Close Menu
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Subscribe
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Home » Celebrity Interviews » Lea Vivier praat oor haar rol in Dam (Die Showmax Reeks)

Lea Vivier praat oor haar rol in Dam (Die Showmax Reeks)

Blitsoorsig: Lea Vivier discusses the success of Dam, the psychological thriller with magical realism elements created by Alex Yazbek. The show was one of 2021's most-watched titles and earned 11 SAFTA nominations. Vivier talks about the cast's chemistry, the challenges of underwater scenes, and why season two is worth watching for its authentic South African storytelling approach.

Henno KrugerBy Henno KrugerFebruary 22, 2023No Comments5 Mins Read Celebrity Interviews 235 Views
Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link

Lea Vivier het met ons gesels oor Dam en so paar ander goedjies. Die eerste seisoen van Dam, die riller vol kinkels en verrassende draaie, geskep deur viermalige SAFTA-wenner Alex Yazbek, was een van die 10 titels wat in 2021 die meeste gekyk is op Showmax.

Dit was ook die dramareeks met die meeste benoemings by die 2022 SAFTA’s, en het gloeiende resensies ingeryg vir die manier waarop die reeks grense verskuif het in Suid-Afrikaanse TV.

Lea Vivier - Dam

Dit is nou drie maande na die Lentefees. Dit lyk of die kultus se rituele offer gewerk het: reën het gekom en die land vernuwe. Yola onthou niks sedert haar terugkeer vir haar pa se begrafnis nie. Kan sy die legkaartstukke laat pas terwyl diamante ontdek word, ‘n massagraf opgegrawe word en ‘n monster in die dam opduik?

Lea Vivier en Pallance Dladla keer terug in hul SAFTA-benoemde rolle as Yola en Themba, met Natasha Loring wat haar SAFTA-wenrol as Yola se suster, Sienna, vertolk. Gemaak in vennootskap met Picture Tree en die Oos-Kaapse Ontwikkelingskorporasie, het die Showmax Original ook die beste kunsregie vir Sue Steele by die 2022 SAFTA’s gewen.

NetfloristOfferforge

Lea Vivier in Dam Season 2

Dam is in Adelaide en Bedford in die Oos-Kaap verfilm, en die rolverdelings sluit ook die SAFTA-wenners Antoinette Louw en Tarryn Wyngaard in; asook Fleur du Cap-wenner en Africa Movie Academy Award-benoemde Faniswa Yisa; Laudo Liebenberg, Francis Chouler en Gerald Steyn; en SAFTA-benoemdes Jennifer Steyn, Andre Odendaal en Marvin-Lee Beukes.

Ons het met Lea Vivier gesels om meer uit te vind oor die Showmax Original-treffer

Hoe was die reaksie op die eerste seisoen?

‘n Groot verskeidenheid mense het my op baie verskillende plekke voorgekeer en gesê: “Is jy Yola van DAM? Ons het die storie so geniet! Dit was ‘n wonderlike groep akteurs en het eg Suid-Afrikaans gevoel.”

Dit blyk dat mense die feit dat dit ‘n hele klomp verskillende Suid-Afrikaners is wat bymekaar kom en een storie vertel – in ons verskillende tale, met die verskillende kulturele erfenisse – baie geniet het. Ons vertel nie bloot ‘n storie in isolasie van mekaar nie; dit is ‘n pragtige ensemble-werk.

Hoe het dit gevoel toe Dam verlede jaar vir 11 SAFTA’s genomineer is?

Dit was ’n aangename verrassing, veral omdat Dam reeds ‘n jaar en ‘n half voor die SAFTA-benoemings uitgekom het. So ek het nie soveel benoemings verwag nie. Maar natuurlik was ons almal baie bly en dankbaar. Wanneer jy TV en film doen, kry jy nie gehoor-applous soos op die verhoog nie, so dit is heerlik om erken te word vir jou werk en om te weet dat mense die harde werk en bloed, sweet en baie trane waardeer wat ingesit is.

NetfloristOfferforge

Hoe sou jy Dam beskryf?

Dit is ‘n sielkundige riller, met baie invloede van magiese realisme. Dis vars. Dis ’n Suid-Afrikaanse storie wat ek nog nie voorheen op ons skerms gesien het nie.

Wat was hierdie seisoen vir jou die grootste uitdaging?

All die onderwater-tonele. Ek moes eintlik ‘n intreevlak-skubakursus doen sodat ek al die onderwatertonele kon uitvoer. Ek is claustrofobies en glad nie ‘n goeie swemmer nie, so dit was baie uitdagend. Ek weet nie hoekom mense aanhou om my vir swemprojekte te kies nie! Ek kan hondjie-slag swem.

Lea Vivier in Dam

Hoekom moet mense die nuwe seisoen kyk?

Want Seisoen 1 het met ’n groot vraagteken geëindig. En omdat ons ’n eg Suid-Afrikaanse manier probeer vind om televisie te maak. Dit is nie net om te probeer navolg wat Amerikaners doen of wat ander mense in ander bedrywe gedoen het nie. Die reeks probeer om ons eie outentieke Suid-Afrikaanse voetspoor te vind.

