Close Menu
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Subscribe
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Home » Celebrity Interviews » Trompoppie op Showmax: Melissa Myburgh Gesels Met Ons

Trompoppie op Showmax: Melissa Myburgh Gesels Met Ons

Blitsoorsig: Trompoppie debuut op Showmax 7 Desember met weklikse episodes tot 8 Februarie. Die reeks volg Luna, 'n gimnas wie 'n beurs na 'n gesogte privaatskool kry. Wanneer 'n ontgroeningstradisie lelik skeefloop, begin trompoppies sterf en die gemeenskap se perfekte fasade ineenstort. Actress Melissa Myburgh speel Luna en vertel oor die rol, haar voorbereiding en die ondersteuning van die res van die cast.

Henno KrugerBy Henno KrugerNovember 28, 2023No Comments5 Mins Read Celebrity Interviews 178 Views
Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link

Trompoppie première op 7 Desember 2023 op Showmax, met nuwe episodes op Donderdae totdat die reeks op 8 Februarie 2024 ten einde loop.

As Luna, ’n talentvolle gimnas, ’n beurs toegeken word aan ’n gesogte privaatskool wat sy andersins nooit sou kon bekostig nie, word sy in die genadelose wêreld van ’n elite groep trompoppies gegooi. Nadat ’n ontgroeningstradisie lelik skeefloop, sterf die een trompoppie ná die ander en dié gemeenskap se oënskynlike perfekte fasade begin ineenstort.

Melissa Myburgh bou voort op haar Silwerskermtoekennings-benoeming as beste aktrise in ’n drama vir Dinge van ’n kind met haar rol as Luna. Ons het met Myburgh gesels om meer uit te vind.

Het jy van trompoppies geweet voordat jy by die projek betrokke geraak het?

“Ja, ek het van trompoppies geweet. My skool het dit nie gehad nie, maar toe ek ses jaar oud was, het ons verby ’n kerk gery waar trompoppies geoefen het.”

NetfloristOfferforge

Melissa Myburgh - Trompoppie

“My ma het my toe gevat om te gaan kyk en ek wou deel daarvan wees, maar hulle het sewe dae ’n week geoefen – en twee keer op Saterdae vir ses ure. My ma was soos, ‘Jy’s ses, nee’. En my hart was gebroke! Ek wou so graag ’n trompoppie geword het toe ek ses jaar oud was. (lag)”

Vertel vir ons meer oor jou karakter op Trompoppie, Luna

“Luna is ’n gimnas. Sy is baie goed, baie talentvol, baie ambisieus, maar sy het nie die nodige geld en geleenthede om dit na te jaag nie. Dan kom daar hierdie ryk tannie, Jill (Marion Holm), om haar te red. Sy beland in hierdie privaatskool, Deacon College, en alles lyk wonderlik en glinsterend en skitterend – tot die einde van die eerste episode.”

Wat van die reeks staan vir jou uit?

“Ek dink my gunsteling-deel van die reeks is dat wanneer jy vir Luna ontmoet, sien jy ’n vaal, normale meisie en jy onderskat haar. En dít is wat sy wil hê (moet gebeur).  So, soos die reeks aangaan, bevraagteken jy jou eie oordeel. Luna gaan baie mense skok; sy is nie wat jy verwag nie.”

“Die hele reeks is so. Elke keer as jy dink jy ken die resep en jy weet wat in die volgende episode gaan gebeur, of hoe dit gaan verloop, word alles weer omvergewerp.”

NetfloristOfferforge

Hoe stem jy met jou karakter ooreen?

“Ek dink partykeer as mense my sien, dan dink hulle ook dalk, ‘Sy’s nie baie spesiaal nie’ en hulle onderskat my. Dis seker lekker, want jy kan mense verras. (giggel). Ek het baie aanklank by haar gevind, en ek voel ek het baie by haar van myself geleer. Ek dink dit is wat karakters soms raak – hulle word ’n spieël en jy begin vir jouself vrae vra.”

“Ons is albei ambisieus. Luna is dalk té ambisieus. Sy sal doen wat ook al dit verg om te kom waar sy moet, maar ek dink nie ek sal noodwendig so ver gaan nie.”

Hoe het jy vir die rol voorberei?

“Vir voorbereiding vir Luna as gimnas, het ek gimnastiekklasse gehad en ons het ook trompoppie-lesse gehad waar ons baie basiese bewegings en ’n roetine geleer het.”

“’n Mens kan nie in ’n week ’n gimnas word nie, maar ek het gelukkig balletopleiding en ek het vir ses weke geoefen voordat ons begin skiet het, en ’n dieet soos dié van ’n gimnas gevolg sodat ek ten minste lyk asof ek weet wat ek doen. Daar was ’n dubbelganger. So, die tuimel deur die lug is nie ek nie. Die split? Ook nie ek nie.”

