Close Menu
  • Hubs
    • The Screen Hub
    • The Music Hub
    • The Knowledge Hub
    • Die Afrikaanse Hoekie
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram
Trending
  • The Springboks: 42 Interesting Facts you might not know
  • An Interview With Pretoria Bach Choir Conductor Edwin Mitas
  • Charlie Harris Shares Heartfelt Single: “Can You Feel Me”
  • New Oasis Documentary Trailer Released
  • Piano People South Africa: November & December 2026
  • Muse (Band): 21 Interesting Facts You Might Not Know
  • An Extensive Interview with Carol-Ann Meltzer (Khazimula)
  • Zolani Mahola’s LIFT Anthem Now on Streaming Platforms
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
  • Hubs
    • The Screen Hub
    • The Music Hub
    • The Knowledge Hub
    • Die Afrikaanse Hoekie
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Subscribe
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Home » Celebrity Interviews » Nel sê “Koek”-tipe storie is nog nooit Afrikaans vertel nie

Nel sê “Koek”-tipe storie is nog nooit Afrikaans vertel nie

Henno KrugerBy Henno KrugerApril 30, 2024No Comments5 Mins Read Celebrity Interviews 81 Views
Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link

Jy kan vanaf hierdie Donderdag, 2 Mei 2024, al tien episodes van die hoogs aangeskrewe misdaadkomedie, Koek, op Showmax binge.

Meer inligting oor Koek

As die Kaapstadse huisvrou Christelle Smit bewyse ontdek dat haar man oënskynlik  ’n buite-egtelike verhouding het met ’n ontkleedanseres, ene Candi Floss, neem haar ondersoek haar na ’n wêreld wat ver verwyderd is van die voorstedelike utopie waaraan sy gewoond is.

Christelle - Koek - Showmax

Cindy Swanepoel, wat verlede jaar Safta- en Silwerskerm-toekennings vir haar rol as Annelize in  Binnelanders gewen het, vertolk die rol van Christelle in Koek, met die skermlegende, Sandra Prinsloo, as die bendebaas met ’n voorliefde vir brandewyn, sigarette, luiperdpatrone… en niere steel.

Soos Leroy Marc op Kaya 959 geprys het: “Koek het my op die voorpunt van my stoel gehad… Dit is regtig baie pret.” Of soos Tat Wolfen op MixFM dit gestel het: “Koek is ’n verstommende tuimeltreinrit.”

Dié Showmax Original, met ’n R18 DTNSG-ouderdomsperk, is geskryf deur die SAFTA- en Silwerskermbekroonde reeksleier Christiaan Olwagen (Kanarie, Recipes for Love & Murder),terwyl die regie en kinematografie deur die Safta- en Silwerskermbekroonde regisseur en kinematograaf Johannes Pieter Nel (Magda Louw, Die Tragiese Saak van Pamina Vermaak, Die Brug) behartig is.

NetfloristOfferforge

Die resensent Leon van Nierop beskryf Nel as “een van Suid-Afrika se belowendste jong talente” in sy Rapport-resensie.

Rozanne Els het met Johannes Pieter Nel gesels om meer uit te vind…

Wat was jou eerste indrukke van Christiaan se teks? 

“Ek dink nie Christiaan het al ooit ’n swak teks geskryf nie, en ek het dadelik geweet dat so tipe storie nog nooit in Afrikaans vertel is nie. Dít het my vreeslik opgewonde gemaak. Dis snaaks, dis sexy en dis eg.”

Hoe het julle op die rolverdeling vir Koek besluit? 

“Christiaan het die rolle van Moekie en Lulu spesiaal vir Sandra (Prinsloo) en Ashley (de Lange) geskryf, so daai was maklik.”

“Ons grootse kopseer aan die begin was wie Christelle sou vertolk, maar Cindy Swanepoel het dadelik by my opgekom. Ek ken vir Cindy van Stellenbosch se drama-dae af en ek was nog altyd bewus van haar ongelooflike talente in drama en komedie. Sy het ook die vermoë om baie identifiseerbaar oor te kom.”

