Close Menu
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Subscribe
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Home » Music News » “Spoor”(Angie oeh se laaste opgeneemde lirieke) vrygestel

“Spoor”(Angie oeh se laaste opgeneemde lirieke) vrygestel

Blitsoorsig: Angie oeh se finale snit "Spoor" is met produsent Peach van Pletzen opgeneem kort voor sy aan kanker oorlede is. Die nommer word as twee weergawes vrygelaat in die kortspeler "Vir Angie". Van Pletzen het die musiek 14 jaar vroeër geskep, en die 24-jarige Angie het die refrein bygevoeg. Die samewerking is 'n intieme huldeblyk aan hul vriendskap en Van Pletzen se verlies.

Henno KrugerBy Henno KrugerSeptember 12, 2023No Comments4 Mins Read Music News 105 Views
Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link

Angie oeh se laaste opname ‘Spoor’ is deur Peach van Pletzen by Planet Awesome opgeneem minder as twee weke voordat sy haar stryd teen kanker verloor het. Hierdie snit word as twee weergawes vrygestel in ‘n kortspeler getiteld Vir Angie.

Die snit ‘Vir Angie’ is ‘n samewerking met Van Pletzen en ‘Spoor’ is die alleenstaande Angie oeh-enkelsnit. Die laaste lirieke wat sy opgeneem het is “ons lewe is net ‘n spoor”, wat waar is van Angie se kort lewe op aarde en in die musiekbedryf. In van haar voice notes aan Peach het sy gesê dat dit haar “beste werk nog is”.

Angie oeh en Peach Van Pletzen

Angie en Peach was in die laaste twee maande voor haar sterfte besig om saam te werk aan musiek vir ‘n nuwe Afrikaanse reeks op Showmax wat op ‘n latere datum uitgesaai sal word.

Untitled Artwork

Peach Van Pletzen vertel ons hoe dit was om saam met Angie oeh te werk

“Ons albei het die proses baie geniet, en alhoewel sy baie siek was (sy het gedink dis longontsteking) het sy nooit studio sessies gemis nie.  Sy het ook langs my gesit en record en nie in die booth soos in die verlede nie. Sy was geditermineerd en het aangedring om te werk.”

NetfloristOfferforge

“Ek het meer van die regte Angie begin sien en hoor in haar vocals en lirieke en minder van Angie oeh. Dit was asof die buffer van die projek haar op ‘n manier bevry het van haar eie idees rondom “Angie oeh” en sy haar ware self en met ‘n rouheid, eerlikheid en opregte diepte kon channel.”

Peach van Pletzen het oorspronklik die musiek vir ‘Spoor’ geskep toe hy 24 was. Nadat hy gesukkel het om ‘n melodie te skryf wat by die musiek pas, het hy die musiek aan die 24-jarige Angie oeh oorhandig en sy het die refrein geskryf en opgeneem op ‘n 14 jaar oue snit.

Peach Van Pletzen vertel ons meer hieroor

“14 Jaar later het Angie op dit kom sing.  Sy was ook 24 jaar oud. ‘n Feit wat eers na my occur het toe ek die aand van 19 Augustus huis toe ry vanaf af die hospitaal af na sy oorlede is.”

Die oggend na Oeh se heengaan op 19 Augustus het Van Pletzen teruggegaan na Planet Awesome en ‘n huldeblyk aan Angie op ‘Spoor’ opgeneem en dit as ‘Vir Angie’ getitel.

NetfloristOfferforge

Hierdie samewerking is ‘n diep en persoonlike uitdrukking van Van Pletzen se verlies nadat hy aan Oeh se sy was ten tyde van haar heengaan. Die twee het saam aan Angie se kortspelers, Sex in Afrikaans en Mooiste Meisies gewerk en het sedertdien goeie vriende geword.

Van Pletzen verklaar dat Angie anders in die studio was voor haar heengaan. Sy was meer selfversekerd in haar benadering en minder krities oor haar eie musiek as wat sy in die verlede was.

