Close Menu
  • Hubs
    • The Screen Hub
    • The Music Hub
    • The Knowledge Hub
    • Die Afrikaanse Hoekie
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram
Trending
  • Limp Bizkit Live @ FNB Stadium: 13 December 2026
  • Tree63 Release New Single & Video: “Voyage”
  • Turn Your Photos into Mini Games with Pictonico!
  • Ezra Collective Release New Single: “Only Love”
  • DJ Scratch Masta Releases New Single: “Focus”
  • Amy Jones Releases New Single: “Again”
  • New Study Reveals Future of South African Youth Marketing
  • Apple Gule Starts New Chapter With “Wake Up Sing”
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
  • Hubs
    • The Screen Hub
    • The Music Hub
    • The Knowledge Hub
    • Die Afrikaanse Hoekie
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Subscribe
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Home » Artist/Band Interviews » ‘n Onderhoud met Dani Villé

‘n Onderhoud met Dani Villé

Henno KrugerBy Henno KrugerAugust 14, 2025No Comments6 Mins Read Artist/Band Interviews 11 Views
Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link

Dani Villé het in 2020 haar eerste EP, Dani Villé, onder Universal Musiek uitgereik met treffers soos “Verdwaal”, “Twee keer”, “Ek soek net vir jou” en “As ek sing”. Sedertdien het sy as onafhanklike kunstenaar ‘n sterk teenwoordigheid op platforms soos Spotify, iTunes en Deezer opgebou, met nuwe uitreikings soos “Blinkers”, “Alles”, “Liefdeskind” en “Ruled by You”.

Sy het ook haar kennis van die musiekbedryf versterk deur ‘n driejaar Diploma in Musiekbesigheid by COPA Kaapstad te voltooi, wat haar gehelp het om haar loopbaan strategies en professioneel te bestuur.

Dani Villé

Buiten haar solo-werk, tree sy gereeld op by haar familie se buitelug musiekteater saam met groot name soos Spoegwolf, Refentse, Elvis Blue, Kahn Morbee, Elandré en Riaan Benadé.

Met ‘n vol optredekalender en nuwe musiek wat binnekort verskyn, bly Dani toegewyd aan haar kuns. Haar 2 nuwe enkelsnitte “Jy`s Okay” en “Ek verkies musiek” is onlangs uitgereik. Ek het so bietjie met haar gesels daaroor.

Geluk met jou twee nuwe enkelsnitte “Jy`s Okay” en “Ek verkies musiek.” Wat het jou laat besluit om voltyds musiek te maak en hoe lank doen jy dit al?

“Ek het nog altyd in ‘n musikale familie en huis groot geword, maar die dag wat ek besef het musiek is wat ek vir die res van my lewe wil doen, is toe ek op die ouderdom van 15 jaar oud vir die eerste keer by die jaarlikse KKNK gesing het.”

NetfloristOfferforge

“Al die mense in die industrie wat ek daar ontmoet het, en die ervaring wat ek op so jong ouderdom opgedoen het en nog daarna ook, het my so baie geinspireer. Dit was te danke aan dit en die feit dat ek al die ondersteuning van my naastes gehad het, wat ek geweet het ek kan musiek voltyds doen. Ek het direk na skool begin voltyds sing, so dit is nou al 7 jaar later.

Jy het `n Diploma in ‘Musiek Besigheid’ van die Campus of Performing Arts (COPA) in Kaapstad. Hoe gebruik jy hierdie studies in jou musiekloopbaan?

“Ja, en dit was die beste besluit wat ek ooit kon neem vir my musiekloopbaan. Dit is so belangrik as ‘n kunstenaar om nie net die talent en stem te he nie, maar ook te verstaan hoe die besigheidskant van musiek werk.”

“Jy as kunstenaar is wel jou eie besigheid wat aanhoudend bemark en bestuur moet word. Die Diploma het my gehelp om myself te bestuur en alles met in die industrie te verstaan, en dat wanneer okal iets gebeur, ek oop my eie twee voete as kunstenaar kan staan.”

Hoe gereeld tree Dani Villé op en watter raad kan sy vir musikante gee wat voel dat daar nie genoeg goeie venues is om by te speel nie?

“Ek tree omtrent 4-5 keer op elke week, baie oor naweke natuurlik. My raad aan ander is, moet nie ophou soek nie.”

“Volg op met eposse, wees konstant aan die soek vir nuwe venues, al beteken dit jy moet heeldag voor jou rekenaar sit. Dit is die moeite werd. Hoe meer jy by nuwe plekke optree, hoe meer nuwe mense sien jou en wil jou dan book vir hul funksie of fees.”

