Close Menu
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Subscribe
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Home » Artist/Band Interviews » ‘n Vinnige Geselsie Met Harrebaard

‘n Vinnige Geselsie Met Harrebaard

Blitsoorsig: Harrebaard is 'n rock 'n roll band wat vier ouens saamvat wat mal is oor musiek maak. Die band het onlangs by Park Acoustics opgetree en is deel van 'n realiteitsreeks vir die VIA Kanaal. Hulle beskryf hulle musiek as rock 'n roll met 'n twist, hier en daar 'n bietjie hip-hop en volle kitaar solos. Die lede het 47 jaar gelede laas in bands gespeel en het baie oefening nodig gehad om terug in swing te kom.

Henno KrugerBy Henno KrugerJune 26, 2017No Comments5 Mins Read Artist/Band Interviews 88 Views
Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link

Harrebaard is een van die kunstenaars wat die 2de Julie by Park Acoustics speel (‘n maandelikse musiek-byeenkoms by die Voortrekker Monument in Pretoria gehou word). Pierre Van Pletzen, Frank Opperman, Anton L’Amour en Leon Ecroignard is die lede van die band (wat onlangs by die Capital Craft bierfees in Pretoria opgetree het).

Ek het onlangs met Pierre Van Pletzen van Harrebaard gesels oor hulle vertoning by Park Acoustics en so paar ander goedjies. Dis wat hy te sê gehad het:

Waar kom die naam Harrebaard vandaan? 

Wel, die oorspronklike naam was DIE OOMS. Maar ons het gevoel dit sê nie genoeg oor wát ons gaan speel nie, die styl en genre, ens. Toe het ek DIE ROCKIN’ OOMS voorgestel, want dit dui dadelik aan dat ons rock ‘n roll gaan speel. En ‘n klomp name het van die ander Band-lede gekom.

NetfloristOfferforge

Maar daardie selfde aand het Leon Ek-gaan-jou-donner-as-jy-my-naam-verkeerd-kry met HARREBAARD vorendag gekom. Ek het eers gedink dis HARDEBAARD, maar die ouens het gou die volgende dag hulle baarde aangegryp en my reggeruk. Ek hou BAIE van die naam, dit sê omtrent alles oor die band, dat ons nie meer jonk is nie, dat ons hárd gaan musiek maak, en so.

Leon Ecroignard (uitgespreek  Ê-GWAN-JA) is die band se ‘look’ met sy perfekte baard, en Anton L’Amour het ook ‘n baard, maar Frank en ek, wat die heeltyd ons gesigte skoon moet hou vir ander werk, het ongelukkig nie. Ons het gereken ons moet staalwol met spykers in oor ons ore hang. Ek hou daarvan, en hoop ons gaan dit eendag doen.

'n Vinnige Geselsie Met Harrebaard 3

Julle is deel van ‘n realiteitsreeks vir die VIA Kanaal, Die Ooms Se Band – hoe het hulle die lede gekies?

Ek weet nie wie vir Frank en my gekies het as die aanvanklike lede nie, dit moet hulle vir jul sê. Daarna het Frank en ek ‘n lys gemaak op ‘n bord. En so het ons by die ander twee uitgekom. Nou kan ek net my sterre dank dat ons hulle gekry het en dat hulle gewillig was om ons te join. Vir béter ouens kon ons nie gevra het nie. Leon het net gisteraand met ‘n practice gesê hy mis en like ons ander, en ek het vanoggend vir hulle ‘n I-love-you-Harreballe! gestuur.en was almal meteens opgewonde Ek reken die ander lede was dadelik opgewonde. Wel, so het dit vir my gelyk. Hoor maar by hulle.

NetfloristOfferforge

Het van die lede oortuiging nodig gehad om Harrebaard te vorm?

Miskien, ek weet nie, maar ek weet Leon en Anton het aan die begin van ons repetisies concern gehad oor my dromspelery – ek was báie verroes en moes hárd werk om op dreef te kom! Jy moet onthou, Anton en Leon is geharde musos, old hands, en vir my én Frank, wat eintlik amateur musikante is, was dit ‘n daunting task om by hulle uit te kom. Ek was aanvanklik bekommerd oor Frank se stem, maar hy het daaraan gewerk en selfs opgehou rook.

As iemand vir julle sou vra om julle musiek te beskryf, wat sal julle sê? 

Rock ‘n Roll, met ‘n twist. Hier en daar ‘n bietjie hip-hop, ‘n didgeridoo, en lekker full-on kitaar solos.

NetfloristOfferforge

Was julle al voorheen / in jul jonger dae in enige bands?

Ja, maar dit was presies 47 jaar gelede: ‘n dans-band en so nou en dan ‘n pop-band. Tussendeur het ek op my eie gespeel en gekonsentreer op solos, waarvan ek nóú absoluut niks kan onthou nie. Ek hoop om darem eendag daai solotjie in Orkney Snork Nie weer te kan speel…  47 is ‘n bliksemse lank tyd! Daar is sekere goed in my kop wat ek tegnies net nie meer kan uitvoer nie. But I’m trying, dear! 

