Close Menu
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Subscribe
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Home » Music News » “Droombrief”, Die Nuwe Spoegwolf Album Is Hier

“Droombrief”, Die Nuwe Spoegwolf Album Is Hier

Blitsoorsig: Spoegwolf se nuutste album Droombrief toon duidelike progressie in hul kenmerkende klank, met Danie Du Toit se hartlike liedere wat temas van liefde, twyfel en verlies ontlok. Die album handhaaf 'n perfekte balans tussen delikate skoonheid en stewige dryfkrag, wat 'n fees van klank vir beide nuwe en ou aanhangers bied.

Henno KrugerBy Henno KrugerMarch 23, 2022No Comments2 Mins Read Music News 76 Views
Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link

Spoegwolf, die bekroonde, onafhanklike Alternatiewe Rock ensemble van Suid-Afrika is terug en bied met trots aan: Droombrief  – hul negende vollengte studio-album en die nuutste hoofstuk in hul aanhoudende liefdesverhouding met kuns en eerlike musiek.

Deur die loop van hul 10-jaar loopbaan betower Spoegwolf al wat ’n gehoor is en die groep het oor die jare ’n gevolg van toegewyde aanhangers opgebou.

Meer inligting oor Spoegwolf

Spoegwolf reik albums uit wat selfs tussen internasionale trekpleisters tot bo-aan ranglyste skiet en verdien kritieke lof vir hul unieke mengsel van digkuns, passie, teatrale flair en suiwer, ongerepte Rock & Roll.

Droombrief - Spoegwolf

Nog vars op die rakke word Droombrief reeds geag as van die band se beste werk sovêr. Die album toon duidelike progressie in hul kenmerkende klank. Meer volwasse met ouderdom, maar steeds so rou en kragtig soos ’n mens van Spoegwolf sou verwag.

NetfloristOfferforge

Meer inligting oor Droombrief

Droombrief dek ’n spektrum van temas, beide epies en huishoudelik, en bied so ’n holistiese blik op die toestand van die mens. Voorsanger Danie Du Toit se hartlike liedere raak aan die liefde, twyfel, oorwinning, verlies en vasberadenheid op die maat van sielsmusiek wat grensloos vloei deur onverkende soniese ruimtes – ’n testament tot die groep veelsydigheid as musikante.

Spoegwolf Droombrief

Spoegwolf handhaaf ‘n perfekte balans tussen delikate skoonheid, stewige dryfkrag, ekstatiese vreudge, broeiende donker en indrukwekkende dramatiese intensiteit.

Hierdie album is ’n fees van klank vir beide nuwe luisteraars en ou, gesoute aanhangers – daar word ’n vol bord van Spoegwolf se heel beste hier bedien. Dis musiek wat daarna streef om die wêreld beter, harder, eerlik en, bo alles, nóg meer Rock & Roll te maak.

Droombrief Liedjielys

  1. Check, One Two
  2. Bring My Geweer
  3. Val In, Val Uit
  4. Slapende Honde
  5. Raas In Die Straat
  6. Droombrief (feat. Johan Du Toit)
  7. Stukkend
  8. Voel Jy Dit Ook?
  9. Donker
  10. Spoke (Tussenspel)
  11. Deinings
  12. Vergeet
  13. Kerse

Droombrief is nou beskikbaar op alle stroomdienste, klik hier om te luister / af te laai.

NetfloristOfferforge

Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music News kategorie op Running Wolf’s Rant.

Wil jy jou besigheid, gebeurtenisse, produk of diens bemark? Ons kry meer as 14,000 bladsy-kyke elke maand! Kontak Ons vir bemarkings en reklame opsies.

Jy sal dalk ook hiervan hou

  • “Silwer”, Spoegwolf Se Nuwe Enkelsnit Is Hier

    Spoegwolf - Silwer
    Music Videos 27 Aug 2021
  • Van Pletzen & Spoegwolf Reik “Ek Kyk Na Jou” Uit

    Van Pletzen
    Music News 3 Apr 2025
  • “Silwer”, Spoegwolf se Nuwe Album Is Hier

    Spoegwolf - Silwer
    Music News 3 Sep 2021
  • Review: Park Acoustics – 2 September 2018

    Grassy Spark at Park Acoustics
    Event Reviews 20 Sep 2018

Sluit Aan By Die Wolfpak

📻 Teken in op ons Nuusbrief

Help Om Ons Aan Die Gang Te Hou

☕ Ondersteun Ons

Verken Running Wolf's Rant

🎵 Check ons Music Hub uit🇮🇿 Besoek die Afrikaanse Hoekie📅 Check bietjie Upcoming Events uit🎤 Check die SA Gig Guide uit
Afrikaans Droombrief South Africa Spoegwolf Stellenbosch
Share. Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link
Henno Kruger

Music Lover, Avid Festival Goer and Founder and Owner of Running Wolf's Rant.

Leave A Reply Cancel Reply

NetfloristOfferforge
Teken in op ons Nuusbrief

Vul jou e-pos adres in om opdaterings in jou Inboks te kry

Nog Artikels
  • Khazimula Carol-Ann Meltzer
    Khazimula Releases New Single: “Joburg City”
    October 2, 2026
  • Deborah McKay
    Deborah McKay Releases New Single: “I Really Do”
    September 28, 2026
  • The Hill
    The Hill Releases Single In Remembrance of “Catch”
    September 25, 2026
  • Charlie Void
    Charlie Void Steps Onto The “Velvet Runway”
    September 25, 2026
  • KatzTheSingR
    KatzTheSingR Releases New Single: “Gopola”
    September 23, 2026
  • Birdie
    Birdie Releases New Single: “Mananga”
    September 21, 2026
  • Sonder Onderbroeke
    Sonder Onderbroeke Reik “Sê My Hoe?” Uit
    September 18, 2026
  • Cailyn Shelby
    Cailyn Shelby Releases New Single: “Addicted To You”
    September 18, 2026
NetfloristOfferforge
Populêre Onderwerpe
South Africa 3,321
Rock 617
Useful Tips 564
Afrikaans 525
Cape Town 342
USA 337
Pretoria 305
Johannesburg 292
Festivals 201
UK 178
Facebook X (Twitter) Instagram YouTube Spotify TikTok
© 2026 ThemeSphere. Designed by ThemeSphere.

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.