NetfloristOfferforge

Hoe het jy en die ander akteurs wat trompoppies vertolk oor die weg gekom?

“Dit het gevoel asof ek hoërskool kan oordoen, maar hierdie keer is ek nie geboelie nie. Ek het reeds vir Elzet (Nel) en Celeste (Loots), wat Mindy en Zanne speel, geken omdat ons verlede jaar saam aan ’n rolprent gewerk het, en dit was lekker om weer bymekaar te wees.”

“In die reeks is hulle so bitsig en katterig; hulle is hierdie ambisieuse tienerdogters wat almal werklik net vir hulself skerm en bo probeer uitkom. Maar sodra hulle ‘cut!’ roep, is ons vriende. Jis, ons het gelag en ons het gaan wyn drink. 

“Dis was so ’n ondersteunende omgewing. As een ’n slegte dag het, dan dra die res daai persoon. Dit was nog altyd my droom om ’n groepie vroue as vriendinne te hê, en ek dink ek het dit gekry.”

Hoekom moet mense Trompoppie kyk?

“Kykers kan uitsien na raaisels, baie kinkels, definitief ook aksie en ook hoe ek ’n hele paar keer op my boude val (lag). Dis vermaaklik, maar ek dink die kykers gaan begin kyk en hulself afvra, ‘Wat sal ek doen om te kry wat ek wil hê? Hoe ver sal ek gaan?’” 

NetfloristOfferforge

Ons wil die geleentheid gebruik om vir Melissa te bedank vir hierdie onderhoud. Ons wens haar als van die beste toe met haar loopbaan.

Kyk die lokprent vir Trompoppie hier onder:

YouTube video player

As jy nog nie ‘n Showmax account het nie, kry ene HIER.

Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in the Television kategorie op Running Wolf’s Rant.

Wil jy jou besigheid, gebeurtenisse, produk of diens bemark? Ons kry meer as 14,000 bladsy-kyke elke maand! Kontak Ons vir bemarkings en reklame opsies.

Jy sal dalk ook hiervan hou

  • DStv Stream: Showmax Originals’ New Home

    Showmax on DSTV Stream
    Streaming 19 Mar 2026
  • MultiChoice Announces Shutdown of Showmax

    Showmax
    Streaming 5 Mar 2026
  • Schalk Bezuidenhout verruil stand-up vir ’n 9-tot-5-jop

    Die Kantoor - Schalk Bezuidenhout
    Television 3 Feb 2026
  • Brakpan Chronicles Trailer Released by Showmax

    Brakpan Chronicles
    Streaming 29 Jan 2026

Sluit Aan By Die Wolfpak

📻 Teken in op ons Nuusbrief

Help Om Ons Aan Die Gang Te Hou

☕ Ondersteun Ons

Verken Running Wolf's Rant

🎥 Check ons Screen Hub uit🇮🇿 Besoek die Afrikaanse Hoekie📅 Check bietjie Upcoming Events uit🎤 Check die SA Gig Guide uit
Afrikaans Melissa Myburgh Showmax South Africa Trompoppie
Share. Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link
Henno Kruger

Music Lover, Avid Festival Goer and Founder and Owner of Running Wolf's Rant.

Leave A Reply Cancel Reply

NetfloristOfferforge
Teken in op ons Nuusbrief

Vul jou e-pos adres in om opdaterings in jou Inboks te kry

Nog Artikels
  • Die Kantoor
    ‘n Onderhoud met Albert Pretorius (Flip in Die Kantoor)
    January 12, 2026
  • Elizabeth Moss
    Elisabeth Moss Shares Her Views on The Handmaid’s Tale Season 6
    April 24, 2025
  • Sandra Prinsloo - Koek - Showmax
    Nel sê “Koek”-tipe storie is nog nooit Afrikaans vertel nie
    April 30, 2024
  • Seth Macfarlane
    An Interview With Seth MacFarlane About The Ted Series
    February 13, 2024
  • Boetie Boer
    Boetie Boer Director Shares Thoughts On Meeting Killer
    October 18, 2023
  • Spinners - Cantona James
    ‘n Onderhoud met Cantona James (Ethan in Spinners)
    October 11, 2023
  • Stella Murders - Showmax - David Enright
    David Enright Tells Us More About “Stella Murders”
    March 22, 2023
  • Lea Vivier - Dam
    Lea Vivier praat oor haar rol in Dam (Die Showmax Reeks)
    February 22, 2023
NetfloristOfferforge
Populêre Onderwerpe
South Africa 3,317
Rock 616
Useful Tips 564
Afrikaans 525
Cape Town 342
USA 337
Pretoria 305
Johannesburg 292
Festivals 202
UK 178
Facebook X (Twitter) Instagram YouTube Spotify TikTok
© 2026 ThemeSphere. Designed by ThemeSphere.

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.