Close Menu
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Subscribe
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Home » Celebrity Interviews » Nel sê “Koek”-tipe storie is nog nooit Afrikaans vertel nie

Nel sê “Koek”-tipe storie is nog nooit Afrikaans vertel nie

Blitsoorsig: Die hoogs aangeskrewe Afrikaanse reeks Koek debuuteer op Showmax met tien episodes. Dit volg huisvrou Christelle terwyl sy haar man se vermeende verhouding ondersoek, wat haar na 'n heeltemal ander wêreld neem. Die reeks vertoon Cindy Swanepoel en Sandra Prinsloo, en word geleiding gegee deur bekroonde skepper Christiaan Olwagen.

Henno KrugerBy Henno KrugerApril 30, 2024No Comments5 Mins Read Celebrity Interviews 145 Views
Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link

Jy kan vanaf hierdie Donderdag, 2 Mei 2024, al tien episodes van die hoogs aangeskrewe misdaadkomedie, Koek, op Showmax binge.

Meer inligting oor Koek

As die Kaapstadse huisvrou Christelle Smit bewyse ontdek dat haar man oënskynlik  ’n buite-egtelike verhouding het met ’n ontkleedanseres, ene Candi Floss, neem haar ondersoek haar na ’n wêreld wat ver verwyderd is van die voorstedelike utopie waaraan sy gewoond is.

Christelle - Koek - Showmax

Cindy Swanepoel, wat verlede jaar Safta- en Silwerskerm-toekennings vir haar rol as Annelize in  Binnelanders gewen het, vertolk die rol van Christelle in Koek, met die skermlegende, Sandra Prinsloo, as die bendebaas met ’n voorliefde vir brandewyn, sigarette, luiperdpatrone… en niere steel.

Soos Leroy Marc op Kaya 959 geprys het: “Koek het my op die voorpunt van my stoel gehad… Dit is regtig baie pret.” Of soos Tat Wolfen op MixFM dit gestel het: “Koek is ’n verstommende tuimeltreinrit.”

NetfloristOfferforge

Dié Showmax Original, met ’n R18 DTNSG-ouderdomsperk, is geskryf deur die SAFTA- en Silwerskermbekroonde reeksleier Christiaan Olwagen (Kanarie, Recipes for Love & Murder),terwyl die regie en kinematografie deur die Safta- en Silwerskermbekroonde regisseur en kinematograaf Johannes Pieter Nel (Magda Louw, Die Tragiese Saak van Pamina Vermaak, Die Brug) behartig is.

Die resensent Leon van Nierop beskryf Nel as “een van Suid-Afrika se belowendste jong talente” in sy Rapport-resensie.

Rozanne Els het met Johannes Pieter Nel gesels om meer uit te vind…

Wat was jou eerste indrukke van Christiaan se teks? 

“Ek dink nie Christiaan het al ooit ’n swak teks geskryf nie, en ek het dadelik geweet dat so tipe storie nog nooit in Afrikaans vertel is nie. Dít het my vreeslik opgewonde gemaak. Dis snaaks, dis sexy en dis eg.”

Hoe het julle op die rolverdeling vir Koek besluit? 

“Christiaan het die rolle van Moekie en Lulu spesiaal vir Sandra (Prinsloo) en Ashley (de Lange) geskryf, so daai was maklik.”

NetfloristOfferforge

“Ons grootse kopseer aan die begin was wie Christelle sou vertolk, maar Cindy Swanepoel het dadelik by my opgekom. Ek ken vir Cindy van Stellenbosch se drama-dae af en ek was nog altyd bewus van haar ongelooflike talente in drama en komedie. Sy het ook die vermoë om baie identifiseerbaar oor te kom.”

“Ek het ook met Cindy aan die tweede seisoen van Magda Louw, wat ons net voor Koek verfilm het, gewerk, so ek kon regtigwaar nie iemand anders in die rol sien nie.”

Was daar iemand wat jou regtig beïndruk of verbaas het met hul spel?

“Al die akteurs was uitsonderlik, maar ek moet vir Llandi Beeslaar (Stefanie) en Clayton Evertson (Pitbull) uitsonder.”

“Llandi het seker die moeilikste rol gehad omdat haar karakter beide tragies en snaaks moet wees. Wat dit nog moeiliker gemaak het, was dat die karakter van Stefanie oorspronklik as ’n man, Fanie, geskryf is. Sy is volgens my een van die beste aktrises in die land.”

NetfloristOfferforge

“Clayton het ook die uitsonderlike vermoë om sonder enige dialoog, net met sy teenwoordigheid, ongelooflike boeiend op skerm te wees.”

Clayton - Koek - Showmax

Hoe het julle op die vertellingstyl besluit?

“Uit die staanspoor, was die grootste ding dat dit geloofwaardig moet wees. Die kyker moet kan glo dat iets soos dit kán gebeur. Dít was ook een van die redes hoekom ek besluit het om die storiewêreld vanaf Kaapstad na die noordelike voorstede te skuif.”

“Die karakters moet gegrond oorkom, want die situasies waarin hulle hulself bevind, is belaglik genoeg. So, as die kyker kan vereenselwig met hoe die karakters optree en reageer, dan sorg dít vir komedie en drama.”

