Close Menu
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Subscribe
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Home » Celebrity Interviews » ‘n Onderhoud met Albert Pretorius (Flip in Die Kantoor)

‘n Onderhoud met Albert Pretorius (Flip in Die Kantoor)

Blitsoorsig: Showmax het die eerste lokprent vir Die Kantoor vrygestel, die 14de weergawe van die wêreldtreffer The Office. Die reeks debuut op kykNET en Showmax in Januarie met Albert Pretorius in die hoofrol as Flip, bestuurder van Deluxe Processed Meats. Die Suid-Afrikaanse weergawe het sy eie sin vir humor wat verskil van die Britse en Amerikaanse versies.

Henno KrugerBy Henno KrugerJanuary 12, 2026No Comments8 Mins Read Celebrity Interviews 126 Views
Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link

Showmax het pas die eerste lokprent vir Die Kantoor vrygestel, die Suid-Afrikaanse verwerking van die wêreldtreffer The Office, onder lisensie van BBC Studios.

Die eerste aflewering word Sondag 18 Januarie om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) uitgesaai, en op Dinsdag 20 Januarie is daar ’n dubbeldoorlagdosis wanneer die eerste twee episodes op Showmax première. Daarna sal een nuwe episode per week op albei platforms beskikbaar wees.

Die Kantoor

Die lokprent gee Suid-Afrikaners hul eerste voorsmakie van die 2025 Fleur du Cap- en Woordtrofee-wenner Albert Pretorius (Niggies; Nêrens, Noord-Kaap) as Flip, die bestuurder van die polonieverspreiders Deluxe Processed Meats.

Ek het met Albert Pretorius gesels om meer uit te vind oor sy grootste TV-rol nog…

NetfloristOfferforge

Die kantoorbestuurder is ’n ikoniese rol wat vir beide Ricky Gervais en Steve Carell hul eerste Golden Globes besorg het, onderskeidelik as David Brent in die Britse weergawe en Michael Scott in die Amerikaanse weergawe. Het jy onder druk gevoel oor die groot skoene wat jy moet volstaan?

“Ja, dit is ’n angswekkende enetjie, want dis een van dié droomrolle. Bitter min mense kry ooit die kans om so ’n groot rol te speel.”

Vertel ons van Flip.

“Flip sien homself as die Rassie Erasmus van polonie. In sy kop maak die dokumentêre span sy Chasing the Sun, oor hoe hy hierdie span na die volgende vlak van sukses neem.”

“Hy het grootgeword met Leon Schuster. So, hy is lief vir poetse en candid camera-grappies en probeer dit ook in die dokumentêr inbring.”

“Hy worstel met wat dit beteken om ’n man te wees – ’n Afrikaanse man – maar hy besef nie dat baie van die eienskappe waarna hy streef argaïes is nie. Of dat hy eintlik baie min van hierdie eienskappe enigsins het nie. Dis waar die komedie lê, want hy probeer so bleddie hard net om aanvaar te word.”

NetfloristOfferforge

“Is dit nie wat cringe-komedie is nie? Mense wat hul bes probeer deur absoluut die ergste weergawes van hulself te wees.”

Wat was jou eerste indruk toe jy Die Kantoor se draaiboek lees?

”Ek is eers net een monoloog gestuur, sonder konteks, en my onmiddellike reaksie was: “Ons kan niks hiervan op TV sê nie.”

Wat het jou toe laat instem tot die rol?

”Toe ek die volledige draaiboeke lees, het ek besef daar is baie onnoselheid, maar daar is ook baie hart en dinge waarmee mense hulle sal kan vereenselwig.”

”Daar is wel onvanpaste goed, en op die eerste dag het Bennie vir die rolverdeling en span gesê: “Luister, Flip het geen filter nie, maar Albert is die gaafste ou. Wat ook al oor sy lippe rol oor die volgende sewe weke – moenie aanstoot neem nie.”

NetfloristOfferforge

”Maar wanneer Flip iets ergs sê, is daar gewoonlik ’n kyk na die kamera, of hy betrap homself, of een van die ander karakters is duidelik geskok. Daar is dus ook kommentaar op die onvanpastheid.”

Was jy ’n aanhanger van The Office voordat julle begin verfilm het?

“Ek het die Britse weergawe as dramastudent aan die Universiteit van Kaapstad gekyk en vir die eerste 15 minute nie besef dit is nie regtig ’n dokumentêr nie. Daarna was ek soos: “Julle ouens! Wow! Oukei, oukei, dis geniaal.”

“Ek was so mal daaroor dat ek aanvanklik geweier het om die Amerikaanse weergawe te kyk. Maar daardie een het my toe deur Covid gedra. Die twee weergawes is baie verskillend, maar albei briljant.”

