Close Menu
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Subscribe
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Home » Television » Schalk Bezuidenhout verruil stand-up vir ’n 9-tot-5-jop

Schalk Bezuidenhout verruil stand-up vir ’n 9-tot-5-jop

Blitsoorsig: Schalk Bezuidenhout is onherkenbaar in Die Kantoor, kykNET en Showmax se Afrikaanse The Office-aanpassing. Hy speel Tjaart, die rustelose regterhand van baas Flip wat 'n polonie-maatskappy bestuur. Bezuidenhout was ook medeskrywer van sewe episodes. Vroeë resensies prys die reeks se suksesvolle aanpassing van die oorspronklike se cringe-humor tot iets onmiskenbaar Suid-Afrikaans.

Henno KrugerBy Henno KrugerFebruary 3, 2026No Comments4 Mins Read Television 104 Views
Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link

Schalk Bezuidenhout mag vir die meeste mense altyd die man met ’n mikrofoon en ’n ongemaklike stilte wees, maar agter die stand-up-ligte het hy oor jare heen stil-stil ’n stewige akteursloopbaan opgebou.

Met vier SAFTA-benoemings oor agt jaar – insluitend ’n wen vir beste manlike byspeler in ’n TV-komedie vir Hotel – is dit duidelik dat hy lankal meer is as net ’n komediant.

Die Kantoor - Schalk Bezuidenhout

Maar selfs daardie CV berei jou nie voor op hoe onherkenbaar hy in Die Kantoor is nie, kykNET en Showmax se Afrikaanse weergawe van The Office.

Hier verruil Schalk Bezuidenhout sy bekende truie, snor en krulhare vir ’n weermag-haarsny, ’n baardjie en die rol van Tjaart – die rustelose, kettingrokende regterhand van ’n baas wat dink hy is ’n nasionale held.

NetfloristOfferforge

Daardie baas is Flip, gespeel deur Albert Pretorius, ’n 2025 Fleur du Cap- en Woordtrofee-wenner. Flip bestuur Deluxe Processed Meats, ’n polonie-verwerkingsmaatskappy waar ’n dokumentêre span genooi word om nie net sy sogenaamde sakevernuf vas te vang nie, maar ook sy poetse, ego en selfverheffing.

Hy sien homself duidelik as die hoofkarakter in sy eie Chasing the Sun, terwyl die res van die personeel bloot probeer om agt ure te oorleef sonder ’n klag by HR.

Tjaart is Flip se lojale skaduwee – ’n karakter wat losweg herinner aan Gareth en Dwight uit die Britse en Amerikaanse weergawes, maar heeltemal herbedink as ’n Kempton Park-ouer met ’n kort lont.

Bezuidenhout sê die rol is byna die teenoorgestelde van sy Hotel-karakter Danny: waar Danny naïef en oulik was, is Tjaart geskei, onrustig, en lekker kômmin. Hy het sterk gesteun op mense wat hy self geken het om die karakter geloofwaardig te maak.

NetfloristOfferforge

Schalk Bezuidenhout was nie net voor die kamera betrokke nie

Hy was medeskrywer van sewe episodes, saam met hoofskrywer en regisseur Bennie Fourie. Die twee het reeds ’n geskiedenis, en volgens Bezuidenhout was die samewerking ’n balans tussen struktuur en chaos: Fourie het die harde skryfwerk gedoen, terwyl hy idees, grappies en wyn ingebring het.

Om The Office aan te pas was egter nie sonder spanning nie. Die oorspronklike reeks het ’n byna heilige status, en Bezuidenhout erken dat hulle baie bewus was van die verwagtinge. Die doel was om die bekende cringe-humor te behou, maar dit só te verwerk dat dit onmiskenbaar Suid-Afrikaans voel – ’n reeks wat net hier kon afspeel, met plaaslike mense, verwysings en ongemak.

Die rolverdeling, wat onder andere Carl Beukes, Daniah de Villiers, Gert du Plessis, Ilse Oppelt en Sipumziwe Lucwaba insluit, is aangemoedig om te improviseer. Baie van die snaakste oomblikke het juis uit daardie spontaniteit ontstaan. Die humor toets gereeld grense, maar die fokus bly daarop om vir die karakters se onkunde te lag, nie saam met hulle nie.

Selfs wanneer hulle nie in ’n toneel was nie, moes akteurs by hul lessenaars bly om die gevoel van ’n regte 9-tot-5-kantoor te behou. Bezuidenhout erken hy het só baie solitaire op sy foon gespeel dat die regisseur hom uiteindelik gedwing het om dit te verwyder.

