Hierdie September stel Spoegwolf ’n splinternuwe album vry, getitled Silwer. Die eerste enkelsnit vanaf die album se musiekvideo met dieselfde naam, is van vandag af aanlyn te sien.
In 2019 het Spoegwolf die eerste Afrikaanse kunstenaar geword wat die #1 plek op die ‘Apple Music South Africa Album Chart’ vir alle genres behaal het met hul album ‘Koma’. Sedertdien het al drie hul daaropvolgende albums ook die #1 plek behaal. Silwer is hul agste vollengte album. “Silwer” (die enkelsnit) is vroeër vanjaar gedurende die wintermaande geskryf.

“’Silwer’ is ’n verhaal van vryheid en liefde. Natuurlik met klipharde musiek. Dit laat jou voel asof jy skateboard ry tussen Jupiter en Mars.”
Kenmerkend aan die groep se musiek, wek die liedjie se melodie ’n gevoel van onoorwinlikheid, gekombineerd met ‘n storielyn van twee mense wat losbreek.
“In die winter hang die Silwer wolke soos ’n kombers oor ons terwyl dit ons vryheid inperk. Maar ons ry. Ons ry vinnig en vêr. So we’re getting out of here.”
As enkelsnit bied die liedjie ’n triomfantelike terugkeer vir die groep wat dit beskryf as hul hardste, beste en grootste aanbieding tot dusver.

“As ons een laaste song kon speel, is dit hierdie een.”
Die musiekvideo vir “Silwer” is in Augustus in die Paarl geskiet deur Andre Badenhorst en Eric Graham. Die musiekvideo speel af oor ’n dag in Spoegwolf se lewe waar al die lede dinge doen waarvan hulle hou. Hulle is almal op pad na iewers, en kom uiteindelik bymekaar uit vir ’n optrede tydens sonsondergang.
Kyk die Spoegwolf se musiekvideo vir “Silwer” hier onder:
Die album, word op 3 September 2021 vrygestel. Luister / laai die eerste enkelsnit af.
Wees op die uitkyk vir gereelde opdaterings in die Music Videos kategorie op Running Wolf’s Rant.
Wil jy jou besigheid, gebeurtenisse, produk of diens bemark? Ons kry meer as 14,000 bladsy-kyke elke maand! Kontak Ons vir bemarkings en reklame opsies.