Daar is baie kwesbaarheid in om ‘Spoor’ met die publiek te deel. Die snit is geskep deur twee goeie vriende in ‘n liefdevolle ruimte, met musiek wat albei kunstenaars in hul 24ste jaar geskep het. Baie jare se lewe en ervaring het in hierdie finale Angie oeh-projek ingegaan en albei kunstenaars was trots en opgewonde om ‘Spoor’ vry te stel.

Oeh en Van Pletzen het reeds saamgewerk voor haar eerste kankerverwante operasie in 2022. Ten tyde van die opname van ‘Spoor’ is daar steeds aangeneem dat Angie oeh longontsteking gehad het. Haar diagnoses van stadium 4 longkanker is gemaak ses dae ná haar laaste opname by Planet Awesome.

NetfloristOfferforge

Albei snitte word as ‘n huldeblyk tot Angie oeh vrygestel en ook as ‘n geskenk aan haar familie, vriende en aanhangers.

Kyk die “Vir Angie” liriekevideo hier onder:

YouTube video player

Jy kan die Vir Angie EP HIER stroom / aflaai.

Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music News kategorie op Running Wolf’s Rant.

NetfloristOfferforge

Wil jy jou besigheid, gebeurtenisse, produk of diens bemark? Ons kry meer as 14,000 bladsy-kyke elke maand! Kontak Ons vir bemarkings en reklame opsies.

Jy sal dalk ook hiervan hou

  • Donkerbaai Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Net Ek en Jy”

    Donkerbaai
    Music Videos 11 Sep 2026
  • Nuwe Van Pletzen Musiek Video uitgereik

    Van Pletzen - Goud_by PJ Kotze
    Music Videos 21 Aug 2017
  • Ontmoet Van Pletzen

    Introducing Van Pletzen_photo by PJ Kotze - MR
    Music Videos 3 Jul 2017
  • Oorlog Frankenstein – Dans Dans Dans (Haezer Remix) (Video)

    Oorlog Frankenstein
    Music Videos 27 Mar 2010

Sluit Aan By Die Wolfpak

📻 Teken in op ons Nuusbrief

Help Om Ons Aan Die Gang Te Hou

☕ Ondersteun Ons

Verken Running Wolf's Rant

🎵 Check ons Music Hub uit🇮🇿 Besoek die Afrikaanse Hoekie📅 Check bietjie Upcoming Events uit🎤 Check die SA Gig Guide uit
Afrikaans Angie oeh Peach van Pletzen South Africa
Share. Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link
Henno Kruger

Music Lover, Avid Festival Goer and Founder and Owner of Running Wolf's Rant.

Leave A Reply Cancel Reply

NetfloristOfferforge
Teken in op ons Nuusbrief

Vul jou e-pos adres in om opdaterings in jou Inboks te kry

Nog Artikels
  • Sentiment - Ek Wil Jou Sien
    Sentiment Reik Debuut Enkelsnit Uit: “Ek Wil Jou Sien”
    September 14, 2026
  • Booshle G
    Booshle G. lets love lead on new single: “Miracle”
    September 14, 2026
  • Mila Smith
    Mila Smith Releases Debut Album: “Not My Circus”
    September 11, 2026
  • Kelly Khumalo
    Kelly Khumalo Releases New Single: “Merry Go Round”
    September 11, 2026
  • Southern Wild
    Southern Wild sign to Just Music for Long-awaited 2nd Album
    September 9, 2026
  • Shortstraw
    Shortstraw Releases New EP: “Everything In Between”
    September 7, 2026
  • Lyra K
    Lyra K Releases Debut Album: “Seasons”
    September 4, 2026
  • Kabaal Klankbaan
    Kabaal Klankbaan Keer Terug Met “Weer Probeer”
    August 29, 2026
NetfloristOfferforge
Populêre Onderwerpe
South Africa 3,299
Rock 614
Useful Tips 563
Afrikaans 517
Cape Town 337
USA 336
Pretoria 305
Johannesburg 291
Festivals 199
UK 178
Facebook X (Twitter) Instagram YouTube Spotify TikTok
© 2026 ThemeSphere. Designed by ThemeSphere.

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.