
Henno Kruger

Music Lover, Avid Festival Goer and Founder and Owner of Running Wolf's Rant.

Leave A Reply Cancel Reply

NetfloristOfferforge
Teken in op ons Nuusbrief

Vul jou e-pos adres in om opdaterings in jou Inboks te kry

Nog Artikels
  • Ricus en Liza Nel
    Ricus en Liza Nel Reik “Ek Het Nie” Uit
    October 20, 2026
  • Appel en Ichnus
    Appel en Ichnus vra ‘Jy Sallie?”
    October 19, 2026
  • Perry & Blackwell
    Perry & Blackwell Drop Resilient Single: “Psych”
    October 15, 2026
  • Neon Dreams & 4KORNERS
    Neon Dreams & 4KORNERS Reimagine “Sunday Morning”
    October 14, 2026
  • Southern Wild Band
    Southern Wild Drops New Single: “Right On Time”
    October 12, 2026
  • Chantal Stanfield - My Favourite Ice Cream
    Chantal Stanfield Serves Up Her Favourite Ice Cream
    October 9, 2026
  • The Medicine Dolls
    The Medicine Dolls Release Furious Track: “Twisted By Sound”
    October 9, 2026
  • Francois van Coke & Hunter Kennedy_Aksie Braai_Photo credit Jacques van Rensburg
    Francois van Coke & Hunter Kennedy Reik “Aksie braai” Uit
    September 28, 2026
NetfloristOfferforge
Populêre Onderwerpe
South Africa 3,348
Rock 622
Useful Tips 567
Afrikaans 530
Cape Town 348
USA 336
Pretoria 306
Johannesburg 295
Festivals 203
UK 179
Facebook X (Twitter) Instagram YouTube Spotify TikTok
© 2026 ThemeSphere. Designed by ThemeSphere.

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.