Watter een het jy verkies?

“Ek kan nie sê nie. Ek hou van die cringe-faktor van die Britse een en die hart van die Amerikaanse een. Ek is mal oor Ricky Gervais: Hy is die oorspronklike baas, en dit is sy breinkind. Maar daar is ook iets aan Steve Carell, en ek dink sy verhouding met Holly is een van die mooiste romanses in die geskiedenis van TV.”

NetfloristOfferforge

Aan watter een is Die Kantoor die naaste?

“Ons het ons eie sin vir humor. So, ons s’n is anders as beide. Dit is nie heeltemal die Britse cringe of so oordrewe soos die Amerikaanse humor nie. Dis weer iets anders.”

Jy het saam met ’n sterk ensemble van akteurs gewerk. Moes hulle regtig by hul lessenaars bly soos agtergrond-ekstras selfs wanneer hulle nie in ’n toneel was nie?

“Ja. Die kameras kon hulle enige oomblik vang. So, hulle moes in karakter bly. Dit het ongelooflik baie bygedra daartoe om dit soos ’n regte kantoor te laat voel.”

“Hulle het baie tyd gehad. Ilse [Oppelt] het haarself leer teken, en op die laaste skietdag het sy vir elke akteur en spanlid ’n tekening gegee wat sy gemaak het.”

“Ek is seker daar was tye wat hulle gevoel het: “Vandag is ek net in die agtergrond.” Maar wanneer jy die eerste episode kyk, sien jy hoe gereeld ander spelers gewys word en besef jy Flip doen baie van die praatwerk, maar dit is 100% ’n ensemble. Dit is Joanne wat ’n kyk gee; Gavin wat ’n foto neem van ’n uitbarsting; Joubert wat ’n wenkbrou lig – dis wat die reeks regtig laat werk.”

Buiten Die Kantoor, wat hou 2026 vir jou in?

“Ek het pas saam met my verloofde in ’n nuwe huis ingetrek, ek word 40, en ek trou. So, op die oomblik is my groot fokus my gastelys. Ek is ook besig om ’n kortfilm te skiet en voor te berei vir nog opvoerings van die toneelstuk Ek is nie Danie.”

Hoe oud is jy in vergelyking met jou karakter?

“Ek word vanjaar 40, net voor my bruilof. Flip is ouer, miskien so 44, maar met die waardes van ’n 60-jarige.”

Waar is jy gebore en waar het jy grootgeword?

“Ek is in Pretoria gebore, maar ek het op ’n plaas buite Volksrust in Mpumalanga grootgeword, ’n klein dorpie. My pa was ’n onderwyser en ’n boer: beeste, skape, ’n bietjie graan.”

“Toe ek op hoërskool was, het ons Pretoria toe getrek en was ek in Die Wilgers. Ek was daar saam met [die aktrise] Cintaine Schutte op skool. Ons is saam matriekafskeid toe.”

Waar woon jy nou?

“Terwyl ons Die kantoor verfilm het, het ek saam met my verloofde in ’n nuwe huis in Rondebosch, Kaapstad, ingetrek.”

Wat was jou laaste hoofrol in ’n TV-komedie?

“Johan Bester in Buurtwag. Ek grap dat dit lyk of ek elke 10 jaar die hoofrol in ’n komedie kry.”

Hoe was dit om saam met die hoofskrywer en regisseur van die reeks, Bennie Fourie, te werk?

“Wat ek daarvan hou om saam met Bennie te werk, is dat hy regtig veg vir tyd om toneel te speel. Vertolking is belangrik vir hom. So, alles was ingestel daarop om tyd te spaar vir ons om langer te kan speel. Daar was nie beligtingverstellings ná elke toneel of baie kostuumveranderings nie.”

“Dit het beteken ons kon tonele verskeie kere skiet en só regtig die toneel en die karakters en die grense verken. Ons sou twee of drie keer voor ’n toneel repeteer en dan omtrent vier keer uit verskillende kamerahoeke skiet, wat ongehoord is op plaaslike TV.”

“Dit was een van my beste ervarings. Dit was net so lekker. Die hoeveelheid kere wat ons moes stop omdat almal uitgebars het van die lag… Ek hou altyd daarvan wanneer ’n span ook lag – dis ’n groot aansporing.”

Ek wil vir Albert baie dankie sê vir hierdie onderhoud en ek wens hom als van die beste vorentoe toe.

Kyk die lokprent vir Die Kantoor hier onder:

Die Kantoor | Tease Trailer  | Showmax

Terwyl jy wag vir die Suid-Afrikaanse een in Januarie, kyk gerus op Showmax na die Amerikaanse weergawe van The Office S1–9 en sy susterreeks The Paper.

