Close Menu
  • Hubs
    • The Screen Hub
    • The Music Hub
    • The Knowledge Hub
    • Die Afrikaanse Hoekie
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram
Trending
  • The Springboks: 42 Interesting Facts you might not know
  • An Interview With Pretoria Bach Choir Conductor Edwin Mitas
  • Charlie Harris Shares Heartfelt Single: “Can You Feel Me”
  • New Oasis Documentary Trailer Released
  • Piano People South Africa: November & December 2026
  • Muse (Band): 21 Interesting Facts You Might Not Know
  • An Extensive Interview with Carol-Ann Meltzer (Khazimula)
  • Zolani Mahola’s LIFT Anthem Now on Streaming Platforms
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
  • Hubs
    • The Screen Hub
    • The Music Hub
    • The Knowledge Hub
    • Die Afrikaanse Hoekie
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Subscribe
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Home » Celebrity Interviews » ‘n Onderhoud met Cantona James (Ethan in Spinners)

‘n Onderhoud met Cantona James (Ethan in Spinners)

Henno KrugerBy Henno KrugerOctober 11, 2023No Comments9 Mins Read Celebrity Interviews 72 Views
Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link

Showmax en CANAL+ het sopas die tweede lokprent uitgereik vir Spinners, hul derde ko-produksie. Spinners het die eerste reeks uit Afrika geword wat gekies is om in kompetisie by Canneseries te wees. Die reeks het drie toekennings by Dakar-series gewen, insluitend Beste TV-reeks.

Die reeks het ook ’n staande ovasie ontvang by ‘n uitverkoopte Suid-Afrikaanse première by die Silwerskermfees; en was die openingsaand-vertoning by MIP Africa, wat goeie resensies opgelewer het, met TVFLD wat dit beskou as “die goudstandaard vir plaaslike produksies.”

Spinners - Cantona James

Meer inligting oor Spinners

Spinners volg Ethan, ‘n 17-jarige motorbestuurder wat vir ‘n plaaslike bende werk. Ethan moet sy jonger broer ondersteun, maar hy word al hoe meer gewalg van die bendelewe, en ontdek ‘n moontlike uitweg via spinning, ‘n ekstreme motorsport waar hy sy bestuursvaardighede beter kan gebruik. Met ‘n bende-oorlog op hande is die vraag: kan hy sy lewe vinnig genoeg omdraai?

Op die vooraand van Spinners se Showmax-première op 8 November 2023, het ons met die hoofakteur Cantona James (Arendsvlei, Blood & Water), wat Beste Vertolking by Dakar gewen het vir sy deurbraakvertoning as Ethan gesels.

Hier is wat hy te sê gehad het.

NetfloristOfferforge

Wat is die aantrekkingskrag van spinning?

“Ek het grootgeword in ‘n gemeenskap waar spinning groot was, maar my pa wou nie hê ek moet na die spin-geleenthede gaan nie. So ek het nooit regtig die aantrekkingskrag verstaan totdat ek vir my eie spin-toetsrit gegaan het nie. Toe maak dit uiteindelik sin. Dit is asof al jou probleme verdwyn. Jy fokus; dit is tussen jou en die kar, en net om te hoor hoe mense dit geniet.”

Vertel ons van werk met dubbelganger vir gevaarlike tonele?

“So ongelukkig het my stunt-double selde gewerk omdat ek ‘n method-akteur is. So ek het eenvoudig geweier. Gelukkig het ek ongelooflike afrigting van David Davidoss gekry. Daar was egter een dag wat die stunt-double wel moes werk. Daar was iewers bye en ek is allergies vir bye, so ek kon nie oor die muur spring nie. Maar die meeste van my toertjies het ek self gedoen – dit is meer geloofwaardig – en ek was mal daaroor.”

En die presisie-bestuur?

“Die presisiebestuurders… ek kan ongelukkig nie naby hulle kom nie, so ek kon nie daarop aandring om my eie toertjies agter die stuur te doen nie.”

