Close Menu
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Subscribe
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Home » Television » kykNET Dokumentêr Onbloot Verhaal van SA se Kernwapens

kykNET Dokumentêr Onbloot Verhaal van SA se Kernwapens

Blitsoorsig: Die Bom is 'n nuwe driedelige dokumentêre reeks wat Suid-Afrika se geheime kernwapengeskiedenis ondersoek, vanaf die 1944 uraan-versoek tot die land se eie atoombomme. Die reeks bied eksklusiewe onthullings oor spioene, sabotasie en politieke intrige tydens die Koue Oorlog, en ondersoek ook die toekoms van kernenergie in Suid-Afrika. Dit word vanaf 23 September 2026 op kykNET uitgesaai.

Henno KrugerBy Henno KrugerSeptember 21, 2026No Comments2 Mins Read Television 99 Views
Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link

Suid-Afrika se hoogs geheime en fassinerende kernwapengeskiedenis word binnekort oopgevlek in die splinternuwe driedelige dokumentêre reeks, Die Bom.

Die wortels van Suid-Afrika se kernkraggeskiedenis strek sover terug as 1944, toe Winston Churchill vir genl. Jan Smuts genader het vir uraan vir die berugte Manhattan-projek – wat uiteindelik tot die atoombomaanvalle op Hirosjima en Nagasaki gelei het.

Jare later sou Suid-Afrika self, ten spyte van strawwe internasionale sanksies en ‘n VN-wapenverbod, in uiterste geheimhouding sy eie atoombomme bou.

Spioene, Sabotasie en die Koue Oorlog

Die Bom delf diep in ‘n wêreld van spioene, sluipmoorde, politieke intrige en terreur.

NetfloristOfferforge

Hierdie geskiedkundige reeks bied aan kykers eksklusiewe onthullings, waaronder:

  • ‘n Ontmoeting met die man wat in die 1980’s groot gedeeltes van die Koeberg-kernkragstasie opgeblaas het.
  • Insigne van die hoof “bombouer” wat verantwoordelik was vir Suid-Afrika se eie atoombomme.
  • Die sleutelfiguur wat gesorg het dat die Verenigde Nasies sanksies teen die land instel.
  • Die fassinerende storie van ‘n Russiese spioen wat vir 20 jaar lank, tydens die felste jare van die Koue Oorlog, op Suid-Afrika en Navo-bondgenote gespioeneer het.

Benewens kernwapens, ondersoek die reeks ook die toekoms van kernenergie en kernafval in Suid-Afrika, en bied dit ‘n seldsame kykie na een van die oudste werkende kernreaktors ter wêreld.

Die Bom - Kyknet Kernwapen Dokumenter

Die Bom se Feite Vreemder as Fiksie

Die reeks is die breinkind van die bekroonde joernalis en regisseur Pieter Steyn, en vervaardiger Minette van der Walt van Van Woud Produksies.

Van der Walt beskryf die projek as ‘n uitsonderlike voorreg en sê die storie bewys weereens dat feite inderdaad vreemder as fiksie is. Steyn stem saam en voeg by dat daar tydens die produksieproses gedurig nuwe en verrassende feite na vore gekom het, wat dit ‘n asemrowende en onvergeetlike stuk geskiedenis maak.

NetfloristOfferforge

Die Bom word vanaf Woensdag, 23 September 2026 om 8 uur op kykNET (DStv kanaal 144) uitgesaai. Dis ook beskikbaar op DStv Stream en Catch Up.

Kyk die lokprent vir die reeks hier onder:

Amptelike Lokprent: Die Bom | S1 | Episode 1 | Silwerskermfees 2026

Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Television kategorie op Running Wolf’s Rant.

Wil jy jou besigheid, gebeurtenisse, produk of diens bemark? Ons kry meer as 14,000 bladsy-kyke elke maand! Kontak Ons vir bemarkings en reklame opsies.

NetfloristOfferforge

Jy sal dalk ook hiervan hou

  • Wat’s te sien op die kykNET Kanale in Julie 2026?

    kykNET
    Television 7 Jul 2026
  • Wat’s op die kykNET Kanale in Junie 2026?

    kykNET
    Television 3 Jun 2026
  • Mei 2026 Hoogtepunte op KykNET

    kykNET
    Television 1 May 2026
  • Die Kantoor (Afrikaanse weergawe van “The Office”) is oppad

    Die Kantoor - Schalk Bezuidenhout
    Television 25 Nov 2025

Goeters Om Te Doen

  • Sean Paul December 2026 South African Tour: All The Deets

    Sean Paul December 2026 South African Tour: All The Deets 1
    Upcoming Events
  • Henry Ate “30 Years of Slap In The Face” Tour: Oct/Nov 2026

    Henry Ate
    Upcoming Events

Sluit Aan By Die Wolfpak

📻 Teken in op ons Nuusbrief

Help Om Ons Aan Die Gang Te Hou

☕ Ondersteun Ons

Verken Running Wolf's Rant

🎥 Check ons Screen Hub uit🇮🇿 Besoek die Afrikaanse Hoekie📅 Check bietjie Upcoming Events uit🎤 Check die SA Gig Guide uit
Afrikaans DSTV DSTv Stream Kyknet South Africa
Share. Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link
Henno Kruger

Music Lover, Avid Festival Goer and Founder and Owner of Running Wolf's Rant.

Leave A Reply Cancel Reply

NetfloristOfferforge
Teken in op ons Nuusbrief

Vul jou e-pos adres in om opdaterings in jou Inboks te kry

Nog Artikels
  • SA's Rick Treweek brings home an Emmy 2
    SA’s Rick Treweek brings home an Emmy
    September 9, 2026
  • Hidden Gems South Africa
    BBC Lifestyle To Launch Hidden Gems South Africa
    April 16, 2026
  • M-Net
    What’s on M-Net in March 2026?
    March 8, 2026
  • DSTv
    What’s on DStv in February 2026?
    February 10, 2026
  • Die Kantoor - Schalk Bezuidenhout
    Schalk Bezuidenhout verruil stand-up vir ’n 9-tot-5-jop
    February 3, 2026
  • DSTv
    What’s on DSTv in December 2025?
    December 5, 2025
  • DSTV 30
    DStv Celebrates 30 Years of Shaping South African Television
    October 6, 2025
  • DSTV 30
    30 new hits to watch as DStv turns 30
    October 1, 2025
NetfloristOfferforge
Populêre Onderwerpe
South Africa 3,337
Rock 620
Useful Tips 566
Afrikaans 526
Cape Town 348
USA 337
Pretoria 307
Johannesburg 293
Festivals 202
UK 179
Facebook X (Twitter) Instagram YouTube Spotify TikTok
© 2026 ThemeSphere. Designed by ThemeSphere.

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.