Close Menu
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Subscribe
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Home » Music News » Ampie reik nuwe enkelsnit uit: “Rooftog”

Ampie reik nuwe enkelsnit uit: “Rooftog”

Blitsoorsig: Ampie se jongste lied "Rooftog" is 'n kragtige refleksie oor verraad en kritiek, geskep saam met Matthew John Duncan. Die lied gebruik die metafoor van 'n brug om die realiteit uit te beeld waar mense jou agter jou rug afbreek terwyl hulle voorkant maak. Met wolwe as simbool vir negatiewe mense en groepe, vra "Rooftog" of jy vashou aan die verlede of vorentoe beweeg.

Henno KrugerBy Henno KrugerApril 24, 2025No Comments3 Mins Read Music News 100 Views
Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link

Die Afrikaanse musiekbedryf word hierdie maand geskud deur die kragtige en diep emosionele vrystelling van Ampie se jongste enkelsnit, “Rooftog”. Die lied is nie net ‘n musikale meesterstuk nie, maar ook ‘n sielvolle refleksie oor verraad, innerlike stryd en die keuse tussen vasgevang bly of vorentoe beweeg.

Volgens Ampie het die titel “Rooftog” spontaan na vore gekom tydens ‘n samewerking met die jong en talentvolle Matthew John Duncan.

Ampie - Rooftog

“Ek voel Matthew gaan dit nog groot maak in Suid-Afrika. Die skryfproses was ‘n heen-en-weer inspanning, waar ons albei aan idees gewerk het en dit uiteindelik inmekaar gesmelt het tot ‘n volronde storie,” verduidelik Ampie.

Meer inligting oor Ampie se nuwe liedjie

Die lied beeld die realiteit van verraad en agteraf kritiek uit – iets waarmee baie mense kan vereenselwig. “As jy op ‘n brug staan, het jy twee keuses: óf jy spring af in wanhoop, óf jy stap vorentoe en oorwin die situasie. ‘Rooftog’ is ‘n metafoor vir hoe mense jou agter jou rug afbreek, terwyl hulle voor jou maak asof jy die wonderlikste ding op aarde is.”

NetfloristOfferforge

Met lirieke soos “Sien jy wat ek sien, dis ‘n rooftog” en “Gee my hart terug, ek hoop jy soek nog”, bring die lied ‘n skerp boodskap van emosionele diefstal. “Baie mense dink jy weet nie wat hulle agter jou rug sê nie, maar dis ‘n rooftog – hulle probeer jou gees, jou lig en jou vreugde steel.”

“My gees wil net kleef aan wie ons was” weerspieël die nostalgie en die emosionele gewig van verlore verhoudings en vertroue. Dit vra die vraag: Gaan jy vasklou aan die verlede, of gaan jy vorentoe beweeg?

In die brug van die lied word daar verwys na wolwe – ‘n sterk simbool vir mense of omstandighede wat iemand probeer vernietig. “Wolwe beweeg in ‘n pak en vang hul prooi só. Dit is hoe negatiewe mense werk – hulle groepeer om jou te breek. Maar die vraag is: Gaan jy die stryd verloor, of gaan jy opstaan?”

Vir die produksie van “Rooftog” het Ampie weer saam met die briljante Tertius Human van Coolerbox Studios gewerk.

NetfloristOfferforge

“Ek rate hom as een van die beste. Ons wou ‘n tydlose lied skep, iets wat nie net ‘n kits-treffer is nie, maar wat verewig kan leef.” sê Ampie.

Die klank van “Rooftog” is ‘n mengsel van world music en adult contemporary, wat dit ‘n internasionale gevoel gee.

Kyk die musiekvideo vir die liedjie hier onder:

Ampie - Rooftog

Jy kan die liedjie stroom op Spotify en alle ander stromings-platforms.

NetfloristOfferforge

Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music Videos kategorie op Running Wolf’s Rant.

Wil jy jou besigheid, gebeurtenisse, produk of diens bemark? Ons kry meer as 14,000 bladsy-kyke elke maand! Kontak Ons vir bemarkings en reklame opsies.

Jy sal dalk ook hiervan hou

  • Ampie Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Royal Kalahari”

    Ampie
    Music Videos 9 May 2026
  • Ampie Reik “Sy Is Die Een” Uit

    Ampie
    Music Videos 17 Feb 2026
  • Corné, Die Heuwels Fantasties & Ampie sing oor “Biertjies”

    Corne Pretorius - Biertjies
    Music News 8 Feb 2021
  • Sentiment Reik Debuut Enkelsnit Uit: “Ek Wil Jou Sien”

    Sentiment - Ek Wil Jou Sien
    Music News 14 Sep 2026

Sluit Aan By Die Wolfpak

📻 Teken in op ons Nuusbrief

Help Om Ons Aan Die Gang Te Hou

☕ Ondersteun Ons

Verken Running Wolf's Rant

🎵 Check ons Music Hub uit🇮🇿 Besoek die Afrikaanse Hoekie📅 Check bietjie Upcoming Events uit🎤 Check die SA Gig Guide uit
Afrikaans Ampie South Africa
Share. Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link
Henno Kruger

Music Lover, Avid Festival Goer and Founder and Owner of Running Wolf's Rant.

Leave A Reply Cancel Reply

NetfloristOfferforge
Teken in op ons Nuusbrief

Vul jou e-pos adres in om opdaterings in jou Inboks te kry

Nog Artikels
  • Booshle G
    Booshle G. lets love lead on new single: “Miracle”
    September 14, 2026
  • Mila Smith
    Mila Smith Releases Debut Album: “Not My Circus”
    September 11, 2026
  • Kelly Khumalo
    Kelly Khumalo Releases New Single: “Merry Go Round”
    September 11, 2026
  • Southern Wild
    Southern Wild sign to Just Music for Long-awaited 2nd Album
    September 9, 2026
  • Shortstraw
    Shortstraw Releases New EP: “Everything In Between”
    September 7, 2026
  • Lyra K
    Lyra K Releases Debut Album: “Seasons”
    September 4, 2026
  • Kabaal Klankbaan
    Kabaal Klankbaan Keer Terug Met “Weer Probeer”
    August 29, 2026
  • Maustrack
    MAUStrack Launches to Give SA Music Creators Royalty Visibility
    August 27, 2026
NetfloristOfferforge
Populêre Onderwerpe
South Africa 3,299
Rock 614
Useful Tips 563
Afrikaans 517
Cape Town 337
USA 336
Pretoria 305
Johannesburg 291
Festivals 199
UK 178
Facebook X (Twitter) Instagram YouTube Spotify TikTok
© 2026 ThemeSphere. Designed by ThemeSphere.

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.