Was dit maklik om weer julle instrumente op te tel of het dit bietjie oefening gevat om dit weer te speel?

Bietjie? BIETJIE?!?!  Is jy mal in jou kop?! Dit het moer baie effort gevat! Géén instrument word opgetel en netso weer gespeel nie. Dalk na ‘n week of ‘n maand, maar nie sonder oefening nie. Mense wat dink dit is so maklik is oningelig. ‘n Musikant móét die heel tyd aan die oefen bly. Ek het nie eers meer ‘n dromstel nie, al vir dekades nie, so ek kon nie net elke nou en dan agter die dromme inskuif en ‘n lekker speel-sessie hê nie.

NetfloristOfferforge

‘n Kitaar kan jy optel en gereeld speel, maar nie ‘n dromstel nie, en verál nie as daar nie een IS nie! En onthou, ek het nie geweet, of ooit kon droom, dat so ‘n Band-ding soos nou, op my pad gaan kom op 65 nie – anders sou ek aanhou oefen het, veral die rudiments.

Wat kan musiek liefhebbers verwag van julle optrede by Park Acoustics? 

Ons optrede, wat anders? Vier ouens wat mal daaroor is om saam musiek te maak, dit gaan geniet en baie fun hê.

Na die realitetits reeks, kan aanhangers julle nog op die verhoog sien of is die pret dan verby? 

O ja, die pret gaan dan nog aan, in ‘n ander fase! Ons het ‘n bestuurder, Giep van Zyl, en onder sy leiding gaan die band nog baie live shows doen! Harrebaard Lives On!

Ek wil die geleentheid gebruik om vir Pierre Van Pletzen en Harrebaard te bedank vir hierdie onderhoud. Ek wens hulle alles van die beste toe met hulle vertoning by Park Acoustics Sondag en hulle toekomstige musikale projekte.

Wees op die uitkyk vir gereelde opdaterings in the Music en Interviews kategoriee op Running Wolf’s Rant.

 

Wil jy jou besigheid, gebeurtenisse, produk of diens bemark? Ons kry meer as 14,000 bladsy-kyke elke maand! Kontak Ons vir bemarkings en reklame opsies.

Jy sal dalk ook hiervan hou

  • Silverstein: 13 Interesting Facts You Might Not Know

    Silverstein Band
    Music Facts 25 Sep 2026
  • Future Radio & Pedro Barbosa Release “Better Off Alone”

    Future Radio & Pedro Barbosa Release "Better Off Alone" 4
    Music Videos 25 Sep 2026
  • Kerk Straat Gee Nuwe Lewe Aan Karen Zoid se “Engel”

    Kerk Straat
    Music News 17 Sep 2026
  • Royal Blood: 26 Interesting Facts You Might Not Know

    Royal Blood
    Music Facts 10 Sep 2026

Sluit Aan By Die Wolfpak

📻 Teken in op ons Nuusbrief

Help Om Ons Aan Die Gang Te Hou

☕ Ondersteun Ons

Verken Running Wolf's Rant

🎵 Check ons Music Hub uit🇮🇿 Besoek die Afrikaanse Hoekie📅 Check bietjie Upcoming Events uit🎤 Check die SA Gig Guide uit
Afrikaans Frank Opperman Harrebaard Park Acoustics Pierre Van Pletzen Rock South Africa
Share. Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link
Henno Kruger

Music Lover, Avid Festival Goer and Founder and Owner of Running Wolf's Rant.

Leave A Reply Cancel Reply

NetfloristOfferforge
Teken in op ons Nuusbrief

Vul jou e-pos adres in om opdaterings in jou Inboks te kry

Nog Artikels
  • Carol-Ann Meltzer - Khazimula
    An Extensive Interview with Carol-Ann Meltzer (Khazimula)
    July 10, 2026
  • GAZ
    An Interview With GAZ
    April 22, 2026
  • The Fismits Mark Biagio
    An Interview with Mark from The Fismits
    March 30, 2026
  • Anton Edwards Artist
    An Interview with Anton Edwards
    February 23, 2026
  • Michael Ferguson
    An Interview with Michael Ferguson
    December 9, 2025
  • ABFAB
    An Interview with ABFAB
    November 26, 2025
  • Jaakie
    ‘n Onderhoud met Jaakie
    October 11, 2025
  • Dani Villé
    ‘n Onderhoud met Dani Villé
    August 14, 2025
NetfloristOfferforge
Populêre Onderwerpe
South Africa 3,321
Rock 617
Useful Tips 564
Afrikaans 525
Cape Town 342
USA 337
Pretoria 305
Johannesburg 293
Festivals 202
UK 178
Facebook X (Twitter) Instagram YouTube Spotify TikTok
© 2026 ThemeSphere. Designed by ThemeSphere.

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.