Close Menu
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Subscribe
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Home » Music News » Angie oeh leef voort met 14 nuwe liedjies en ’n musiekvideo

Angie oeh leef voort met 14 nuwe liedjies en ’n musiekvideo

Blitsoorsig: Die eerste herdenking van Angie oeh se tragiese dood word met die vrystelling van 'n nuwe klankbaan gemarkeer. Sy het kort voor haar afsterwe aan kanker aan die Wyfie-klankbaan gewerk saam met kunstenaar Peach van Pletzen en ander musiektalente. Die 14 liedjies, insluitend twee reeds vrygestelde enkel, is nou beskikbaar op alle musiekplatforms.

Henno KrugerBy Henno KrugerAugust 20, 2024No Comments4 Mins Read Music News 70 Views
Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link

19 Augustus 2024 was die eerste herdenking van Angie oeh se tragiese dood op 24-jarige ouderdom aan kanker. Hierdie maand sal haar steeds groeiende skare aanhangers haar onmisbare stem egter op 14 nuwe liedjies kan hoor.

Angie oeh was kort voor haar skielike afsterwe besig om die amptelike klankbaan van die baanbrekende Showmax Original-universiteitsdrama, Wyfie, saam met Peach van Pletzen op te neem.

Angie Oeh - Wyfie

Die klankbaan, waaraan kunstenaars soos Biggy, Early B, Hanna en Jack Parow ook saamgewerk het, is vanaf later hierdie maand op alle goeie musiekplatforms beskikbaar.

“Toe Angie studio toe gekom het en die idees op die mic gesit het, kon ek dadelik voel ons is met iets spesiaal besig.” vertel Peach “Angie se stem is een van die mees diepgaande mooi stemme wat ek al ooit opgeneem het. Om saam met Angie te kon werk, is ’n tyd wat my ewig sal bybly.”

NetfloristOfferforge

“Ons het haar gedurende die proses verloor, so daar is baie emosie rondom van die musiek. Ek moes meeste van dit voltooi ná sy weg is. Sy het haar stem by my gelos en dís ’n groot geskenk en eer vir my. Sy was baie trots op die werk en ek is ook.” 

Met die ondersteuning van Showmax en Angie oeh se span, het Peach na die studio teruggekeer om die klankbaan in vollengte liedjies te omskep

“Om hierdie liedjies te herbesoek was ’n pragtige, uitdagende en katartiese ervaring,” sê Peach. “Al was Angie nie meer fisiek daar nie, het ek steeds haar sterk teenwoordigheid deur die hele proses gevoel. Dit bring my groot vreugde om uiteindelik hierdie musiek met die wêreld te kan deel.”

Twee enkelsnitte is reeds vrygestel: die danssnit “Fishy Pumpi”, waarop Angie Oeh vir die eerste keer in Engels gesing het, en “Kerkmeisie Kyla (Ratata)”, met Jack Parow. Laasgenoemde liedjie is na Kristen Raath se karakter op dié universiteitstelenovela vernoem. Onder die ander kunstenaars wat op die klankbaan verskyn, tel Kay Faith en Yesterday’s Pupil.

Kyk hierdie kort dokumentêr oor hoe die Wyfie-klankbaan geskep is hier onder:

NetfloristOfferforge

YouTube video player

Benewens die klankbaan, het Showmax ook ’n nuwe musiekvideo vir Angie se kultustreffer, “Dis Jou Wyfie”, vrygestel.

Die musiekvideo is deur Homebrew Films, ook die produksiemaatskappy wat vir Wyfie verantwoordelik is, vervaardig. Die reeks se sterre, Beáta Bena Green, Celeste Loots, Kristen Raath en Mienke Ehlers, verskyn in die video.

Kyk die video hier onder:

YouTube video player

“‘Dis Jou Wyfie’ was haar eerste enkelsnit,” sê Peach. “Dit is ’n liedjie wat sy self geskryf, opgeneem en vervaardig het. Die snit het ’n kultusaanhang opgebou en is nou al ’n tipe van ’n temalied vir die misfits. Angie het ’n groter impak gemaak as wat mense besef. Die feit dat die reeks Wyfie genoem is, getuig ook daarvan.” 

NetfloristOfferforge

“Angie was die inspirasie vir Wyfie se titel, asook ’n groot deel van die reeks se houding,” bevestig Johan Cronjé, die hoofregisseur van beide die reeks en die musiekvideo. “Die musiek wat sy en Peach vir Wyfie geskep het, is spookagtig mooi. Om haar as deel van die klankbaan te hê, is vir my ongelooflik waardevol: hartseer en pragtig terselfdertyd.”