NetfloristOfferforge

Vroeë resensies was opvallend positief en prys Die Kantoor

“Holy polony, dis werklik snaaks. So baie mense het probeer om The Office se suksesresep na te maak, maar die meeste pogings was so vergeetlik soos ’n aartappel. Dis Suid-Afrika se Die Kantoor wat die naaste aan die betowering van die oorspronklike sitkom kom.” se Sergio Pereira (Fortress of Solitude)

“Die Kantoor se cringe-komedie is skitterend. Daar’s baie oomblikke wat jou hardop laat lag. Dit trek weg op volle vaart. Pretorius is basies perfek as Flip, so ook Bezuidenhout as Tjaart, en Daniah de Villiers as Emma, en Sipumziwe Lucwaba as Nqobani, ens.” sê Joel Ontong (News24)

“Soos vele ander was ek maar effe skepties oor ’n Afrikaanse weergawe van die internasionale TV-treffer The Office. Die eerste episode het egter elke bekommernis gesus en ’n aanhanger in my geskep. Daar is dalk diegene wat dink, ‘Ek het nooit van die oorspronklike reeks gehou nie, hoekom sal hierdie dan nou anders wees?’ Ek was een van daardie mense. Tog het ek hardop gelag.” se Mizanne van Wyk (Maroela Media)

Ek moet sê dat ek saamstem met hierdie resensies. Ek het myself pap gelag het in ‘n paar episodes van hierdie reeks. Flip is 100% korrek as hy sê “Braai maak alles reg.”

NetfloristOfferforge

Nuwe episodes van Die Kantoor verskyn Dinsdae op Showmax en word Sondae om 20:00 op kykNET (DStv kanaal 144) uitgesaai. Die reeks is ook op DStv Stream beskikbaar.

Intussen berei Bezuidenhout hom voor vir ’n internasionale toer deur Australasië en Europa met sy jongste stand-up-vertoning, Hey Hey Divorcé – materiaal wat direk uit sy egskeiding in 2024 gebore is. Volgens hom was die skryfproses terapeuties, wat waarskynlik beteken dit gaan vir almal anders pynlik snaaks wees.

Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Television kategorie op Running Wolf’s Rant.

Wil jy jou besigheid, gebeurtenisse, produk of diens bemark? Ons kry meer as 14,000 bladsy-kyke elke maand! Kontak Ons vir bemarkings en reklame opsies.

Jy sal dalk ook hiervan hou

  • ‘n Onderhoud met Albert Pretorius (Flip in Die Kantoor)

    Die Kantoor
    Celebrity Interviews 12 Jan 2026
  • Die Kantoor (Afrikaanse weergawe van “The Office”) is oppad

    Die Kantoor - Schalk Bezuidenhout
    Television 25 Nov 2025
  • Kanarie: 5 reasons why it’s is a gem (even if you’re not Afrikaans)

    Kanarie
    Streaming 6 Aug 2019
  • Hot Water release new single: “Home”

    Hot Water at Park Acoustics
    Music Videos 21 May 2020

Sluit Aan By Die Wolfpak

📻 Teken in op ons Nuusbrief

Help Om Ons Aan Die Gang Te Hou

☕ Ondersteun Ons

Verken Running Wolf's Rant

🎥 Check ons Screen Hub uit🇮🇿 Besoek die Afrikaanse Hoekie📅 Check bietjie Upcoming Events uit🎤 Check die SA Gig Guide uit
Afrikaans Die Kantoor DSTV Schalk Bezuidenhout Showmax
Share. Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link
Henno Kruger

Music Lover, Avid Festival Goer and Founder and Owner of Running Wolf's Rant.

Leave A Reply Cancel Reply

NetfloristOfferforge
Nog Artikels
  • SA's Rick Treweek brings home an Emmy 1
    SA’s Rick Treweek brings home an Emmy
    September 9, 2026
  • kykNET
    Wat’s te sien op die kykNET Kanale in Julie 2026?
    July 7, 2026
  • kykNET
    Wat’s op die kykNET Kanale in Junie 2026?
    June 3, 2026
  • kykNET
    Mei 2026 Hoogtepunte op KykNET
    May 1, 2026
  • Hidden Gems South Africa
    BBC Lifestyle To Launch Hidden Gems South Africa
    April 16, 2026
  • M-Net
    What’s on M-Net in March 2026?
    March 8, 2026
  • DSTv
    What’s on DStv in February 2026?
    February 10, 2026
  • DSTv
    What’s on DSTv in December 2025?
    December 5, 2025
NetfloristOfferforge
Populêre Onderwerpe
South Africa 3,290
Rock 614
Useful Tips 563
Afrikaans 515
USA 336
Cape Town 335
Pretoria 304
Johannesburg 290
Festivals 199
UK 178
Facebook X (Twitter) Instagram YouTube Spotify TikTok
© 2026 ThemeSphere. Designed by ThemeSphere.

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.