“Dis ‘n totale kuns: jy dink hulle draai net die kar roekeloos, maar die akkuraatheid, om keer op keer as die kamera rol dieselfde ding te doen, was verstommend. Ons spinning-koördineerder Yaseen Damon is hoog op die ranglys by Red Bull Shay’ iMoto, so hy is regtig puik, en hy het ‘n wonderlike span bestuur. Hulle was elke keer ongelooflik.”

Vind jy aanklank met jou karakter in Spinners (Ethan), en sy storie?

“Ethan is myle ver verwyder van hoe ek grootgeword het. Ek het nie baie ryk grootgeword nie, maar ons was welaf genoeg. Ek het nooit gestres oor ‘n enkele ding waaroor Ethan moet dink nie. Ek het nooit nodig gehad om my broers en susters kos te gee nie. Hy het ook ‘n ouer wat met dwelms te doen het en ek het nooit regtig so iets, of die bendelewe ervaar nie.”

“Ek het wel begrip vir sy skuldgevoelens en dat hy verantwoordelik voel vir die keuses wat mense rondom hom maak. Ek het daardie ooreenkoms gevoel omdat ek baie jare met skuldgevoelens geloop het omdat ek nie my gesin beskerm het nie. Ek het my hele gesin verloor: my ma, broer en suster.”

“En omdat ek die oudste kind was, het ek gevoel dat ek nie genoeg gedoen het om hulle te beskerm nie. En Ethan ervaar ook die gevoel dat hy nie genoeg doen nie – al doen hy soveel hy kan. En ek het ook alles gedoen wat ek kon doen. Ethan het my gehelp om wonde te genees wat ek nooit besef het ongenees is nie.”

Hoe was dit om Spinners op die Kaapse Vlakte te verfilm?

“As iemand wat van Johannesburg kom, het ek al baie stories oor Lavender Hill gehoor. Lavender Hill was eintlik een van die plekke waarteen ek gewaarsku is, en aangesê is om nie in te gaan nie.”

“Die woord katarsis is baie op stel gebruik, want ons was omring deur die storie wat ons vertel. Ek praat van kinders van 10 jaar oud en jonger, wat nie by die skool is nie, wat werk, wat dwelms verkoop. Ek vertel ‘n fiktiewe storie, maar hierdie kinders leef daardie lewe.”

Spinners - Showmax Original

“So dit het my gehelp om die storie en die karakter te vind, en dit het ook ‘n gevoel van verantwoordelikheid gebring onder almal en oor alles wat ons doen, want ons kon sien vir wie ons dit doen.”

“Dit het ons in staat gestel om die menslikheid van al hierdie mense te sien. Dit was dus regtig ‘n pragtige ervaring vir my om in al hierdie gemeenskappe te wees.”

As ‘n method-akteur, kan jy vir ons van die mal dinge vertel wat jy gedoen het om vir die rol van Ethan voor te berei?

“Ek het destyds vir so drie jaar gerook, ‘n pakkie en ‘n half per dag. Letterlik, die naweek voor ek begin skiet het, het ek nog gerook omdat my tannie oorlede is, en ek moes na haar begrafnis toe gaan. Dit was baie stresvol, so ek het gerook.”

“Maar die oomblik toe ek as Ethan op stel gestap het, het ek ophou rook. Dit het my baie gehelp, want die angs het weer in my liggaam begin opduik, sodat ek alles kon wys waardeur hy gaan.”

“Ek het, ter voorbereiding vir die rol, begin om slegs een keer per dag te eet, want Ethan het nie die luukse om meer as een keer per dag te eet nie. Ek het besef dat wanneer jou maag harder praat as jou gedagtes, jou morele kompas begin vervaag, want nou sal jy enigiets doen om te oorleef. Jou veg-of-vlug begin harder praat as enige iets anders; harder as jou gewete.”

“En so sal jy doen wat jy moet doen om te oorleef. Om dit in my liggaam te hê, maar myself te herinner dat iemand anders slegter voel, my bababoetie, dit het net die verantwoordelikheid verhoog wat ek gevoel het ek nodig het om vir hom te sorg.”

