Close Menu
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Subscribe
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Home » Music Videos » Dani Villé Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Jys Okay”

Dani Villé Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Jys Okay”

Blitsoorsig: Kaapstad-gebaseerde sangeres Dani Villé het 'n splinternuwe enkelsnit getiteld "Jy's Okay" vrygestel. Die akoestiese-pop liefdesliedjie is geïnspireer deur haar drie maande in Berlyn in 2023, waar sy internasionale gehore bereik het maar haar mense gemis het. Haar kêrel se ondersteuning het haar geïnspireer om aan te hou en die liedjie te skep.

Henno KrugerBy Henno KrugerJuly 11, 2025No Comments3 Mins Read Music Videos 121 Views
Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link

Kaapstad-gebaseerde sangeres en liedjieskrywer Dani Villé keer terug met ’n splinternuwe enkelsnit getiteld “Jy’s Okay”. Hierdie akoestiese-pop liefdesliedjie is geïnspireer deur haar tyd in Berlyn, waar sy in 2023 vir drie maande haar musiek met internasionale gehore gedeel het.

Dani beskryf dié tyd as lewensveranderend: “Ek het ongelooflike musiekervarings in Berlyn gehad en wonderlike mense in die internasionale musiekbedryf ontmoet. Maar ek het my kêrel en my mense vreeslik gemis. Ná ’n maand het ek begin wonder of ek die regte besluit geneem het.”

Dani Villé

Dit was uiteindelik haar kêrel se ondersteuning wat haar geïnspireer het om aan te hou – en wat aanleiding gegee het tot die ontstaan van “Jy’s Okay”.

’n Liedjie vol gevoel – vasgevang in elke noot

Die liedjie is opgeneem by Ollyvan Studios saam met Olly van Schalkwyk, en Dani beskryf die opnameproses as ’n absolute fees. “Ons het doelbewus met akoestiese-pop elemente gewerk – genoeg ritme, maar met ruimte vir emosie. Ek wou hê die gevoel waarmee ek die lied geskryf het, moes gehoor en ervaar kan word. Ek kon nie vir ’n beter eindresultaat vra nie.”

NetfloristOfferforge

Met “Jy’s Okay” skop Dani ’n nuwe hoofstuk in haar musikale reis af – een wat persoonlik, eerlik en vol gevoel is.

Kyk die musiekvideo vir “Jys Okay” hier onder:

Jy's Okay

Jy kan “Jys Okay” HIER stroom/aflaai.

Dani Villé is ’n Onafhanklike kunstenaar met diep wortels

Dani Villé het in 2020 haar eerste selfgetitelde EP vrygestel onder Universal Musiek, met treffers soos “Verdwaal”, “Twee keer”, “Ek soek net vir jou” en “As ek sing”.

NetfloristOfferforge

Sedertdien het sy haar onafhanklike teenwoordigheid op platforms soos Spotify, iTunes en Deezer gevestig, met nuwe liedjies soos “Blinkers”, “Alles”, “Liefdeskind” en “Ruled by You” wat daarop gevolg het.

Sy besef egter dat talent nie genoeg is om in die musiekbedryf te floreer nie. Daarom het sy in 2020 vir ’n Diploma in Musiekbesigheid ingeskryf by COPA (Campus of Performing Arts) in Kaapstad. “Ek weet nou dis nie net goeie liedjies wat jou vat waar jy wil wees nie — dit verg harde werk en strategiese beplanning.”

Buite haar eie loopbaan, neem Dani Villé ook gereeld deel aan konserte by haar familie se buitelug-musiekteater. In die somermaande tree sy saam met van Suid-Afrika se grootste kunstenaars op, waaronder Spoegwolf, Refentse, Elvis Blue, Kahn Morbee, Elandré, en Riaan Benadé.

Met ’n vol kalender, nuwe liedjies op pad, en ’n passie wat aanhou groei, wys Dani Villé dat sy nie net ’n kunstenaar is nie — maar ’n storieverteller, ’n entrepreneur, en ’n stem wat in die Suid-Afrikaanse musiektoneel gehoor móét word.

NetfloristOfferforge

Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music Videos kategorie op Running Wolf’s Rant.

Wil jy jou besigheid, gebeurtenisse, produk of diens bemark? Ons kry meer as 14,000 bladsy-kyke elke maand! Kontak Ons vir bemarkings en reklame opsies.

Jy sal dalk ook hiervan hou

  • Dani Villé Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Selfbewus”

    Dani Villé
    Music Videos 9 Feb 2026
  • ‘n Onderhoud met Dani Villé

    Dani Villé
    Artist/Band Interviews 14 Aug 2025
  • French Montana: Live in South Africa in December 2026

    French Montana
    Upcoming Events 23 Sep 2026
  • The Groove Room: Live in Cape Town – 26 December 2026

    The Groove Room - Live in Cape Town
    Upcoming Events 23 Sep 2026

Sluit Aan By Die Wolfpak

📻 Teken in op ons Nuusbrief

Help Om Ons Aan Die Gang Te Hou

☕ Ondersteun Ons

Verken Running Wolf's Rant

🎥 Check ons Screen Hub uit🎵 Check ons Music Hub uit🇮🇿 Besoek die Afrikaanse Hoekie📅 Check bietjie Upcoming Events uit🎤 Check die SA Gig Guide uit
Afrikaans Cape Town Dani Villé Jy's Okay South Africa
Share. Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link
Henno Kruger

Music Lover, Avid Festival Goer and Founder and Owner of Running Wolf's Rant.

Leave A Reply Cancel Reply

NetfloristOfferforge
Teken in op ons Nuusbrief

Vul jou e-pos adres in om opdaterings in jou Inboks te kry

Nog Artikels
  • Future Radio & Pedro Barbosa Release "Better Off Alone" 1
    Future Radio & Pedro Barbosa Release “Better Off Alone”
    September 25, 2026
  • Anrich - Ek Onthou
    Anrich Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Ek Onthou”
    September 22, 2026
  • Ricus Nel
    Ricus Nel roer dinge met nuwe enkelsnit: “Roer My”
    September 22, 2026
  • Nicholis Louw
    Nicholis Louw Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Bokkie”
    September 22, 2026
  • Leoné
    Leoné Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Hakkkk In”
    September 17, 2026
  • Ama Top Dawgz
    Ama Top Dawgz Release New Single: “Khuthaza Abafwethu”
    September 14, 2026
  • Keep Guessing Charlie Band
    Keep Guessing Charlie Releases New Single: “Hey Now”
    September 11, 2026
  • Donkerbaai
    Donkerbaai Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Net Ek en Jy”
    September 11, 2026
NetfloristOfferforge
Populêre Onderwerpe
South Africa 3,313
Rock 616
Useful Tips 564
Afrikaans 524
Cape Town 339
USA 337
Pretoria 305
Johannesburg 290
Festivals 199
UK 178
Facebook X (Twitter) Instagram YouTube Spotify TikTok
© 2026 ThemeSphere. Designed by ThemeSphere.

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.