Close Menu
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Subscribe
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Home » Music News » Angie oeh ryk debut EP uit: “Sex in Afrikaans”

Angie oeh ryk debut EP uit: “Sex in Afrikaans”

Blitsoorsig: Angie oeh is making waves in South African music with her raw, original style. Rising from recording on her phone in her Pretoria bedroom, she's collaborated with artists like Jack Parow and Van Pletzen. Her debut EP "Sex in Afrikaans" tackles sexism, homophobia, and gender-based violence through music that sparks conversation and celebrates women and dance.

Henno KrugerBy Henno KrugerMay 20, 2022No Comments2 Mins Read Music News 104 Views
Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link

Mompel kletsrymer, Angie oeh, is hier om netjies ‘n gaping in die Suid-Afrikaanse musiekindustrie te vul. Die nuwe ‘It Girl’ op die musiektoneel is vars, skerp, oorspronlik en sy weet waaroor sy gaan.

Meer inligting oor Angie oeh

Angie oeh het haar wegbreek enkelsnit, “Dis jou wyfie” in haar kas by haar huis in Die Moot, Pretoria, op haar ou Samsung A23 foon opgeneem. Omdat sy nie ‘n rekenaar kon bekostig nie, het sy nie net haar stem op haar foon opgeneem nie, maar ook haar “beats” daarop gemaak.

Angie oeh

“Dis jou wyfie” is einde 2021 uitgereik en het dadelik aandag ontlok. Hierdie vrystelling het gelei tot ‘n samewerking met kletsrymer, Loufi, getiteld “Dis jou wyfie (Remix)”.

YouTube video player

Kort daarna is sy uit haar slaapkamer gehaal en op Fokof Bar se verhoog gesit om vir Fokofpolisiekar te open vir haar heel eerste vertoning ooit.  Sedertdien is sy gereeld op die verhoog by ander vertonings en by groot konserte te sien.

NetfloristOfferforge

‘n Groot samewerking op die enkelsnit saam met Jack Parow, “Meisies & Partytjies” het vinnig gevolg en nou sien ons die vrystelling van haar debuut kortspeler, Sex in Afrikaans.

Die eerste enkelsnit vanaf hierdie kortspeler is “Big Booty Bitch” saam met Van Pletzen wat op 6 Mei vrygestel is. Peach van Pletzen het Sex in Afrikaans by sy studio, Planet Awesome, vervaardig.

Angie oeh & Peach Van Pletzen

Angie oeh vertel ons meer oor Sex in Afrikaans

“’Sex in Afrikaans’ is geïnspireer deur wangedrag, frustrasie en seks. Ek maak musiek wat kwaad maak en gesprek uitlok. Dis ‘n in-jou-gesig zap vir seksisme, homofobie, geslagsgebaseerde geweld en ongelykheid. Hierdie album is ‘n ode aan vroue, aan tieties, en meeste van alles… aan dans. Kom ons wys hulle hoe ons in opstand kom in Afrikaans. Peace.”

Angie oeh - Sex in Afrikaans

Jy kan die EP HIER stroom / aflaai.

NetfloristOfferforge

Wees op die uitkyk vir gereelde opdaterings in die Music News kategorie op Running Wolf’s Rant.

Wil jy jou besigheid, gebeurtenisse, produk of diens bemark? Ons kry meer as 14,000 bladsy-kyke elke maand! Kontak Ons vir bemarkings en reklame opsies.

Jy sal dalk ook hiervan hou

  • Afrikaans Mumble Rapper Angie oeh: Dead at 24

    Angie oeh
    Music News 21 Aug 2023
  • Angie oeh leef voort met 14 nuwe liedjies en ’n musiekvideo

    Angie Oeh - Wyfie
    Music News 20 Aug 2024
  • “Spoor”(Angie oeh se laaste opgeneemde lirieke) vrygestel

    Angie oeh en Peach Van Pletzen
    Music News 12 Sep 2023
  • Angie oeh: 13 Interesting Facts You Didn’t Know

    Angie oeh
    Music Facts 20 Aug 2023

Sluit Aan By Die Wolfpak

📻 Teken in op ons Nuusbrief

Help Om Ons Aan Die Gang Te Hou

☕ Ondersteun Ons

Verken Running Wolf's Rant

🎵 Check ons Music Hub uit🇮🇿 Besoek die Afrikaanse Hoekie📅 Check bietjie Upcoming Events uit🎤 Check die SA Gig Guide uit
Afrikaans Angie oeh Pretoria Rap Sex In Afrikaans South Africa
Share. Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link
Henno Kruger

Music Lover, Avid Festival Goer and Founder and Owner of Running Wolf's Rant.

Leave A Reply Cancel Reply

NetfloristOfferforge
Teken in op ons Nuusbrief

Vul jou e-pos adres in om opdaterings in jou Inboks te kry

Nog Artikels
  • The Hill
    The Hill Releases Single In Remembrance of “Catch”
    September 25, 2026
  • Charlie Void
    Charlie Void Steps Onto The “Velvet Runway”
    September 25, 2026
  • KatzTheSingR
    KatzTheSingR Releases New Single: “Gopola”
    September 23, 2026
  • Birdie
    Birdie Releases New Single: “Mananga”
    September 21, 2026
  • Sonder Onderbroeke
    Sonder Onderbroeke Reik “Sê My Hoe?” Uit
    September 18, 2026
  • Cailyn Shelby
    Cailyn Shelby Releases New Single: “Addicted To You”
    September 18, 2026
  • Kerk Straat
    Kerk Straat Gee Nuwe Lewe Aan Karen Zoid se “Engel”
    September 17, 2026
  • Sentiment - Ek Wil Jou Sien
    Sentiment Reik Debuut Enkelsnit Uit: “Ek Wil Jou Sien”
    September 14, 2026
NetfloristOfferforge
Populêre Onderwerpe
South Africa 3,313
Rock 616
Useful Tips 564
Afrikaans 524
Cape Town 339
USA 337
Pretoria 305
Johannesburg 290
Festivals 199
UK 178
Facebook X (Twitter) Instagram YouTube Spotify TikTok
© 2026 ThemeSphere. Designed by ThemeSphere.

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.