Meer inligting oor The Office

Meer as 20 jaar gelede is die wêreld uitgeboul deur die saai maar skreeusnaakse mokumentêre wêreld van The Office, geskep deur Ricky Gervais en Stephen Merchant.

Metacritic lys die oorspronklike Britse weergawe as die mees hoogaangeskrewe komediereeks van alle tye. Die Amerikaanse weergawe het vyf Emmys gewen, insluitend die toekenning vir beste komediereeks, en was die mees gestroomde program ter wêreld in 2020.

Hierdie universele aantrekkingskrag het daartoe gelei dat die Bafta- en Golden Globe-bekroonde kultuskomedie vir gehore dwarsoor die wêreld verwerk is. Die Kantoor (die Suid-Afrikaanse uitgawe) is die 14de verwerking van dié formaat.

Rapid Blue, deel van BBC Studios, vervaardig dié Showmax Original-reeks, met die Safta- en Silwerskermwenner Bennie Fourie (Hotel) as hoofskrywer en regisseur. BBC Studios hanteer wêreldwye verkope.

Benewens Pretorius sluit die rolverdeling die Safta-wenner Schalk Bezuidenhout (Kanarie, Hotel), die legendariese veteraan Lida Botha (Die Kwiksilwers), Carl Beukes (Jozi, The Shakedown), Silwerskermwenner Ilse Oppelt (Oh Schuks I’m Gatvol, Fishy Fêshuns), Daniah de Villiers (Mia in Mia and the White Lion), Mehboob Bawa (Bhai in Bhai’s Cafe), voormalige KFM-aanbieder Sipumziwe Lucwaba en die nuweling Gert du Plessis in.

Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Streaming kategorie op Running Wolf’s Rant.

Wil jy jou besigheid, gebeurtenisse, produk of diens bemark? Ons kry meer as 14,000 bladsy-kyke elke maand! Kontak Ons vir bemarkings en reklame opsies.

Jy sal dalk ook hiervan hou

  • Schalk Bezuidenhout verruil stand-up vir ’n 9-tot-5-jop

    Die Kantoor - Schalk Bezuidenhout
    Television 3 Feb 2026
  • Die Kantoor (Afrikaanse weergawe van “The Office”) is oppad

    Die Kantoor - Schalk Bezuidenhout
    Television 25 Nov 2025
  • DStv Stream: Showmax Originals’ New Home

    Showmax on DSTV Stream
    Streaming 19 Mar 2026
  • MultiChoice Announces Shutdown of Showmax

    Showmax
    Streaming 5 Mar 2026

Sluit Aan By Die Wolfpak

📻 Teken in op ons Nuusbrief

Help Om Ons Aan Die Gang Te Hou

☕ Ondersteun Ons

Verken Running Wolf's Rant

🎥 Check ons Screen Hub uit🇮🇿 Besoek die Afrikaanse Hoekie📅 Check bietjie Upcoming Events uit🎤 Check die SA Gig Guide uit
Afrikaans Die Kantoor DSTV Showmax South Africa
Share. Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link
Henno Kruger

Music Lover, Avid Festival Goer and Founder and Owner of Running Wolf's Rant.

Leave A Reply Cancel Reply

NetfloristOfferforge
Nog Artikels
  • Elizabeth Moss
    Elisabeth Moss Shares Her Views on The Handmaid’s Tale Season 6
    April 24, 2025
  • Sandra Prinsloo - Koek - Showmax
    Nel sê “Koek”-tipe storie is nog nooit Afrikaans vertel nie
    April 30, 2024
  • Seth Macfarlane
    An Interview With Seth MacFarlane About The Ted Series
    February 13, 2024
  • Melissa Myburgh - Trompoppie
    Trompoppie op Showmax: Melissa Myburgh Gesels Met Ons
    November 28, 2023
  • Boetie Boer
    Boetie Boer Director Shares Thoughts On Meeting Killer
    October 18, 2023
  • Spinners - Cantona James
    ‘n Onderhoud met Cantona James (Ethan in Spinners)
    October 11, 2023
  • Stella Murders - Showmax - David Enright
    David Enright Tells Us More About “Stella Murders”
    March 22, 2023
  • Lea Vivier - Dam
    Lea Vivier praat oor haar rol in Dam (Die Showmax Reeks)
    February 22, 2023
NetfloristOfferforge
Populêre Onderwerpe
South Africa 3,290
Rock 614
Useful Tips 563
Afrikaans 515
USA 336
Cape Town 335
Pretoria 304
Johannesburg 290
Festivals 199
UK 178
Facebook X (Twitter) Instagram YouTube Spotify TikTok
© 2026 ThemeSphere. Designed by ThemeSphere.

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.