Close Menu
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Subscribe
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Home » Music Videos » Nicholis Louw Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Bokkie”

Nicholis Louw Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Bokkie”

Blitsoorsig: Nicholis Louw is terug met sy opgewekte nuwe enkelsit "Bokkie", 'n goedvoel-liedjie wat sy vrou as inspirasie gebruik. Die snit vang die outentieke Suid-Afrikaanse saamkuier-gevoel perfek vas en begin selfs met sy eie uitdrukking "O, die vet weet". Met die troetelname "Bokkie" kan almal hul eie geliefde in die storie herken.

Henno KrugerBy Henno KrugerSeptember 22, 2026No Comments2 Mins Read Music Videos 73 Views
Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link

Nicholis Louw is terug en gereed om die dansvloer aan die brand te steek met sy splinternuwe, opgewekte enkelsnit, “Bokkie”.

Hierdie goedvoel-liedjie kombineer ‘n persoonlike liefdesverhaal met ‘n aansteeklike sokkie-ritme wat luisteraars dadelik op hul voete sal kry.

Nicholis Louw

Die Inspirasie Agter Nicholis Louw se Nuutste Treffer

Die hart van die liedjie is niemand anders nie as Nicholis Louw se eie vrou. Sy is die spontane, avontuurlustige en kinderlike inspirasie waarna hy verwys.

Hy beskryf haar as iemand wat altyd gereed is vir aksie en wat nie lank hoef te wag voordat sy die dansvloer oorneem nie.

NetfloristOfferforge

Hoewel sy die ware kampioen op die vloer is, erken Nicholis laggend dat hy self maar “hinke-pinke” dans en net hoop hy trap nie op haar tone nie!

‘n “Proper” Suid-Afrikaanse Kuier

Die snit vang daardie bekende Suid-Afrikaanse saamkuier-gevoel perfek vas, of dit nou op ‘n stowwerige meelvloer in ‘n skuur of om ‘n kampvuur op die strand is.

Die liedjie begin selfs met ‘n uitdrukking wat eie is aan Nicholis: “O, die vet weet,” wat dit dadelik ‘n outentieke, persoonlike stempel gee. Die term “Bokkie” is bowendien een van die land se mees algemene troetelname, wat beteken elkeen kan hul eie geliefde in die storie herken.

Soos Nicholis Louw dit sing: “My Bokkie, oe sy kan sokkie”

NetfloristOfferforge

Kyk die musiekvideo vir “Bokkie” hier onder:

Nicholis Louw - Bokkie (Amptelike Musiekvideo)

Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in the Music Videos kategorie op Running Wolf’s Rant.

Wil jy jou besigheid, gebeurtenisse, produk of diens bemark? Ons kry meer as 14,000 bladsy-kyke elke maand! Kontak Ons vir bemarkings en reklame opsies.

Jy sal dalk ook hiervan hou

  • Nicholis Louw & Pieter Pruis Reik “Feit Soos ‘n Koei” Uit

    Nicholis Louw & Pieter Pruis
    Music Videos 27 Jul 2026
  • Nicholis Louw vier liefde en eenvoud met “Ek En Jy”

    Nicholis Louw
    Music News 1 Apr 2026
  • Matthew Mole Kicks Off Hopeful New Chapter With “Love Me”

    Matthew Mole - Love Me
    Music News 6 Oct 2026
  • Charlie Void Steps Onto The “Velvet Runway”

    Charlie Void
    Music News 25 Sep 2026

Sluit Aan By Die Wolfpak

📻 Teken in op ons Nuusbrief

Help Om Ons Aan Die Gang Te Hou

☕ Ondersteun Ons

Verken Running Wolf's Rant

🎥 Check ons Screen Hub uit🎵 Check ons Music Hub uit🇮🇿 Besoek die Afrikaanse Hoekie📅 Check bietjie Upcoming Events uit🎤 Check die SA Gig Guide uit
Afrikaans Bokkie Nicholis Louw Pop South Africa
Share. Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link
Henno Kruger

Music Lover, Avid Festival Goer and Founder and Owner of Running Wolf's Rant.

Leave A Reply Cancel Reply

NetfloristOfferforge
Teken in op ons Nuusbrief

Vul jou e-pos adres in om opdaterings in jou Inboks te kry

Nog Artikels
  • Celeste Swift
    Celeste Swift Releases New Single: “What If You Had Stayed?”
    October 2, 2026
  • Francois van Coke & Hunter Kennedy_Aksie Braai_Photo credit Jacques van Rensburg
    Francois van Coke & Hunter Kennedy Reik “Aksie braai” Uit
    September 28, 2026
  • Future Radio & Pedro Barbosa Release "Better Off Alone" 1
    Future Radio & Pedro Barbosa Release “Better Off Alone”
    September 25, 2026
  • Anrich - Ek Onthou
    Anrich Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Ek Onthou”
    September 22, 2026
  • Ricus Nel
    Ricus Nel roer dinge met nuwe enkelsnit: “Roer My”
    September 22, 2026
  • Leoné
    Leoné Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Hakkkk In”
    September 17, 2026
  • Ama Top Dawgz
    Ama Top Dawgz Release New Single: “Khuthaza Abafwethu”
    September 14, 2026
  • Keep Guessing Charlie Band
    Keep Guessing Charlie Releases New Single: “Hey Now”
    September 11, 2026
NetfloristOfferforge
Populêre Onderwerpe
South Africa 3,326
Rock 617
Useful Tips 565
Afrikaans 526
Cape Town 343
USA 337
Pretoria 306
Johannesburg 293
Festivals 201
UK 178
Facebook X (Twitter) Instagram YouTube Spotify TikTok
© 2026 ThemeSphere. Designed by ThemeSphere.

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.