Close Menu
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Subscribe
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Home » Music News » Van Pletzen & Spoegwolf Reik “Ek Kyk Na Jou” Uit

Van Pletzen & Spoegwolf Reik “Ek Kyk Na Jou” Uit

Blitsoorsig: Van Pletzen, the South African duo of Peach van Pletzen and Matthieu "NAX" Auriacombe, just dropped a new single with Spoegwolf called "Ek Kyk Na Jou." It's part of their upcoming fourth album, Om lig te maak, which marks a shift from electronic to acoustic instrumentation. The album releases April 24 and features collaborations with Spoegwolf and Emma B, blending their signature humor with deeper musical richness and lyrical depth.

Henno KrugerBy Henno KrugerApril 3, 2025No Comments3 Mins Read Music News 114 Views
Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link

Legeh Nuus! Van Pletzen & Spoegwolf het sopas ‘n nuwe enkelsnit uitgereik! Die nuwe enkelsnit (“Ek Kyk Na Jou”) is ietsie spesiaals.

Dit gaan op Van Pletzen se nuwe album wees (wat binnekort uitgereik word). Lees verder om meer daaroor uit te vind.

Van Pletzen

Wie is Van Pletzen nou weer?

Van Pletzen bestaan uit die dinamiese duo super-vervaardigers, Peach van Pletzen (Groothond, Yesterday’s Pupil, Bittereinder) and Matthieu “NAX” Auriacombe (Hello Beautiful, Beach Party).

Sedert hul stigting in 2018, het Van Pletzen vir hulself ‘n unieke plek in die Suid-Afrikaanse musieklandskap uitgekerf met hul eiesoortige mengsel van lekkervoel-dansmusiek, vlymskerp humor en satiriese kinkels.

NetfloristOfferforge

So, wat’s nuus uit Van Pletzen land?

Van Pletzen se vierde vollengte album, Om lig te maak, word op 24 April 2025 vrygestel. Vir hierdie album het die duo hul elektroniese dansmusiek verruil vir akoestiese instrumente en  organiese interpretasies geskep wat hul unieke vibe beklemtoon.

Om lig te maak verteenwoordig ’n opwindende nuwe fase vir Van Pletzen. Dit kombineer hul kenmerkende humor en satiriese flair met ’n dieper musikale rykdom en liriese diepte.

“Dit is ons trotsste werk nog,” sê die duo, “en ons kan nie wag dat ons aanhangers hierdie spesiale musiek beleef nie.”

Hierdie album bevat ook Van Pletzen se eerste samewerkings met beide Spoegwolf (wat vandag uitgereik is) en opkomende ster Emma B, wat nuwe energie tot hul steeds ontwikkelende klank toevoeg.

NetfloristOfferforge

Jy kan “Ek Kyk Na Jou” (hulle liedjie saam met Spoegwolf) HIER stroom / aflaai.

“Die lied saam met Spoegwolf het byna vyf jaar gelede begin en kom nou uiteindelik tot lewe op hierdie album,” vertel Peach. ‘n Musiekvideo vir hierdie snit sal binnekort beskikbaar wees.

Die duo het ook onlangs akoestiese weergawes van “Dronk op liefde” met Early B en “Hartedief (het my verlief)” met Emma B vrygestel as deel in aanloop tot die album se vrystelling op 24 April.

Kyk die video vir “Hartedief (het my verlief)”:

NetfloristOfferforge

Hartedief (het my verlief) ft. Emma B

Hierdie opregte liedjie vertel die verhaal van twee mense wat onwetend dieselfde gevoelens deel – wat altyd na iets meer verlang, maar op een of ander manier mekaar elke keer mis.

Van Pletzen en Early B verenig hul unieke style om een van die mees eerlike en mees deurleefde liefdesliedere in Afrikaanse musiek (“Dronk Op Die Liefde”) te skep. Dit is ’n rou, opregte komposisie wat in sy suiwerste vorm die skoonheid en kompleksiteit van liefde vasvang.

Die albumkuns vir Om lig te maak is deur die bekroonde kunstenaar Jean de Wet ontwerp. ’n Beperkte uitgawe plaat sal ook beskikbaar wees, wat “Om lig te maak” die ultimate versamelstuk en ’n moet-hê vir musiekliefhebbers maak.

Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music News kategorie op Running Wolf’s Rant.

NetfloristOfferforge

Wil jy jou besigheid, gebeurtenisse, produk of diens bemark? Ons kry meer as 14,000 bladsy-kyke elke maand! Kontak Ons vir bemarkings en reklame opsies.

Jy sal dalk ook hiervan hou

  • “Droombrief”, Die Nuwe Spoegwolf Album Is Hier

    Spoegwolf Droombrief
    Music News 23 Mar 2022
  • “Silwer”, Spoegwolf se Nuwe Album Is Hier

    Spoegwolf - Silwer
    Music News 3 Sep 2021
  • “Silwer”, Spoegwolf Se Nuwe Enkelsnit Is Hier

    Spoegwolf - Silwer
    Music Videos 27 Aug 2021
  • Review: Park Acoustics – 2 September 2018

    Grassy Spark at Park Acoustics
    Event Reviews 20 Sep 2018

Sluit Aan By Die Wolfpak

📻 Teken in op ons Nuusbrief

Help Om Ons Aan Die Gang Te Hou

☕ Ondersteun Ons

Verken Running Wolf's Rant

🎵 Check ons Music Hub uit🇮🇿 Besoek die Afrikaanse Hoekie📅 Check bietjie Upcoming Events uit🎤 Check die SA Gig Guide uit
Afrikaans Early B Spoegwolf Van Pletzen
Share. Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link
Henno Kruger

Music Lover, Avid Festival Goer and Founder and Owner of Running Wolf's Rant.

Leave A Reply Cancel Reply

NetfloristOfferforge
Teken in op ons Nuusbrief

Vul jou e-pos adres in om opdaterings in jou Inboks te kry

Nog Artikels
  • Sentiment - Ek Wil Jou Sien
    Sentiment Reik Debuut Enkelsnit Uit: “Ek Wil Jou Sien”
    September 14, 2026
  • Booshle G
    Booshle G. lets love lead on new single: “Miracle”
    September 14, 2026
  • Mila Smith
    Mila Smith Releases Debut Album: “Not My Circus”
    September 11, 2026
  • Kelly Khumalo
    Kelly Khumalo Releases New Single: “Merry Go Round”
    September 11, 2026
  • Southern Wild
    Southern Wild sign to Just Music for Long-awaited 2nd Album
    September 9, 2026
  • Shortstraw
    Shortstraw Releases New EP: “Everything In Between”
    September 7, 2026
  • Lyra K
    Lyra K Releases Debut Album: “Seasons”
    September 4, 2026
  • Kabaal Klankbaan
    Kabaal Klankbaan Keer Terug Met “Weer Probeer”
    August 29, 2026
NetfloristOfferforge
Populêre Onderwerpe
South Africa 3,299
Rock 614
Useful Tips 563
Afrikaans 517
Cape Town 337
USA 336
Pretoria 305
Johannesburg 291
Festivals 199
UK 178
Facebook X (Twitter) Instagram YouTube Spotify TikTok
© 2026 ThemeSphere. Designed by ThemeSphere.

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.