Close Menu
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Afrikaanse Hoekie
  • Knowledge Hub
  • Music Hub
  • Screen Hub
  • Contact Us
  • Privacy Policy
Facebook X (Twitter) Instagram
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Afrikaanse Hoekie
  • Knowledge Hub
  • Music Hub
  • Screen Hub
  • Contact Us
  • Privacy Policy
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Home » Music Videos » Leoné Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Hakkkk In”

Leoné Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Hakkkk In”

Blitsoorsig: The 16-year-old South African singer-songwriter Leoné releases "Hakkkk In," a lighthearted yet meaningful pop song celebrating unconditional acceptance and real commitment. Inspired by a soundcheck technician's stutter, the track playfully turns imperfection into something beautiful and human, encouraging listeners to embrace their own quirks and choose love daily.

Henno KrugerBy Henno KrugerSeptember 17, 2026No Comments3 Mins Read Music Videos
Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link

Die 16-jarige sangeres en liedjieskrywer Leoné se nuwe enkelsnit, “Hakkkk In” is ‘n liedjie wat jou laat glimlag en wat met ‘n ligte aanslag ‘n baie dieper boodskap by jou agterlaat.

Met ‘n speelse titel, ‘n aansteeklike koor en ‘n storie vol humor en opregte liefde, is dit ‘n vars popliedjie oor aanvaarding en die tipe liefde wat nie wag vir perfeksie nie.

Leoné

Die inspirasie vir “Hakkkk In” het op ‘n baie natuurlike en toevallige manier ontstaan. Terwyl Leoné op pad terug was van ‘n fees in Balfour, het sy op die agtersitplek van die motor begin kitaar speel en aan die vriendelike jong man gedink wat vroeër daardie dag haar klanktoets (soundcheck) behartig het.

Die klankman het effens gehakkel, maar dit was juis sy gemaklikheid en opregtheid wat by haar vasgesteek het. Omdat hy gehakkel het, het die idee en die speelse woordspel vir die liedjie skielik net sin gemaak.

NetfloristOfferforge

Die Skoonheid van Onvolmaaktheid

Hoewel die snit met ‘n flirterige, ligte energie begin, ontwikkel dit vinnig in ‘n betekenisvolle belofte van verbintenis. Met lirieke soos “al hakkkkkkel jy ‘n bietjie, hak hier in by my”, draai Leoné die idee van onsekerheid om in iets mensliks en liefdevol.

Die liedjie beklemtoon ‘n paar belangrike temas:

Onvoorwaardelike aanvaarding: Mense hoef nie perfek te wees om liefde te verdien nie; die regte persoon sal juis daardie klein onvolmaakthedes raaksien en steeds kies om te bly.

Selfgenade: Dit moedig luisteraars aan om hul eie eienaardighede en onsekerhede met meer deernis en genade te hanteer.

Ware verbintenis: Liefde is nie net ‘n gevoel nie, maar ‘n daaglikse keuse om in goeie én moeilike tye langs mekaar te staan (“Hand in hand stap ons saam deur die lewe”).

NetfloristOfferforge

Leoné is ‘n Jong Kunstenaar met ‘n Duidelike Roeping

Hierdie talentvolle kunstenaar van Wellington het reeds op vyfjarige ouderdom met formele opleiding en verhoogoptredes begin. Vir Leoné is musiek nie net ‘n droom nie, maar ‘n roeping. As ‘n passievolle liedjieskrywer gebruik sy haar eie oorspronklike materiaal om luisteraars te inspireer, hoop te gee en stories te vertel wat ‘n positiewe verskil in mense se lewens maak.

Met “Hakkkk In” bewys Leoné dat ‘n liedjie terselfdertyd ‘n aansteeklike snit kan wees wat mense ‘n verskoning gee om te sokkie, en ‘n eerlike boodskap kan dra wat diep in luisteraars se harte agterbly.

Kyk die musiekvideo hier onder:

Jy kan die liedjie HIER stroom/aflaai.

NetfloristOfferforge

Hou jou ogies oop vir jou gereelde opdaterings in die Music Videos kategorie op Running Wolf’s Rant.

Sluit by die Wolfpak aan

Kry nuwe artikels direk in jou Inboks.

Wil jy jou besigheid, gebeurtenisse, produk of diens bemark? Ons kry meer as 14,000 bladsy-kyke elke maand! Kontak Ons vir bemarkings en reklame opsies.

Jy sal dalk ook hiervan hou

  • Jann Klose Explores Healing in New Visual Project

    Jann Klose
    Music Videos 17 Nov 2026 1,487 views
  • Anacy Releases “Brother’s Friend” Single

    Anacy South Africa Singer
    Music Videos 11 Nov 2026 1,242 views
  • Lady Zamar Releases “Muscle Memory” Single

    Lady Zamar
    Music Videos 9 Nov 2026 159 views

Goeters Om Te Doen

  • Dave Koz January 2027 South African Tour: All The Deets

    Dave Koz
  • Fatboy Slim South African Tour: December 2026

    Fatboy Slim South African Tour: December 2026 1
  • Oskido’s Big Day 2026: Twice The Music & Energy

    Oskido's Big Day Out 2026

Help Om Ons Aan Die Gang Te Hou

Ondersteun Ons

Verken Running Wolf's Rant

Check ons Screen Hub uitCheck ons Music Hub uitBesoek die Afrikaanse HoekieCheck bietjie Upcoming Events uitCheck die SA Gig Guide uit
Afrikaans Hakkkk In Leoné South Africa
Share. Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link
Henno Kruger

Music Lover, Avid Festival Goer and Founder and Owner of Running Wolf's Rant.

Leave A Reply Cancel Reply

Teken in op ons Nuusbrief

Vul jou e-pos adres in om opdaterings in jou Inboks te kry

Nog Artikels
  • Keep Guessing Charlie
    Keep Guessing Charlie Release “Our Desire”
    November 2, 2026
  • Tian Nienaber
    Tian Nienaber Releases New Single: “Arabella”
    October 30, 2026
  • Giselle Niemand
    Giselle Niemand Drops New Single: “He Doesn’t Know”
    October 27, 2026
  • Gerald Clark
    Gerald Clark Keer Terug Met “Soms wil ek huis toe kom”
    October 20, 2026
  • Ricus en Liza Nel
    Ricus en Liza Nel Reik “Ek Het Nie” Uit
    October 20, 2026
  • Appel en Ichnus
    Appel en Ichnus vra ‘Jy Sallie?”
    October 19, 2026
  • Perry & Blackwell
    Perry & Blackwell Drop Resilient Single: “Psych”
    October 15, 2026
  • Neon Dreams & 4KORNERS
    Neon Dreams & 4KORNERS Reimagine “Sunday Morning”
    October 14, 2026
NetfloristOfferforge
Populêre Onderwerpe
South Africa 3,391
Rock 628
Useful Tips 575
Afrikaans 530
Cape Town 352
USA 339
Pretoria 307
Johannesburg 294
Festivals 201
UK 180
Facebook X (Twitter) Instagram YouTube Spotify TikTok
© 2026 ThemeSphere. Designed by ThemeSphere.

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.