Die Wyfie-span het die afgelope Donderdag nog ’n hartseer terugslag ervaar nadat een van dié reeks se vervaardigers, Burgert Müller, op sy 63ste verjaardag oorlede is.

“Homebrew Films en die hele Wyfie-span is ongelooflik hartseer oor die skielike heengaan van Burgert, ’n mentor en ’n bron van kennis vir so baie van ons.” sê Jaco Loubser, uitvoerende hoof van Homebrew Films. “Burgert was nie net ’n visioenêre, ’n kalm en ervare leier nie, maar ook ’n gerespekteerde lid van ons span. Sy merkwaardige bydraes tot die televisiebedryf, veral in die sepie- en telenovela-genres, het ’n onuitwisbare merk gelaat wat sal aanhou om ons te inspireer.”

“Ons dink aan sy susters, Susan en Ronel, sy lewensmaat, Christiaan, en al Burgert se kollegas, vriende en geliefdes gedurende hierdie ongelooflike moeilike tyd. Sy nalatenskap en bydrae tot die bedryf sal ’n blywende impak hê op almal wat die voorreg gehad het om hom te ken,” sê Loubser.

NetfloristOfferforge

Nicola van Niekerk, waarnemende hoof van inhoud by Showmax, sê: “Burgert was ’n groot rolspeler in die land se televisiebedryf en het ’n besonderse invloed gehad op almal wat ooit die voorreg gehad het om met hom te werk.”

“Sy afsterwe laat ’n groot leemte in die bedryf waarin hy so ’n enorme rol gespeel het; van reekse soos Wyfie tot M-Net se Egoli. Sy kalmerende houding en die veilige atmosfeer wat hy op elke stel geskep het, gaan ’n reuse-leemte los. Ons innige medelye gaan aan sy geliefdes, familie en vriende gedurende hierdie moeilike tyd.” sê Van Niekerk.

Seisoen 2 van Wyfie stroom nou op Showmax, met nuwe episodes wat elke Dinsdag vrygestel word.

Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music News kategorie op Running Wolf’s Rant.

Jy sal dalk ook hiervan hou

  • Showmax reik lokprent uit vir “Wyfie”

    Wyfie - Showmax
    Streaming 26 Jan 2024
  • “Spoor”(Angie oeh se laaste opgeneemde lirieke) vrygestel

    Angie oeh en Peach Van Pletzen
    Music News 12 Sep 2023
  • Afrikaans Mumble Rapper Angie oeh: Dead at 24

    Angie oeh
    Music News 21 Aug 2023
  • Angie oeh: 13 Interesting Facts You Didn’t Know

    Angie oeh
    Music Facts 20 Aug 2023

Sluit Aan By Die Wolfpak

📻 Teken in op ons Nuusbrief

Help Om Ons Aan Die Gang Te Hou

☕ Ondersteun Ons

Verken Running Wolf's Rant

🎵 Check ons Music Hub uit🇮🇿 Besoek die Afrikaanse Hoekie📅 Check bietjie Upcoming Events uit🎤 Check die SA Gig Guide uit
Afrikaans Angie oeh South Africa Wyfie
Share. Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link
Henno Kruger

Music Lover, Avid Festival Goer and Founder and Owner of Running Wolf's Rant.

Leave A Reply Cancel Reply

NetfloristOfferforge
Nog Artikels
  • Kabaal Klankbaan
    Kabaal Klankbaan Keer Terug Met “Weer Probeer”
    August 29, 2026
  • Maustrack
    MAUStrack Launches to Give SA Music Creators Royalty Visibility
    August 27, 2026
  • Tim Hendricks
    Tim Hendricks Releases New Track: “After Midnight”
    August 26, 2026
  • Audiomack
    Audiomack deepens its commitment to South Africa
    August 25, 2026
  • Amy Tjasink
    Amy Tjasink turns Deep South memories into “Valley Girl”
    August 24, 2026
  • Lady Zamar
    Lady Zamar returns with new single: “RomantiQUE”
    August 24, 2026
  • Ben Rodrigues turns real-life story into “A Girl Like You” 1
    Ben Rodrigues turns real-life story into “A Girl Like You”
    August 14, 2026
  • Max More Releases New Single: "Cherry" 2
    Max More Releases New Single: “Cherry”
    August 14, 2026
NetfloristOfferforge
Populêre Onderwerpe
South Africa 3,279
Rock 613
Useful Tips 563
Afrikaans 514
USA 333
Cape Town 333
Pretoria 303
Johannesburg 287
Festivals 197
UK 178
Facebook X (Twitter) Instagram YouTube Spotify TikTok
© 2026 ThemeSphere. Designed by ThemeSphere.

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.