“Daar is net een toneel waar my karakter huil. Net een, al hy gaan deur soveel dinge. So om reg aan my karakter te laat geskied, kan ek nie huis toe gaan en hierdie gevoelens toelaat wanneer hy dit nie doen nie. Dit is die minste wat ek vir hom kon doen.”

“So ek het my karakter huis toe geneem, wat nooit regtig ‘n goeie ding is nie. Die mense saam met wie ek gewoon het, het nie regtig gehou van die feit dat ek vir die vier maande wat ons geskiet het, geen emosie getoon het nie.”

Hoe was dit om weer met jou Arendsvlei mede-ster Chelsea Thomas te werk?

“Om saam met Chelsea te werk was ‘n pragtige reis. Ek het Chelsea ‘n paar jaar gelede ontmoet toe sy nog op universiteit by Northlink was en ek het dadelik geweet daar is iets besonders aan hierdie meisie. Sy het hierdie intense passie gehad, maar sy was so gefokus.”

“Ek onthou toe ons die beskrywings vir die nuwe karakters gekry het, en ek sien daar is ‘n liefdesbelangstelling vir my karakter, ek het ‘n bietjie speurwerk gedoen, en na elke persoon gegaan wat ‘n oudisie vir die rol afgelê het. En dit het net nie reg gesit vir my nie, daar was nie daardie connection nie, en ek het vir haar ‘n boodskap gestuur, en gesê sy moet ‘n oudisie doen vir die rol van Amber.”

“Sy het reeds ‘n e-pos gekry, so sy het ‘n oudisie daarvoor gedoen. En sedert die eerste dag was ons ‘n TV-match made in heaven, want ons het goed gewerk, voor die kameras en agter die skerms. Ek is bitter erg oor haar. Op ‘n stadium toe ek te diep in karakter was, het ek gedink ek is verlief op haar, maar toe word ek daaraan herinner dat ons beste vriende is, en dis hoekom ek nie geweet het wat aangaan nie. Method acting!”

Het jy ‘n hoogtepunt op die stel gehad van Spinners?

“Elke dag was ‘n hoogtepunt, eerlikwaar. Vir my as ‘n jong opkomende kunstenaar was dit ‘n droom wat waar geword het. Ek moes saam met mense toneelspeel wat my geïnspireer het om ‘n akteur te word, soos Brendon Daniels. Ek kon vir hulle wys waartoe ek in staat is, en hoe graag ek dit wil hê. Nie net oor my vermoëns praat nie, maar dit wys. Dit was ‘n groot oomblik vir my.”

Cantona James - Spinners

Enige snaakse stories?

“Ek moes iemand dra, en hardloop met hierdie persoon in my hande, en ek het geval. En onthou dit gebeur voor ‘n bruin gemeenskap: hulle laat jou nie maklik met iets wegkom nie, so ek moes sit en net eers ‘n bietjie uitgelag word.”

Hoekom moet mense Spinners kyk?

“Dit is ‘n vertoning wat jou laat voel asof jy ‘n bakkie roomys eet, maar op ‘n baie warm dag, so dit smelt vreeslik vinnig. Dit is só intens.”

“Ek dink baie mense wat Spinners kyk gaan ‘n gevoel van tuiskoms beleef, al is daar baie hartseer in die verhaal. Baie mense sal aanklank vind by Spinners. Elke karakter is so ontwikkel dat iemand op een of ander manier diep sal vereenselwig met een van daardie karakters en die storie wat vertel word. Mense moet na Spinners kyk want dit gaan een van die beste dinge wees.”

Ons wil graag vir Canton James bedank vir hierdie geselsie op Running Wolf’s Rant. Ons wens hom als van die beste toe met sy loopbaan vorentoe.

Kyk die nuwe lokprent vir Spinners hier onder:

YouTube video player

Voeg Spinners by jou kyk-lys vir Showmax HIER.

Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Television kategorie op Running Wolf’s Rant.