Ons is mal oor die klankbaan. Vertel ons meer daaroor

“Ons het vir Loki Rothman gevra om vir ons so ’n paar White Lotus-tipe snitte te maak. Ons het geweet ons wil ’n paar Afrikaanse klubtreffers hê, en hy het met “Piggyback Bitch” en “Bellville voel soos Vegas” vorendag gekom.”

NetfloristOfferforge

“Die musiek moes die gevoel gee dat daar ’n ander, dieper, donkerder en meer opwindende wêreld bestaan buite dit wat ons ken en mee gemaklik is.”

Wat is van die belangrikste of prominentste temas in Koek?

“Die tema van ontrouheid en hoe maklik die mens ’n huwelik van jare sal opgee vir ’n paar minute van ontrouheid. Die dinamika tussen mans en vroue – en spesifiek die rol van vroue in nie net die huwelik nie, maar ook in die samelewing in geheel – was ook belangrik.”

“Dan, ook, dat jy nooit jouself moet onderskat nie, want jy het steeds die vermoë om jouself te verras met dit waartoe jy in staat is.”

Sandra Prinsloo - Koek - Showmax

Wat staan vir jou uit as ’n hoogtepunt van dié projek?

“Die komedie wat plek-plek sy kop uitsteek in hierdie mal wêreld wat ons geskep het. Ek is net dankbaar dat ek kan deel wees van ’n klomp nuwe storievertellers wat Afrikaanse films en reekse in ’n nuwe rigting help stoot.”

“Ek is baie lief vir ons bedryf en Afrikaans as taal, en ons moet nooit bang wees om enige tipe stories in Afrikaans te vertel nie.”

Dankie aan Rozanne Els en Showmax vir hierdie insig…

Ek moet erken dat hierdie een van die beter Afrikaanse reekse is wat ek die afgelope paar jaar gekyk het. Ek glo dit meeste van julle hierdie sal geniet,

Kyk die lokprent vir Koek hier onder:

YouTube video player

As jy nog nie Showmax account het nie, kry joune HIER!

Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Television kategorie op Running Wolf’s Rant.

Wil jy jou besigheid, gebeurtenisse, produk of diens bemark? Ons kry meer as 14,000 bladsy-kyke elke maand! Kontak Ons vir bemarkings en reklame opsies.

Jy sal dalk ook hiervan hou

  • Showmax reik lokprent uit vir “Koek”

    Cindy Swanepoel in Koek
    Streaming 20 Feb 2024
  • DStv Stream: Showmax Originals’ New Home

    Showmax on DSTV Stream
    Streaming 19 Mar 2026
  • MultiChoice Announces Shutdown of Showmax

    Showmax
    Streaming 5 Mar 2026
  • Schalk Bezuidenhout verruil stand-up vir ’n 9-tot-5-jop

    Die Kantoor - Schalk Bezuidenhout
    Television 3 Feb 2026

Sluit Aan By Die Wolfpak

📻 Teken in op ons Nuusbrief

Help Om Ons Aan Die Gang Te Hou

☕ Ondersteun Ons

Verken Running Wolf's Rant

🎥 Check ons Screen Hub uit🇮🇿 Besoek die Afrikaanse Hoekie📅 Check bietjie Upcoming Events uit🎤 Check die SA Gig Guide uit
Afrikaans Johannes Pieter Nel Koek Showmax South Africa
Share. Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link
Henno Kruger

Music Lover, Avid Festival Goer and Founder and Owner of Running Wolf's Rant.

Leave A Reply Cancel Reply

NetfloristOfferforge
Teken in op ons Nuusbrief

Vul jou e-pos adres in om opdaterings in jou Inboks te kry

Nog Artikels
  • Die Kantoor
    ‘n Onderhoud met Albert Pretorius (Flip in Die Kantoor)
    January 12, 2026
  • Elizabeth Moss
    Elisabeth Moss Shares Her Views on The Handmaid’s Tale Season 6
    April 24, 2025
  • Seth Macfarlane
    An Interview With Seth MacFarlane About The Ted Series
    February 13, 2024
  • Melissa Myburgh - Trompoppie
    Trompoppie op Showmax: Melissa Myburgh Gesels Met Ons
    November 28, 2023
  • Boetie Boer
    Boetie Boer Director Shares Thoughts On Meeting Killer
    October 18, 2023
  • Spinners - Cantona James
    ‘n Onderhoud met Cantona James (Ethan in Spinners)
    October 11, 2023
  • Stella Murders - Showmax - David Enright
    David Enright Tells Us More About “Stella Murders”
    March 22, 2023
  • Lea Vivier - Dam
    Lea Vivier praat oor haar rol in Dam (Die Showmax Reeks)
    February 22, 2023
NetfloristOfferforge
Populêre Onderwerpe
South Africa 3,326
Rock 617
Useful Tips 565
Afrikaans 526
Cape Town 343
USA 337
Pretoria 306
Johannesburg 293
Festivals 201
UK 178
Facebook X (Twitter) Instagram YouTube Spotify TikTok
© 2026 ThemeSphere. Designed by ThemeSphere.

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.