Close Menu
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Subscribe
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Home » Streaming » Showmax reik lokprent uit vir “Wyfie”

Showmax reik lokprent uit vir “Wyfie”

Blitsoorsig: Wyfie is 'n universiteitsdrama wat op Showmax debuteer en volg vier wildvreemde eerstejaar-kamermaats aan die fiktiewe Eike-universiteit. Geleë deur Johan Cronje en geskryf deur Marcel Spaumer, trek die reeks inspirasie uit werklike koshuiservarings van die skryfspan. Die klankbaan bevat die laaste liedjies van Angie Oeh, wat aan haar opgedra word.

Henno KrugerBy Henno KrugerJanuary 26, 2024No Comments5 Mins Read Streaming 102 Views
Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link

Showmax het pas die lokprent vir Wyfie, ’n universiteitsdrama wat op 12 Februarie 2024 op dié platform première, vrygestel. Twee nuwe episodes sal elke Dinsdag beskikbaar wees.

Meer inligting oor Wyfie

Wyfie kom vanuit die veelbekroonde Homebrew Films-stal (Trompoppie, Magda Louw), en volg vier wildvreemde eerstejaar-kamermaats in die Pantera-koshuis aan die fiktiewe Eike-universiteit.

Wyfie - Showmax

Die Safta-wenner Johan Cronje (Wonderlus, Nêrens, Noord-Kaap) dien as die reeksregisseur met Beata Bena Green (Arendsvlei, 7de laan) as Shay, Celeste Loots (One Piece, Trompoppie) as Amanda, Kristen Raath (7de Laan) as Kyla, en Mienke Ehlers (Dinge van ’n Kind) as Mia.

Ook in die rolverdeling van dié reeks – wat ’n R18-ouderdomsperk het – tel name soos Adrian Steyn (Die Onderonsie en die Showmax-fliek Matilda & Matthys wat eersdaags première), Marguerite van Eeden (Vaselinetjie), Elzet Nel (Trompoppie), en Chelsea Thomas (Amber in Spinners).

IQ AcademyOfferforge

Saam met Johan in die regiespan is Eva du Preez, ’n Silwerskermwenner en tweemalige Safta-benoemde as redigeerder, en bekend vir haar werk op onder meer Kanarie en Trompoppie, wat haar debuut as regisseur maak. Emilie Badenhorst (2023 Silwerskermwenner vir beste kortfilm en beste regie vir ’n Doop om Stilte) rond die span af.

“Universiteit is ’n baie interessante tyd in jou lewe, waartydens jy baie van jouself en van die wêreld wat jy as ’n volwassene probeer aanpak, ontdek,” sê Johan. “Dis ’n tydperk van grootword waar jy jou eie identiteit begin heroorweeg. Dít skep ’n mooi ruimte om stories van vernuwing, en ontdekking van die lewe, te ontgin.”

Vir die hoofskrywer Marcel Spaumer is Wyfie ook ’n viering van die vriendskappe wat jy maak as jy uit die huis trek en vir die eerste keer by ander mense intrek. “Wanneer jy by universiteit kom, maak jy vriende met mense van alle dele van die lewe, en mense wat jy nie gedink het jy ooit sou ontmoet nie,” sê hy. “En dan ontwikkel hierdie vreemde, ongelooflike vriendskappe.”

Terwyl Marcel verwag dat Wyfie as “ ’n Afrikaanse Euphoria” bestempel sal word, sê hy die skrywerskamer het eerder meer inspirasie uit hul eie ervarings van die Afrikaanse koshuis- en universiteitskultuur geput. “Baie van ons skryfspan was, soos ek, op universiteit en in die koshuis, so dít is 100% waar die inspirasie vir Wyfie vandaan kom. Dit is natuurlik fiktief, maar baie van my ervarings vorm deel van die storie, en baie van die tradisies wat ons in die koshuis gehad het, het ons omskep deur net ’n bietjie van die Wyfie-kultuur in te bring.” 

NetfloristOfferforge

Johan het nog altyd in die tradisies van universiteite, en veral koshuise, belanggestel. “Dit het my nog  altyd gefassineer – hoe jongmense so verslaaf en aanbiddend kan raak van hierdie tradisies en hierdie nuwe milieu waarbinne hulle hulself bevind.” 

Een van Wyfie se groot gesprekpunte gaan sy klankbaan deur die 2023 Safta-wenner Peach van Pletzen (Ludik) wees. Die klankbaan sluit die laaste liedjies in  wat Angie Oeh opgeneem het voordat sy op die ouderdom van 24 in Augustus verlede jaar tragies aan kanker oorlede is. Die reeks is aan haar opgedra.

“Angie was die inspirasie vir die reeks se titel,” sê Johan. “Om haar as deel van die klankbaan te hê, is vir my van ongelooflike groot waarde; hartseer en mooi terselfdertyd, want die musiek wat sy en Peach vir Wyfie geskep het, wat van haar laaste werk ooit is, is spookagtig mooi. Ek voel net baie, baie gelukkig dat ons haar musiek in hierdie reeks kan gebruik.”

“Ek het geweet ek wou Angie se stem ’n groot deel van die klanklandskap en identiteit van die reeks maak,” sê Peach. “Sy is tog die oorspronklike wyfie. Angie se eerste snit se titel is ‘Dis jou Wyfie’ – dis ’n liedjie wat sy self geskryf, opgeneem en vervaardig het. Die snit het ’n kultusaanhang opgebou en is nou al ’n tipe van ’n temalied vir die misfits. Angie het ’n groter impak gemaak as wat mense besef. Die feit dat die reeks Wyfie genoem is, getuig ook daarvan.”