📬 Sluit by die Wolf Pack aan 🐺 Ondersteun Ons

Jy sal dalk ook hiervan hou

  • Die Kantoor
    ‘n Onderhoud met Albert Pretorius (Flip in Die Kantoor)
  • Fokofpolisiekar @ Park Acoustics
    ‘n Pre Park Acoustics Onderhoud met Fokofpolisiekar
  • Straatligkinders
    Straatligkinders: ‘n Onderhoud met Bouwer voor Park Acoustics
  • Dani Villé
    ‘n Onderhoud met Dani Villé

Looking for a gift for that special person in your life? Check out Netflorist.co.za, South Africa's top online florist and gift service. They offer flowers, gifts, and hampers for all occasions AND reliable nationwide delivery.

NetfloristOfferforge
Afrikaans Cantona James Showmax Spinners
Share. Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link
Henno Kruger

Music Lover, Avid Festival Goer and Founder and Owner of Running Wolf's Rant.

Leave A Reply Cancel Reply

NetfloristOfferforge
In Geval Jy Dit Gemis Het…
  • Elizabeth Moss
    Elisabeth Moss Shares Her Views on The Handmaid’s Tale Season 6
    April 24, 2025
  • Sandra Prinsloo - Koek - Showmax
    Nel sê “Koek”-tipe storie is nog nooit Afrikaans vertel nie
    April 30, 2024
  • Seth Macfarlane
    An Interview With Seth MacFarlane About The Ted Series
    February 13, 2024
  • Fatboy Slim South African Tour: December 2026 1
    Fatboy Slim South African Tour: December 2026
    June 18, 2026
  • Playtopia Festival Featured
    Playtopia Festival: 3-5 December 2026
    May 14, 2026
  • TEEKS and Good Neighbours Featured
    Good Neighbours & TEEKS Live in Cape Town: 27 August 2026
    June 13, 2026
  • Springboks
    The Springboks: 42 Interesting Facts you might not know
    July 14, 2026
  • Pretoria Bach Choir Photo
    An Interview With Pretoria Bach Choir Conductor Edwin Mitas
    July 14, 2026
  • Charlie Harris
    Charlie Harris Shares Heartfelt Single: “Can You Feel Me”
    July 11, 2026
NetfloristOfferforge
Popular Articles
Zolani Mahola - LIFT Me Higher

Zolani Mahola’s LIFT Anthem Now on Streaming Platforms

July 9, 202622 Views
Pretoria Bach Choir Photo

An Interview With Pretoria Bach Choir Conductor Edwin Mitas

July 14, 202614 Views
Truth & Its Burden

Truth & Its Burden Release New Single: “Live For Today”

July 8, 202614 Views
Van Pletzen - Zaberfluten

Van Pletzen reik super kief “Zaberfluten musiekvideo uit

June 19, 201814 Views
Recent Comments
  • Henno Kruger on Park Acoustics: My 2 cents on the 3rd edition of 2015
  • Howard Barber on Park Acoustics: My 2 cents on the 3rd edition of 2015
  • Henk Van Der Schyf on Dr Khumalo: An Interview Before Park Acoustics
  • Jeremy C. Elwell on My 2 cents on Oppikoppi 2016
  • CheraLee on Cindy Alter & CheraLee Release “Be Your Own Hero”
  • Brad Rees on Satanic Dagga Orgy: 10 Interestings Facts You Might Not Know
Categories
Entertainment
3,371 ▼
Music 2,592
Events 241
Interviews 225
Gaming 96
Streaming 89
Humor 48
Movies 34
Television 26
Advertising 20
Featured
580
Hacks
501
Facts
465 ▼
Music Facts 151
Geography Facts 97
Random Facts 39
TV Facts 39
Movie Facts 34
Notable Events 21
Historical Facts 17
Tech Facts 16
Sport Facts 15
Gaming Facts 14
Business Facts 10
Celebrity Facts 8
Technology
330
Opinion
225
General News
136
Quotes
26
Recaps
25
Cool Stuff
18
Product Reviews
13
Facebook X (Twitter) Instagram YouTube Spotify TikTok
© 2026 ThemeSphere. Designed by ThemeSphere.

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.