“Ek het ook met Cindy aan die tweede seisoen van Magda Louw, wat ons net voor Koek verfilm het, gewerk, so ek kon regtigwaar nie iemand anders in die rol sien nie.”

Was daar iemand wat jou regtig beïndruk of verbaas het met hul spel?

“Al die akteurs was uitsonderlik, maar ek moet vir Llandi Beeslaar (Stefanie) en Clayton Evertson (Pitbull) uitsonder.”

“Llandi het seker die moeilikste rol gehad omdat haar karakter beide tragies en snaaks moet wees. Wat dit nog moeiliker gemaak het, was dat die karakter van Stefanie oorspronklik as ’n man, Fanie, geskryf is. Sy is volgens my een van die beste aktrises in die land.”

“Clayton het ook die uitsonderlike vermoë om sonder enige dialoog, net met sy teenwoordigheid, ongelooflike boeiend op skerm te wees.”

Clayton - Koek - Showmax

Hoe het julle op die vertellingstyl besluit?

“Uit die staanspoor, was die grootste ding dat dit geloofwaardig moet wees. Die kyker moet kan glo dat iets soos dit kán gebeur. Dít was ook een van die redes hoekom ek besluit het om die storiewêreld vanaf Kaapstad na die noordelike voorstede te skuif.”

“Die karakters moet gegrond oorkom, want die situasies waarin hulle hulself bevind, is belaglik genoeg. So, as die kyker kan vereenselwig met hoe die karakters optree en reageer, dan sorg dít vir komedie en drama.”

Ons is mal oor die klankbaan. Vertel ons meer daaroor

“Ons het vir Loki Rothman gevra om vir ons so ’n paar White Lotus-tipe snitte te maak. Ons het geweet ons wil ’n paar Afrikaanse klubtreffers hê, en hy het met “Piggyback Bitch” en “Bellville voel soos Vegas” vorendag gekom.”

“Die musiek moes die gevoel gee dat daar ’n ander, dieper, donkerder en meer opwindende wêreld bestaan buite dit wat ons ken en mee gemaklik is.”

Wat is van die belangrikste of prominentste temas in Koek?

“Die tema van ontrouheid en hoe maklik die mens ’n huwelik van jare sal opgee vir ’n paar minute van ontrouheid. Die dinamika tussen mans en vroue – en spesifiek die rol van vroue in nie net die huwelik nie, maar ook in die samelewing in geheel – was ook belangrik.”

“Dan, ook, dat jy nooit jouself moet onderskat nie, want jy het steeds die vermoë om jouself te verras met dit waartoe jy in staat is.”

Sandra Prinsloo - Koek - Showmax

Wat staan vir jou uit as ’n hoogtepunt van dié projek?

“Die komedie wat plek-plek sy kop uitsteek in hierdie mal wêreld wat ons geskep het. Ek is net dankbaar dat ek kan deel wees van ’n klomp nuwe storievertellers wat Afrikaanse films en reekse in ’n nuwe rigting help stoot.”

“Ek is baie lief vir ons bedryf en Afrikaans as taal, en ons moet nooit bang wees om enige tipe stories in Afrikaans te vertel nie.”

Dankie aan Rozanne Els en Showmax vir hierdie insig…

Ek moet erken dat hierdie een van die beter Afrikaanse reekse is wat ek die afgelope paar jaar gekyk het. Ek glo dit meeste van julle hierdie sal geniet,

Kyk die lokprent vir Koek hier onder:

YouTube video player

As jy nog nie Showmax account het nie, kry joune HIER!

Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Television kategorie op Running Wolf’s Rant.