“Toe Angie studio toe gekom het en die idees op die mic gesit het, kon ek dadelik voel ons is met iets spesiaal besig,” sê Peach. “Angie se stem is een van die mees diepgaande mooi stemme wat ek al ooit opgeneem het. Om saam met Angie te kon werk, was ’n tyd wat vir ewig by my sal bly. Ons het haar gedurende die proses verloor, en daar is baie emosie rondom van die musiek en ek moes meeste van dit voltooi ná sy weg is. Sy het haar stem by my gelos en dís ’n groot geskenk en eer vir my.  Sy was baie trots op die werk en ek ook.” 

Wyfie - Showmax

“Vir my is Wyfie ’n reeks van kontraste,” sê Peach. “Dis luid en in jou gesig, maar ook broos en sag. Amper soos mense op daai ouderdom: jy besluit jy weet presies wie jy is en vind uit hoe verkeerd jy is as die lewe aan daai studentidentiteit begin wegkap. Dis ’n mikrokosmos en ’n borrel. Ek wou die borrel omarm én dit ook bars.”

“Mense moet Wyfie kyk omdat ons nie bang was nie, omdat ons nie skaam was nie,” sê Johan. “Ek het in pre-produksie daarna verwys as ’n storie wat nie skaam mag wees nie; dis ’n baie eerlike storie en nie bang om universiteitslewe te wys soos dit werklik is nie. Ek glo mense wil hulself op skerm herken, en baie daarvan kom daarop neer dat jy (as TV-skepper) nie wegsteek hoe die lewe regtig is nie. Enigiemand wat al koshuislewe ervaar het, gaan kan aanklank vind by die storie en karakters van Wyfie.”

Wyfie is is een van 20 Showmax Originals wat in Februarie saam met die herbekendstelling van die nuwe Showmax-platform première.

Kyk die lokprent vir Wyfie hier onder:

As jy nog nie ‘n Showmax account het nie, kry joune HIER.

Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Television kategorie op Running Wolf’s Rant.

Jy sal dalk ook hiervan hou

  • Angie oeh leef voort met 14 nuwe liedjies en ’n musiekvideo

    Angie Oeh - Wyfie
    Music News 20 Aug 2024

    Angie oeh se nuwe klankbaan met 14 liedjies vir die Showmax-reeks Wyfie word hierdie maand vrygestel, een jaar na haar dood aan kanker.

    DStv Stream: Showmax Originals’ New Home

    Showmax on DSTV Stream
    Streaming 19 Mar 2026

    Showmax is closing April 2026, but its acclaimed originals are moving to DStv Stream's dedicated Showmax section for seamless access.

  • MultiChoice Announces Shutdown of Showmax

    Showmax
    Streaming 5 Mar 2026

    MultiChoice has announced it will shut down Showmax, its African streaming platform, due to mounting losses and unsustainable finances under new owner Canal+.

    Schalk Bezuidenhout verruil stand-up vir ’n 9-tot-5-jop

    Die Kantoor - Schalk Bezuidenhout
    Television 3 Feb 2026

    Schalk Bezuidenhout verlaat sy stand-up-wêreld vir Die Kantoor, kykNET en Showmax se Afrikaanse weergawe van The Office, waar hy onherkenbaar is as die chaotiese Tjaart.

Sluit Aan By Die Wolfpak

📻 Teken in op ons Nuusbrief

Help Om Ons Aan Die Gang Te Hou

☕ Ondersteun Ons

Verken Running Wolf's Rant

🎥 Check ons Screen Hub uit🇮🇿 Besoek die Afrikaanse Hoekie📅 Check bietjie Upcoming Events uit🎤 Check die SA Gig Guide uit
Afrikaans Showmax Wyfie
Share. Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link
Henno Kruger

Music Lover, Avid Festival Goer and Founder and Owner of Running Wolf's Rant.

Leave A Reply Cancel Reply

IQ AcademyOfferforge
Nog Artikels
  • Netflix in August 2026
    Netflix in August 2026: Here’s What You Can Look Forward To
    August 4, 2026
  • Netflix
    Netflix Reveals What The World Watched In First Half of 2026
    July 25, 2026
  • Disney+
    What’s Streaming on Disney+ in July 2026?
    July 7, 2026
  • Netflix Logo
    What’s Coming to Netflix in July 2026?
    July 6, 2026
  • The Deadly Quest for Gold - Top 10 African Films You Can Stream for Free
    10 Top Award-Winning African Films You Can Stream for Free
    July 3, 2026
  • Disney+
    What’s Streaming on Disney+ in June 2026?
    June 3, 2026
  • Netflix Logo
    What’s Coming To Netflix in June 2026?
    June 1, 2026
  • Disney+
    What’s Streaming on Disney+ in May 2026?
    May 4, 2026
Populêre Onderwerpe
South Africa 3,252
Rock 611
Useful Tips 562
Afrikaans 512
Cape Town 332
USA 331
Pretoria 303
Johannesburg 285
Festivals 196
UK 179
Facebook X (Twitter) Instagram YouTube Spotify TikTok
© 2026 ThemeSphere. Designed by ThemeSphere.

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.