As Lea Vivier nie ‘n akteur was nie, wat sou sy gewees het?

Ek sou seker in die sirkus wees. Ek sou ‘n sweefstok-kunstenaar wou wees. Of ek sou ‘n sielkundige wees, maar ek voel dat dit ‘n baie vervelige antwoord is. So kom ons gaan met sirkus.

NetfloristOfferforge

Wat is jou droomrol?

Ek was bevoorreg genoeg dat al my rolle fenomenaal was. Maar iets wat ek baie graag sou wou doen, wat ek tot nou toe nog nie gedoen het nie, is ‘n rol wat soveel prostetika en veranderinge in my voorkoms verg, dat wanneer ek in die spieël kyk, ek myself glad nie herken nie. Dit sal regtig opwindend wees en ek dink dit sal my in staat stel om ‘n ander dimensie van toneelspel te verken.

Wat is Lea Vivier se gunsteling-programme?

Daar is soveel briljante programme daar buite, maar tans is my gunstelinge White Lotus (Seisoen 1 en 2), asook Succession. Ek is ‘n groot aanhanger van Brian Cox en het onlangs sy biografie gelees … Dit is ‘n meesterklas in toneelspel en hoe om die film- en televisiebedryf te benader.

Ek wil vir Lea Vivier dankie sê vir hierdie onderhoud en ek wens haar als van die beste toe met haar loopbaan.

Kyk die lokprent vir Dam Seisoen 2 hier onder:

NetfloristOfferforge

YouTube video player

Seisoen 2 van Dam kyk dit HIERstroom tans op Showmax, .

Goeie nuus! Tot 3 Maart 2023 sal intekenare wat vir een maand van Showmax betaal, ‘n tweede maand teen geen ekstra koste ontvang. Kyk DAM, The Real Housewives of Durban, HBO se The Last of Us en meer. Hierdie ooreenkoms is van toepassing op Showmax- en Showmax Mobile-planne en is beskikbaar vir nuwe en terugkerende Showmax-intekenare.

Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Television kategorie op Running Wolf’s Rant.

Wil jy jou besigheid, gebeurtenisse, produk of diens bemark? Ons kry meer as 14,000 bladsy-kyke elke maand! Kontak Ons vir bemarkings en reklame opsies.

Jy sal dalk ook hiervan hou

  • DStv Stream: Showmax Originals’ New Home

    Showmax on DSTV Stream
    Streaming 19 Mar 2026
  • MultiChoice Announces Shutdown of Showmax

    Showmax
    Streaming 5 Mar 2026
  • Schalk Bezuidenhout verruil stand-up vir ’n 9-tot-5-jop

    Die Kantoor - Schalk Bezuidenhout
    Television 3 Feb 2026
  • Brakpan Chronicles Trailer Released by Showmax

    Brakpan Chronicles
    Streaming 29 Jan 2026

Sluit Aan By Die Wolfpak

📻 Teken in op ons Nuusbrief

Help Om Ons Aan Die Gang Te Hou

☕ Ondersteun Ons

Verken Running Wolf's Rant

🎥 Check ons Screen Hub uit🇮🇿 Besoek die Afrikaanse Hoekie📅 Check bietjie Upcoming Events uit🎤 Check die SA Gig Guide uit
Afrikaans Dam Lea Vivier Showmax
Share. Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link
Henno Kruger

Music Lover, Avid Festival Goer and Founder and Owner of Running Wolf's Rant.

Leave A Reply Cancel Reply

NetfloristOfferforge
Teken in op ons Nuusbrief

Vul jou e-pos adres in om opdaterings in jou Inboks te kry

Nog Artikels
  • Die Kantoor
    ‘n Onderhoud met Albert Pretorius (Flip in Die Kantoor)
    January 12, 2026
  • Elizabeth Moss
    Elisabeth Moss Shares Her Views on The Handmaid’s Tale Season 6
    April 24, 2025
  • Sandra Prinsloo - Koek - Showmax
    Nel sê “Koek”-tipe storie is nog nooit Afrikaans vertel nie
    April 30, 2024
  • Seth Macfarlane
    An Interview With Seth MacFarlane About The Ted Series
    February 13, 2024
  • Melissa Myburgh - Trompoppie
    Trompoppie op Showmax: Melissa Myburgh Gesels Met Ons
    November 28, 2023
  • Boetie Boer
    Boetie Boer Director Shares Thoughts On Meeting Killer
    October 18, 2023
  • Spinners - Cantona James
    ‘n Onderhoud met Cantona James (Ethan in Spinners)
    October 11, 2023
  • Stella Murders - Showmax - David Enright
    David Enright Tells Us More About “Stella Murders”
    March 22, 2023
NetfloristOfferforge
Populêre Onderwerpe
South Africa 3,310
Rock 615
Useful Tips 564
Afrikaans 524
Cape Town 338
USA 336
Pretoria 305
Johannesburg 290
Festivals 200
UK 178
Facebook X (Twitter) Instagram YouTube Spotify TikTok
© 2026 ThemeSphere. Designed by ThemeSphere.

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.