📬 Sluit by die Wolf Pack aan 🐺 Ondersteun Ons

Jy sal dalk ook hiervan hou

  • Jan Blohm - Nonnie
    “Nonnie” vertel Jan Blohm se storie verder
  • Donkerbaai
    Donkerbaai Reik “Ouer Maar nie Wyser nie” Uit
  • Michelle Mountjoy & Hunter Kennedy - Hierdie Is Nie Liefde Nie
    Michelle & Hunter Reik “Hierdie Is Nie Liefde Nie” Uit
  • FrancoisVanCoke
    Francois Van Coke releases “Moontlik Nooit”

Looking for a gift for that special person in your life? Check out Netflorist.co.za, South Africa's top online florist and gift service. They offer flowers, gifts, and hampers for all occasions AND reliable nationwide delivery.

Afrikaans Johannes Pieter Nel Koek Showmax South Africa
Share. Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link
Henno Kruger

Music Lover, Avid Festival Goer and Founder and Owner of Running Wolf's Rant.

Leave A Reply Cancel Reply

NetfloristOfferforge
In Geval Jy Dit Gemis Het…
  • Die Kantoor
    ‘n Onderhoud met Albert Pretorius (Flip in Die Kantoor)
    January 12, 2026
  • Elizabeth Moss
    Elisabeth Moss Shares Her Views on The Handmaid’s Tale Season 6
    April 24, 2025
  • Seth Macfarlane
    An Interview With Seth MacFarlane About The Ted Series
    February 13, 2024
  • Galpalooza 2026
    Galpalooza 2026: Coming to 9 Venues Across SA
    April 7, 2026
  • J. Cole South African Tour 2026
    J. Cole Live @ FNB Stadium: 12 December 2026
    February 23, 2026
  • Ndlovu Youth Choir 2026 SA Tour
    Ndlovu Youth Choir 2026 Tour
    November 7, 2025
  • Springboks
    The Springboks: 42 Interesting Facts you might not know
    July 14, 2026
  • Pretoria Bach Choir Photo
    An Interview With Pretoria Bach Choir Conductor Edwin Mitas
    July 14, 2026
  • Charlie Harris
    Charlie Harris Shares Heartfelt Single: “Can You Feel Me”
    July 11, 2026
Popular Articles
Zolani Mahola - LIFT Me Higher

Zolani Mahola’s LIFT Anthem Now on Streaming Platforms

July 9, 202622 Views
Out of Mined

“Out of Mined” Highlights Need to Protect West Coast

July 3, 202620 Views
Rozanne McKenzie - Winter Fitness Tips

6 Winter Fitness Tips from Rozanne McKenzie

July 2, 202619 Views
Katia De Vallier

Katia De Vallier Inspires With “Nothing Should Stop You”

July 1, 202619 Views
Recent Comments
  • Henno Kruger on Park Acoustics: My 2 cents on the 3rd edition of 2015
  • Howard Barber on Park Acoustics: My 2 cents on the 3rd edition of 2015
  • Henk Van Der Schyf on Dr Khumalo: An Interview Before Park Acoustics
  • Jeremy C. Elwell on My 2 cents on Oppikoppi 2016
  • CheraLee on Cindy Alter & CheraLee Release “Be Your Own Hero”
  • Brad Rees on Satanic Dagga Orgy: 10 Interestings Facts You Might Not Know
Categories
Entertainment
3,371 ▼
Music 2,592
Events 241
Interviews 225
Gaming 96
Streaming 89
Humor 48
Movies 34
Television 26
Advertising 20
Featured
580
Hacks
501
Facts
465 ▼
Music Facts 151
Geography Facts 97
Random Facts 39
TV Facts 39
Movie Facts 34
Notable Events 21
Historical Facts 17
Tech Facts 16
Sport Facts 15
Gaming Facts 14
Business Facts 10
Celebrity Facts 8
Technology
330
Opinion
225
General News
136
Quotes
26
Recaps
25
Cool Stuff
18
Product Reviews
13
Facebook X (Twitter) Instagram YouTube Spotify TikTok
© 2026 ThemeSphere. Designed by ThemeSphere.

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.