Jou twee nuwe liedjies is uiteenlopend: een is meer pop en een meer rock. Hoekom dink jy hou meeste kunstenaars by net een klank en wat het jou laat besluit om bietjie meer te waag?

“Ek het besef dit is baie belangrik om divers te wees met mens se musiek as kunstenaar, juis oor die feit dat nie almal van dieselfde tipe musiek hou nie en mens maklik moet kan aanpas by mens se gehoor.”

“Ek wil vir die mense wys dat ek ‘n veelsuidige kunstenaar is en lief is vir klomp verskillende style van musiek. Mens hoef nie net by een styl te hou net omdat die res van die mense doen nie. Wees anders.”

Vertel ons meer van die twee nuwe liedjies. Wat het dit geinspireer en hoe is die terugvoer sover?

“Jy’s Okay” het ek nog in 2023 geskyrf toe ek in Berlyn was vir 3 maande vir my musiek. Dit was aan die begin van my trip, en ek was baie hartseer.”

“Ek het al my mense en geliefdes gemis, en gewonder of ek die regte besluit geneem het om na ‘n wildvreemde land te reis en my musiekloopbaan in Suid-Afrika vir 3 maande ‘op eis’ te sit, want almal weet dat dinge so vinnig kan verander.”

“Dit was toe my kerel wat my geisnpireer het agter die liedjie. Hy het my herrinner hoe goed ek doen en hoe trots ek op myself kan wees, en dat alles gaan okay wees. Toe onstaan “Jy’s Okay”.”Ek verkies Musiek” is nou weer ‘n heeltemal ander styl – Rock.”

“Ek is mal oor Rock, en toe ek met die melodie en woorde agter die liedjie begin het, het ek geweet dat dit in die styl van Rock moet wees. Ek het spesifiek geskryf oor mense wat om my in slegte verhoudings was, en dat as ek in daardie posisie was, ek heel eerder musiek verkies bo-oor enige hartseer. Albei liedjies het alklaar sulke goeie terugvoering, en ek is so dankbaar dat almal hul liefde vir my musiek wys.”

Wat doen Dani Villé om te ontspan?

“Ek gaan kuier vir my ouers op hulle plaas en lees, of vat ‘n lang warm bad.”

Dani Villé

Wat is die beste raad wat iemand in die musiekbedryf vir jou gegee het?

“Dat daar gaan altyd iemand met dieselfde talente as jy wees, dis die uithouvermoe en harde werk wat jou ‘n stappie bo die res gaan sit.”

Jy was ook vir n rukkie in Berlyn in 2023. Hoe verskil die musiekkultuur tussen Duitsland en SA?

“Verskriklik baie. Daar is die mense nie gepla met watter tipe musiek op die oomblik ‘trend’ nie. Almal maak die tipe musiek wat hulle wil, en of jy nou verskriklik bekend is, of dit jou eerste optrede is, die mense gaan nogsteeds jou shows kom kyk en jou ondersteun.”

Wat motiveer vir Dani Villé?

“My ondersteuningsbasis. D.w.s my familie en geliefdes, want sonder hulle, kon ek nooit doen wat ek nou doen nie.”

Som jouself in drie woorde op.

“Kleurvol, Lojaal, Aanpasbaar.”

Waar kan mense vir Dani Villé volg of bespreek vir optredes?

“Op Instagram, Facebook en TikTok. Stuur ‘n e-pos na [email protected] vir besprekings. Ek plaas al my opkomende optredes en enigeiets rakende my musiek op my sosiale media platforms.”

Ek wil hierdie geleentheid gebruik om vir Dani Villé te bedank vir hierdie onderhoud. Ek wens haar als van die beste toe met haar loopbaan vorentoe.

Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Interviews kategorie op Running Wolf’s Rant.

🐺 Ondersteun Ons: Koop vir ons 'n koffie boere troos, dit sal ons help om vir jou nog goeie goeters te bring.

📬 Join die Wolf Pack: Teken in op ons nuusbrief om updated te bly.

🔍 Check bietjie ons site uit: Scroll af om verwante artikels en meer te sien. Jy's ook welkom om ons Music, Screen en Knowledge Hubs uit te check. As jy wil sien wat trend, check ons Popular Articles uit.

📐 As jy Afrikaans Is: Check bietjie ons Afrikaanse Hoekie uit.

🕳️ Klim af in die Konyngat: Lees bietjie Random Feite of Kyk 'n Random Musiekvideo.

📅 Kry goeters om te doen: Check ons Upcoming Events of die SA Gig Guide uit.

Verwante Artikels

  • Dani Villé
    Dani Villé Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Selfbewus”
  • Dani Villé
    Dani Villé Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Jys Okay”
  • Pierre Greeff en Die Heuwels Fantasties
    ‘n Onderhoud met Pierre Greeff van Die Heuwels Fantasties
  • Pierre Greeff - Die Heuwels Fantasties
    ‘n Onderhoud met Pierre Greeff van Die Heuwels Fantasties

In Geval Jy Dit Gemis Het

  • Sheron
    An Interview With Sheron
  • Dylan Tori
    An Interview With Dylan Tori
  • Jasper Dan
    An Interview With Jasper Dan
  • Basson Laas
    An Interview with Basson Laas

Goeters Om Te Doen

  • Stellenbosch International Chamber Music Festival
    Stellenbosch International Chamber Music Festival 2026
  • Tamia
    Tamia South African Tour: August 2026
  • +LIVE+ Band Picture
    +LIVE+ December 2026 South African Tour
  • Galpalooza 2026
    Galpalooza 2026: Coming to 9 Venues Across SA

Nog Artikels Wat Jy Dalk Gemis Het

  • Bloemfontein
    Bloemfontein: 14 Interesting Facts You Might Not Know
  • Mike Zietsman
    More Answers to “What do you like about music?”
  • Sowing The Seeds 2013
    Sowing The Seeds 2013: A Review from a Competition Winner
  • Whiskey
    What are the Most Amazing Cities For Whiskey Lovers?

Looking for a gift for that special person in your life? Check out Netflorist.co.za, South Africa's top online florist and gift service. They offer flowers, gifts, and hampers for all occasions AND reliable nationwide delivery.

Afrikaans Dani Villé South Africa
Share. Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link
Henno Kruger

Music Lover, Avid Festival Goer and Founder and Owner of Running Wolf's Rant.

Leave A Reply Cancel Reply

NetfloristOfferforge
Nog Artikels Om Te Lees
  • Tree63
    Tree63 Release New Single & Video: “Voyage”
    June 8, 2026
  • Pictonico
    Turn Your Photos into Mini Games with Pictonico!
    June 6, 2026
  • Ezra Collective
    Ezra Collective Release New Single: “Only Love”
    June 5, 2026
  • DJ Scratch Masta
    DJ Scratch Masta Releases New Single: “Focus”
    June 5, 2026
  • Amy Jones
    Amy Jones Releases New Single: “Again”
    June 5, 2026
  • South Africans
    New Study Reveals Future of South African Youth Marketing
    June 5, 2026
  • Apple Gule
    Apple Gule Starts New Chapter With “Wake Up Sing”
    June 4, 2026
  • Online Gambling in South Africa - Betting - Unlisenced
    What Happens When South Africans Bet on Unlicensed Websites?
    June 4, 2026
  • Disney+
    What’s Streaming on Disney+ in June 2026?
    June 3, 2026
  • Sossi
    Sossi is terug met “Wie Het Die Lig Uit Jou Oë Gesteel”
    June 3, 2026
Popular Articles
Jeff Foxworthy

30 of the Best Jeff Foxworthy “You Might Be A Redneck” Quotes

November 1, 2018105 Views
Tree63

Tree63 Release New Single & Video: “Voyage”

June 8, 2026101 Views
Francois Van Coke & Vriende 2025

Francois van Coke & Vriende 2026: Als Wat Jy Moet Weet

June 3, 202696 Views
The 1980s - 80s music

1980s music: 101 interesting facts you may not have known

July 23, 201858 Views
Recent Comments
  • Henno Kruger on GAZ Releases Powerful New Single: “Moving On”
  • GAZ on GAZ Releases Powerful New Single: “Moving On”
  • Sharon Sibert on Review: Guns N’ Roses at FNB Stadium in Johannesburg
  • Henno Kruger on The Fismits Release New Single: “Independence”
  • Henno Kruger on Zebra and Giraffe Release “The End of The Road” Music Video
  • Devographic Music Agency on The Fismits Release New Single: “Independence”
Categories
Entertainment
3,306 ▼
Music 2,540
Events 241
Interviews 223
Gaming 91
Streaming 86
Humor 48
Movies 32
Television 25
Advertising 20
Featured
584
Hacks
498
Facts
464 ▼
Music Facts 150
Geography Facts 97
Random Facts 39
TV Facts 39
Movie Facts 34
Notable Events 21
Historical Facts 17
Tech Facts 16
Sport Facts 15
Gaming Facts 14
Business Facts 10
Celebrity Facts 8
Technology
326
Opinion
225
General News
133
Quotes
26
Recaps
25
Cool Stuff
18
Product Reviews
13
Facebook X (Twitter) Instagram YouTube Spotify TikTok
© 2026 ThemeSphere. Designed by ThemeSphere.

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.